ab_satc_promo_003rz
Wen

WEN een van 6 Arniston Bay-sjampanje-geskenkpakke

Dis tyd vir groot bederf met Arniston Bay, en hulle weet wat ‘n vrou se hart begeer: Sjampanje, hoë hakke, pamperlang, flieks, inkopie-geskenbewyse… Nes die New York-vriendinne Carrie, Miranda, Charlotte en Samantha in die nuwe Sex and the City-fliek.

Arniston Bay se Charmat Brut word van Colombar-druiwe gemaak en het verfrissende, tropiese vrugtegeure. Wynmaker Abraham de Villiers sê dis die ideale pasmaat vir ‘n ontspannende dag, bederf-partytjies of aandete saam met vriende. Arniston Bay-wyne kry sy naam van die gelyknamige idiliese dorpie met sy sandwit duine en turkoois see aan die suidpunt van Afrika.

En nou is dit jou kans om op sarie.com te wen

6 lesers kan ‘n elk ‘n Arniston Bay-geskenkpak ter waarde van R500 elk wen. Die geskenkpak bestaan uit ‘n kas Arniston Bay Charmat Brut-sjampanje, ‘n mini-pedikuurstelletjie en ‘n Sex and the City 1-DVD.

Skryf in hieronder.

Vir nóg bederf kan jy ook inskryf vir hul groot kompetisie by www.arniston-bay.com

Vir meer oor die idiliese wyne besoek www.arniston-bay.com

  • Nadia

    Dit sal wonderlik wees om so bietjie charmat Brut as lavinis te nuttig!