Wen

WEN een van 3 parfuum-geskenkpakke

Met 3 topgeure in die geskenkpak is dit ideaal vir die hele gesin: Animagical van Puma, Dunhill Custom en Avril Lavigne se Wild Rose.

Puma Animagical

Elke dag is ‘n avontuur en met Animagical van Puma sal jy reg wees om enigiets aan te pak. Of jy nou by die werk is, uitgaan vir ‘n skemerkelkie of vakansie hou, jy sal vars en fantasties voel. Animagical is geïnspireer deur die warmte van Afrika en die energieke dansritmes. Animagical is in ‘n vroue- en ‘n mansgeur beskikbaar.
Dunhill Custon

Dunhill Custom is die connoisseur se keuse. Met 100 jaar se ervaring in die wêreld van luukshede is dit geen verrassing dat selfs hul parfuum soos ‘n pasklaar snyerspak aan jou kan sit nie. Dunhill Custom is vir die man wat weet wat hy wil hê.

Wild Rose - Avril Rose Ontdek jou unieke styl met Wild Rose van Avril Lavigne. Haar derde parfuum is ideaal om in die dag te dra, met die warmer note van Forbidden Rose ideaal vir die aand. “Wild Rose is vir die vrou met ‘n vry gees,” sê Avril oor haar nuutste parfuum, wat haar wilde, vroulike persoonlikheid vasvang.

3 lesers kan elk ‘n geskenkpak met dié 3 parfuums WEN.

  • Anelize

    Hierdie parfuums sal my Kersfees begroting sommer ‘n groot hupstoot gee! Dit sal baie lekker wees om almal in my gesin te bederf ek dink parfuum is ‘n wengeskenk want dis iets wat mens kan gebruik wat almal van hou!

  • Gerhard

    Jip dit sal ‘n lekker geskenk wees vir my vrou en dogter, gelukkig kyk ek vanoggend op Sarie om ‘n resep vir my vrou te soek wat sy die naweek wil maak. Sal perfek wees om hierdie geure uit te probeer.

  • Annetjie Kotze

    Dit sal ‘n lekker bederf wees vir my kleinseun en dogter, almal hou van lekker parfuum, dis ‘n groot geskenk om te wen en sal ‘n blessing wees

  • Priscilla Naude

    Wat ‘n wonderlike geskenkpak. Iets vir elkeen-pa, ma en seun.Ons gaan heerlik ruik in die nuwejaar!!

  • bianca

    Dankie aan sarie wat elke maand my opkikker met nuwe leestof in julle tydskrif al wat ek kan se julle kwaliteit is wonderlik dankie kry altyd lekker idees!!

  • Elize van Zyl

    My parfuum is opgebruik en sal dit baie welkom wees om parfuum te wen!

  • Maryan Mendes

    Hierdie parfuum is absoluut perfek vir my familie vir Kersfees. Soos gewoonlik weet Sarie presies wat haar lesers benodig. Duisend dankies.

  • Rosalia

    Sarie jy is geniaal, om so n wonderlike geskenk met ons lesers te deel en spesifiek nou met Kersfees. Ek was juis op soek na geskenke vir my ouers en die parfuum is reg in die kol.
    Ek sal so bly wees om dit met my ouers te deel. Baie dankie Sarie soos altyd maak jy my hart baie bly !!

  • Joseph

    My vrou verdien die beste geskenk vir Kersfees, en hierdie parfuum sal n lekker bederf vir haar wees.

    Ek wil ook baie dankie se vir die heerlike resepte. Sarie .My vrou is deesdae n baaskok. !

  • Greg

    Sjoe Sarie, my hart klop sommer warm vir hierdie wonderlike geskenk. Sal dit nou nie n verrassing wees om dit te wen nie. Ek wil juis so graag die Dunhill parfuum uit probeer.

  • Mary Eloff

    Baie dankie Sarie, dit sal lekker wees om so n gekenk te ontvang. Ek se byvoorbaat dankie 🙂

  • Claudia

    n 5 jaar lange verhouding is stopgesit en nou kry my suster baie swaar. ek wil haar so n bietjie opvrolik en ek dink hierdie parfuum sal beslis die ding doen. Baie dankie Sarie . xx

  • Charmaine

    My Beste Vriendin emigreer en ons gaan mekaar so mis. Ek sal die perfuum vir haar gee as blyk van ons kosbare vriendskap. Baie dankie Sarie jy’s ‘n staatmaker.

  • Maria

    Ek dink parfuum sal die romanse so n bietjie van n hupstoot gee. Baie dankie Sarie, jy’s n skat !!

  • Tracy

    Stunning geskenk! Basie dankie 🙂

  • Janet Marnewick

    My nuutgetroude dogter en skoonseun trek Januarie Kaap toe, sal lekker wees om altwee van hulle (en myself) te bederf met ‘n baie spesiale geskenk

  • Mary

    Die parfuum geskenkpak is so n wonderlike idee en werkilk iets besonders vir Kersfees. Ek sal so in my noppies wees as ek dit wen, want ek wou nog altyd die Wild Rose parfuum uit probeer.