blues_en_susters_in_pta
Wen

WEN een van 5 dubbelkaartjies vir Ollie Viljoen en Blues & Susters

Ollie Viljoen (lewende legende en legendariese musikant en storieverteller) bied met hierdie vertoning ons eie Afrikaanse volksbesit-musiek op ‘n vars en genotvolle manier aan. Bekende liedjies kry ‘n nuwe baadjie deur middel van improvisasie, impromptu vertolking en intieme kitskomposisie. Hierdie nuwe benadering ontsluit ons tradisionele Afrikaanse musiek met ‘n passievolle, betowerende nuwe Jazz/Blues-sleutel.

Die Blues & Susters trap nooit in die slaggat van iets bekend neem en dit so effens na iets anders swaai nie. Hier is werklik verwerk en vernuwe; jazz en blues wat soet op die oor val. Ollie Viljoen span vir Anna Davel, Schalk Joubert, Lou-Ann Stone en Kevin Gibson in om saam hierdie musikale geskenk aan ons land te gee.

VIR BESPREKINGS EN NAVRAE tel. 012 471 1700 of bespreek op www.computicket.com

**Skryf in met die kompetisievorm hieronder. Die vertoning vind plaas in PRETORIA, dus as jy die kaartjies wen moet jy self daar kom.

  • Elzeth Kruger

    Die lewe is ‘n lied waarvan die wysie bepaal word deur die keuses wat jy maak!