sr1110foschini_wedstryd_7_
Wen

WEN: Foschini-geskenkkaart van R2 500

Colour Makes Change is ’n gemeenskapsinisiatief van Foschini om mense van borskanker bewus
te maak. Die veldtog is in 2009 begin ter ondersteuning van PinkDrive se mobiele mammogram-klinieke. Dié vragmotors reis landwyd en doen gratis borskankertoetse. Hulle voed ook vroue in minder bevoorregte gemeenskappe oor dié siekte op.

Verlede jaar het Foschini en TFG (die Foschini-groep), asook hul verskaffers R505 000 vir dié veldtog ingesamel.

Vanjaar span hulle kragte saam met hul suster-handelsmerk Donna-Claire om nie minder nie as R600 000 in te samel.

Om dié doelwit te help bereik het Foschini ’n beperkte aantal T-hemde ontwerp met ’n strik-motief in blou, koraal, turkoois en swart, asook Foschini-armbande met individuele boodskappe van liefde, hoop, vertroue en verandering – sodat jy jou hart op jou mou kan dra! Pakke spesiaal ontwerpte
broekies, asook lipsalf in sjokolade-, aarbei-, vanielje- en bessiegeure word ook verkoop.

Al hierdie produkte is beskikbaar by uitsoektakke van Foschini.

Voorts sal ’n deel van alle aankope wat jy tussen 19 September en 31 Oktober by Foschini- en Donna-Claire-winkels doen, ook aan dié verdienstelike saak geskenk word.

Word dus deel van die veldtog en lewer jou bydrae in die stryd teen borskanker.

Items in die Colour Makes The Change-reeks


Horlosie met gelukbringertjies R149 Armband R25 Horlosie met wit bandjie R199 T-hemp R140

Horlosie met

gelukbringertjies R149

Armband R25 Horlosie met wit bandjie R199 T-hemp R140

SLUITINGSDATUM

31 Oktober 2011

Die wenners sal teen 14 November 2011 telefonies in kennis gestel word en daarna ’n brief ter bevestiging kry.

Colour makes the change geskankkaart Foschini-geskankkaart
  • Karin

    Jammer mens kan die pragtige horlosie nie aanlyn koop nie!

  • KAREN

    EK SAL OOK GRAAG SOOS ‘N PIENK LADY WIL LYK EN VOEL

  • Letetia marais

    almal pragtige items en vir n baie goeie doel

  • Linda

    Mal oor die gelukbringertjie! Ek gaan beslis dit koop en wie weet, dalk sommer al die items en dit uitdeel !

  • Leandri Juliao

    Baie nice items

  • charlene hart

    Sal defnitief vir my en die "girls" elk ‘n gelukbringetjie gaan koop! PRAGTIG!!

  • wilma

    vroue moet van jongsaf bewus gemaak word van borskanker en die noodsaaklikheid van selfondersoek. en al die items kan baie help met die veldtog

  • Pollie Mereis

    ‘n Wonderlike inisiatief om mense bewus te maak van borskanker, geluk Foschini!

  • Petro

    Dit is baie mooi!

  • Liza-Marié Laubser

    Cool inisiatief!

  • Annette Kirstein

    Sal graag elkeen van die Items wou koop.
    Annette Kirstein

  • suzanne

    wat ‘n wonderlike idee…..

  • Altha Claassen

    Wat ‘n uitstekende inisiatief! Dankie dat ons deel kan wees daarvan. Ek hou baie van die T-hemp.

  • Sheri

    Wat ‘n wonderlike manier om mense bewus te maak van borskanker. Baie dankie!

  • Elize J V Rensburg – Brits

    wat ‘n wonderlike idee om mense bewus te maak van borskanker. Baie dankie!

  • Isabella

    Hou baie van die gelukbringertjie asook die armband – baie mooi vir ‘n geskenk ook.

  • Sue-Ann Barnard

    ‘n Baie goeie bydrae en bewusmaking! Hou so aan julle.

  • Marlene

    Gaan beslis die mooi t-hemp aanskaf!!!!

