love_other_impossible
Wen

WEN fliekkaartjies – landwyd!

Jy kan een van 10 dubbel-fliekkaartjies wen!

Oscar-wenner en Black Swan-aktrise Natalie Portman is te sien ‘n nuwe fliek, Love and Other Impossible Pursuits. En jy kan een van 10 dubbelkaartjies wen!

Portman speel die rol van Emilia, ‘n jong prokureur wat ‘n affair met Jack, die firma se getroude senior vennoot, het. Hy skei uiteindelik van sy vrou en trou met haar. Maar hul saamwees neem ‘n hartseer wending wanneer hulle hul babadogtertjie aan die dood afstaan. Emilia sukkel om haar kind se dood te verwerk, en Jack se eks-vrou (gespeel deur Lisa Kudrow) en stiefseun maak dinge ook nie makliker nie.

Die storie is gebaseer op Ayelet Waldman se gelyknamige boek.

Die fliek begin Vrydag 4 Maart op die grootskerm wys, en jy kan van die eerstes wees om dit op hierdie dag te sien. Vul die kompetisievorm hieronder in om in te skryf. Onthou, as jy inskryf, moet jy op Vrydag 4 Maart beskikbaar wees om die fliek kan gaan kyk.

Besoek www.sterkinekor.com vir meer.