Wen

WEN een van 3 dubbelkaartjies vir Eagles-konsert in JHB

Dis ‘n eerste vir SA en beloof om ‘n ongelooflike ervaring te wees: Hotel California – The Eagles Experience is ‘n Australiese verhoogstuk wat die musiek van dié wêreldbekende groep vertolk. 5 briljante musikante uit Australië neem jou terug na die 70’s en 80’s toe The Eagles diep spore in wêreldmusiek getrap het.

SARIE het gesels met David Thompson wat die rol van die bekende Glenn Frey speel.

Ná The Eagles in 1982 besluit het om uitmekaar te gaan het hulle nog in 1994 die Hell Freezes Over-toer aangepak, en dis hoofsaaklik hierdie treffers wat jy in Hotel California – The Eagles Experience gaan hoor. Hulle sing ook solo-treffers van die stigterslede Don Henley en Glen Frey, asook Joe Walsh, wat hom in 1975 by The Eagles aangesluit het.

Hier’s enkele van die treffers waarna jy kan uitsien: “Take it Easy”, “One of These Nights”, “Take it to the Limit”, “Heartache Tonight”, “Hotel California”, “Lyin’ Eyes”, “Witchy Woman”, “New Kid In Town”, “Tequila Sunrise”, “Desperado”, “Best of My Love” en “Life in the Fast Lane”, en onlangse liedjies soos “Get Over It” en “Love Will Keep Us Alive”.

Die landwye toer skop op 20 Januarie bydie Joburg Theatre in Johannesburg af in samewerking met Showtime Australia.

Só lyk die toerdatums

Hotel California - The Eagles Experience Johannesburg @ Joburg Theatre 20 – 31 January 2010

Port Elizabeth @ The Boardwalk 3 – 7 February 2010

George @ stadsaal 9 February 2010

Bloemfontein @ Windmill Casino 13 & 14 February 2010

Durban @ iZulu Theatre 17 – 28 February 2010

BESPREEK by Computicket of skakel 083 915 8000

Lees die onderhoud met David Thompson wat die rol van The Eagles se Glenn Frey speel.

Gratis kaartjies!

Jy kan ‘n dubbelkaartjie wen vir Woensdag 20 Januarie se vertoning by die Joburg Theatre. Die vertoning begin om 20:00.

  • Beverley Breytenbach

    Ek en my moeder sal LOVE om die Eagles vertoning te kan bywoon!

  • Sandra

    Ai! die memories van "Hotel California"…….

  • hugo

    my man het begin desember sy werk verloor, ek hou al my duime en groottone vas vir hierdie kaartjies om hom te bederf en vir ‘n rukkie te laat vergeet van als!