Wen

WEN een van 5 dubbelkaartjies na Kurt Darren-konsert

Op Saterdag 27 Februarie 2011 hou Kurt Darren konsert by die pragtige D’Aria-wynlandgoed in Durbanville en jy kan een van 5 dubbelkaartjies wen! Dit is die einde van D’Aria se somerkonsert-seisoen en wie dan nou beter om die seisoen op ‘n hoogtepunt af te sluit.

Kurt is pas terug van sy wittebrood en hy’t reeds sy splinternuwe musiekvideo “Wegkruipertjie'” ‘n liedjie op sy nuutste album, verfilm. ‘n Groot verrassing wag egter op sy aanhangers: Hy is tans besig om te werk aan nog ‘n musiekvideo vir die liedjie “Onbeskryflik”. Hierin gaan jy eksklusiewe videomateriaal van sy troue sien.

Kurt sing Saterdag liedjies wat op sy nuutste album, Oos Wes Tuis Bes, gehoor kan word. Saam met hom tree die D’Aria-wynmaker Rudi von Waltsleben op, wat onlangs sy debuutalbum, Die Wynmaker – Oesjaar, bekend gestel het. Hy sal die konsert open.

Kom geniet ‘n heerlike middag met goeie wyne, kos en net die beste vermaak. Jy kan ‘n piekniek-mandjie saambring of iets te peusel by een van die kosstalletjies koop. Slegs D’Aria-wyne sal te koop wees.

Waar skryf ek in? Vul die kompetisievorm hieronder in.

Meer inligting

Plek: D’Aria-wynlandgoed, Durbanville
Tyd: 16:30 – 18:30 (Hekke maak reeds 12:00 oop)
Kaartjies: R120 per persoon (kinders onder 12 gratis)

Bespreek by www.webtickets.co.za of by D’Aria (021 415 6985)