Wen

WEN een van twee Spindel-droeërs ter waarde van R1 599 elk

Moenie hierdie winter met nat wasgoed sukkel nie. Spandeer eerder ‘n tydjie met jouself en laat Spindel die harde werk doen.

Twee gelukkige SARIE-lesers staan elk die kans om ‘n Spindel-droeër ter waarde van R1 599 elk te wen.

Die Spindel maak seker jou wasgoed word vinnig droog, sonder om jou elektrisiteitsrekening op te jaag. Dié innoverende droeër gebruik ’n tol-aksie in plaas van hitte en haar tot 80% van die vog uit jou wasgoed in slegs 3 minute. Die Spindel gebruik 100 keer minder elektrisiteit en is veilig vir enige materiaal.

Met blitsvinnige droogtyd, lae elektrisiteitsverbruik en ‘n minimale impak op die omgewing is die Spindel ‘n moet-hê vir enige huishouding.

Die Spindel is hier beskikbaar en kom met ‘n 12 maande waarborg. Vir meer inligting klik by www.spindel.co.za

Jy het tot volgende Maandag 11 Augustus om in te skryf.

WEN een van 2 Spindels