Kaas
Wen

Barbara en Herman kook saam by die SA Kaasfees

SA Kaasfees-entoesiaste word genooi om te kom proe, eet, kuier en geniet terwyl hulle ‘n wêreld se smake in een plek ontdek van 24 tot 27 April by Bien Donné op die R45 tussen die Paarl en Franschhoek.

Dié gewilde fynproewersfees bring kaasmakers en kaasliefhebbers byeen in ‘n landelike, dog feestelike atmosfeer waar volwassenes die magdom proe- en kuiergeleenthede kan geniet, terwyl die jongspan vermaak vind in die Kinderhoekie of die Cheese Chiller vir tieners. 

Ervaar die grootste verskeidenheid kase onder een dak in die Checkers Kaasemporium of kom leer by bekende kosfundies in die Kookpot.  Bring die hele familie vir ‘n goue bederfdag in die platteland en word verlei deur van ons land se mees genotvolle lekkernye.     

Kaartjies is beperk en is beskikbaar by Computicket en Checkers winkels (geen kaartjies by die hekke).
R110 vir Saterdag & Sondag, en R90 vir Maandag & Dinsdag
Senior burgers betaal R70 en kinders 12-jaar en jonger kom gratis.

Vir meer inligting:
Agri-Expo by tel 021 975 4440, cheese@agriexpo.co.za of www.cheesefestival.co.za.

Of sluit aan by die SA Kaasfees se Facebook-blad

SARIE se Barbara en Herman kook by die Kaasfees

Ons kos-span is elke om 13:30 daar om te kook met Lancewood-kaas. Onthou te kom inloer!