christina2
Wen

WEN een van 6 bottels parfuum

Sexy en vol selfvertroue. Wat is haar geheim? Sangeres Christina Aguilera verklap dit met haar parfuum, Secret Potion. En dit is spesiaal vir vroue wat van die kollig hou. Secret Potion gaan jou die inspirasie gee om te skitter!

“Ek glo dat die geheim agter regte skoonheid in jou selfvertroue opgesluit lê,” vertel Christina. “My nuwe geur sal jou vul met selfvertroue, iets wat elke vrou nodig het om haar te laat voel dat sy die wêreld kan verower.”

Die geur
Secret Potion is geïnspireer deur die nag – Christina se gunsteling tyd van die dag. Oosterse blomgeure met eksotiese vrugte-geure en sensuele blomnote maak dié parfuum uiters sexy. En die ondertone van muskaat, warm amber en tonka-bone, en donker ebbehout.

Beskikbaar by Edgars, Truworths, Foschini, Stuttafords & Dis-Chem in Eau de Parfum (15 ml, 30 ml, 50 ml en 100 ml)