Wen

WEN fliekkaartjies!

Jy kan 2 kaartjies kry om Last Chance Harvey by Tygervallei Sentrum in Bellville te gaan fliek. Neem net ‘n uitdruk van hierdie bladsy na Ster-Kinekor in Tygervallei vanaf 29 Setember 2009 en jy kry 2 kaartjies pasella! Die vertoning is 30 September om 20:00. En onthou, daar is net ‘n beperkte aantal sitplekke.

Last Chance Harvey is ‘n romantiese komedie met Dustin Hoffman as Harvey Shine, ‘n geskeide skrywer wat besig is om ouer te word en verslaaf is aan sy werk. Harvey is in London om sy vervreemde dogter, Susie (Liane Balaban), se trou by te woon. Wanneer Susie haar stiefpa vra om saam met haar by die kerk in te stap, is dit duidelik dat Harvey nie meer ‘n verhouding met sy familie het nie. Hy kry by die troue ‘n dringende werksoproep en wanneer hy dan sy vlug mis, is hy sonder ‘n werk. Terwyl hy sy sorge verdrink by die lughawe-kroeg, ontmoet hy vir Kate (Emma Thompson). Besoek www.lastchanceharvey.com of www.sterkinekor.com vir meer inligting.