pink_fizz_1
Wen

WEN een van 12 gaskoeldrankmasjiene

Vanaf Oktober vanjaar kan jy, saam met SodaStream en Susan G. Komen for the Cure, borskanker help beveg. Hulle skenk 5% van die verkope van hul spesiale Pink Fizz-sodagaskoeldrankmasjiene aan Komen for the Cure, ‘n organisasie vir borskanker-bewusmaking. Maar jy kan ‘n gelukkige sarie.com-gebruiker wees wat een van 12 SodaStream Pink Fizz-gaskoeldrankmasjiene wen. (Sien hieronder hoe om in te skryf)

Die SodaStream Fizz is ideaal vir tuisgebruik in jou kombuis. En afgesien van die groot verskeidenheid kleure wat binnekort in Suid-Afrika beskikbaar gaan wees, kom die beperkte uitgawe SodaStream Fizz in ‘n pragtige pienk. Die Fizz Chip™ digitale skerm dui vir jou presies aan hoeveel gas daar nog in jou bottel is en hoeveel vonkel jou drankie bevat.

“Elke 69 sekondes sterf ‘n vrou aan borskanker, en dit is so belangrik dat ons navorsing steun en vroue inlig. SodaStream se Pink Fizz-veldtog verseker juis dat mense kan deel voel van ‘n aksie wat lewens red en borskanker help beveg,” sê Margo K. Lucero,vise-president van besigheidsontwikkeling en –samewerking (vice president, business development and partnerships) by Susan G. Komen for the Cure.

Vir meer inligting oor SodaStream, of om jou SodaStream Pink Fizz-sodamasjien te bestel, besoek www.sodastream.co.za of skakel 021 345 9220.

  • Eveline Rosenau

    Ek voel trots op Sarie dat hul borskanker so ondersteun. Dit kan met enige een van ons gebeur!

  • Benita

    Namens alle vroue, "DANKIE" Komen for the Cure vir die bewusmaking van Borskanker!!!

  • Marnel Korff

    Dankie Sarie vir doe bewusmaking. A.g.v. jou het ek vir n ondersoek gegaan. Jy is werklik m ware vriendin!!

  • Elize J V Rensburg – Brits

    "DANKIE" Dankie Sarie vir doe bewusmaking.Dit kan met enige een van ons gebeur!

  • Sihaam Gasnola

    Dankie Sarie vir doe bewusmaking.

  • Sandra

    Dit het nou skielik groot nuwe betekenis waarom die SodaStream Fizz-gaskoeldrankmasjien juis pienk is! Tien uit tien vir SodaStream.

  • Ronel Nell

    Dankie Sarie! dat julle omgee!

  • Liana van der Schyf

    Dis ‘n goeie manier om ander meer bewus te maak.

  • Anna-Marie Coetzee

    Baie Dankie Sarie vir jul moeite met die bewustmaking daarvan. Ek en my tienerdogters geniet julle tydskrif ongelooflik baie. Ons m oes nou ‘n taak oor kanker maak en met julle bewustmakings veldtog het dit ons ook baie gehelp om ‘n perfekte pamflet te ontwerp!!!