Wen

WEN dubbelkaartjies vir Nicholis Louw en Ray Dylan se konsert by D’Aria, Durbanville

Nicholis Louw en Ray Dylan tree op Saterdag 29 Januarie 2011 by die prag-wynplaas D’Aria op en jy het die kans om een van 4 dubbelkaartjies te wen.

Dié optrede is deel van die D’Aria-somerkonsertreeks, waar heelparty groot name in die SA musiekbedryf te sien sal wees. Bring jou eie piekniekmandjie en kombers en kom kuier lekker saam. Piekniekmandjies en ander kosse sal ook te koop wees. Eie drank word nie toegelaat nie, maar D’Aria se uitstekende reeks wyne sal te koop wees.

Nicholis en Ray is tans van ons land se mees geliefde Afrikaanse sangers en wanneer hulle konsert hou, moet jy maar weet jy gaan heelaand op jou voete wees! Onder Nicholis se grootste treffers is “Rock daai lyfie”, “Ek wil my baby hê vanaand” en “Generaal, ek kom jou dogter haal”. Ook Ray se trefferlorrie het g’n brieke nie, want sy hart klop warm en hy breek nie net die ys nie, ook die trefferlys! Onder sy treffers is “Hokaai, stoppie lorrie!” en “Hier binne klop ‘n boerehart”.

Sien jou daar!

Plek: D’Aria se grasperk, Racecourse-weg, Durbanville.
Tyd: 20:00 – 22:00 (Hekke maak 16:00 oop.)

Klik hieronder om in te skryf.

  • Ek wil graag my man verras met hul vertoning – help my om dit reg te kry!!!!

  • Petro van Rhyn

    Met Ray se stem en Nicholas se lyf is die twee saam ‘n wen kombinasie.
    As bonus kan albei die kitaar snare laat bewe – ek kan net dink wat ‘n "Boost" dit kan wees veral aangesien Januarie maar altyd ‘n skraps maand is.
    Dit sal beslis ‘n goeie begin vir die res van die jaar wees.

  • Theresa Schoeman

    Sal great wees om die show met die twee beste Afrikaanse Sangers te sien Nicholis en Ray Rock!!!

  • Johlene Agenbag

    Twee sterre van ons land bymekaar! Fantasties!