  • Landie

    Ek hoop ek is n wenner het nog nooit iets by Sarie gewen nie en is mal oor die pryse

  • Ansie Williams

    Ek hoop ek wen die prys, en ek sal beslis vir my so n horlosie aanskaf, dit is baie besonders, dankie vir wonderlike idee om ons dames te betrek en bewus te maak van borskanker, puik idee!

  • Susan Opperman

    Puik idee om mense bewus te maak!!!!! Sal wat wil gee om n prys te wen,sal deel met my

    sus wat borskanker het.

  • Stella Nel

    Ek hou van alles wat tot ons beskikking geplaas is om die mense bewus te maak van die veldtog vir bors kanker. Sal al die items wil aanskaf. Dankie dat ons deel is daarvan. Sal graag wou wen.xxxx

  • Lana

    Ek het net vandag na al die mooi klere en bykomstighede in Foschini (Canal Walk) gekyk! Hulle het pragtige goed vir die somer!

  • Charne Leila

    Fantastiese Initiatief!

  • Gerda

    UITSTEKEND!!!

  • René

    WOW! ek voel trots om ‘n Sarie-vriendin te wees!

  • Helena

    Wat ‘n wonderlike idee om mense bewus te maak van borskanker. Sarie is ‘n top tydskrif!!

  • Marna Nel

    Ek het verlede jaar vir my by Foschini van hul Borskanker hemde gekoop (die witte wat lyk asof jy klomp silwer kettings aan het, by die kraag, met die pienk strikkie as gelukbringertjie). Ook het ek hierdie jaar by die Kanker Shaveathon my hare vanaf onder skouer lengte tot ‘n Nr1 afgeskeer. Het nog nooit so baie komplimente vanaf so baie vreemde mense gekry nie… Is nog nie vir 1 oomblik spyt dat ek dit gedoen het nie…

  • Elaine Heckroodt

    Pienk is ‘n pragtige kleur, jy voel sommer soos ‘n dame. Kleure is baie belangrik. Ek kan glad nie rooi aantrek nie anders is ek kwaad en alles loop verkeerd. Het hulle geweet mense wat Lifesentences kry hoekom moet hulle oranje dra. Want dit is baie kalmeerend.

  • Jackie

    Als is baie mooi & ten bate vir ‘n goeie doel!!!

  • Fiona

    Ek is mal oor die horlosie met die gelukbringertjies! Dit is verskriklik mooi asook hoog modieus…maar al die items steel my hart! Inteendeel hoop ek ook dat ek ‘n wenner is.

  • Lissette Oosthuizen

    Ek hou daarvan.
    Wonderlike inisiatief en die geld gaan vir ‘n spesiale doel.

  • Christelle

    Dis regtig enige vrou se droom om so ‘n prys los te slaan.

  • Rosemarie

    Die pienk is ‘n fantastiese kleur. Ek voel altyd so vroulik as ek iets met pienk dra. Die T-hemp lyk ook baie mooi en ek is mal oor die horlosie!

  • Anja Jardine

    Pragtige gebaar van foschini om te help met die cancer fonds!!

  • Anja

    Pragtige gebaar van Foschini groep om deel te wees en te help met die kanker insameling !!

  • Anja Jardine

    Pragtige gebaar van Foschini groep om deel te wees van die kanker fonds en om te help !

  • Angelique Coghlan

    Wat ‘n wonderlike inisiatief van Sarie om deel te wees van iets so belangrik in ons lewens. Ek voel geeerd om deel te wees van Sarie Familie.

  • Petro

    Bly vir die minder bevoorregte persone sodat hulle ook die voorreg het om te kan gaan vir die baie belangrike toets geborg deur Foschini – TFG (Foschini groep)

  • Linda Moller

    Die Pienk items is rerig NICE! Dankie aan Foshini wat omgee

  • Annaline de Wet

    Ek is ook betrokke by ‘n kanker inisiatief naamlik Little Fighters Cancer Trust, ons help kinders en ouers wat deur die kanker monster geraak word. Hierdie tipe bewusmaking en ondersteuning is broodnodig in ons samelewing. Baie dankie aan Foschini wat erkening aan borskanker gee, September was kinderkanker bewusmakings maand en sal bly wees as ons dalk ook op ‘n manier deur inisiatiewe hierdie aaklige waarheid aan ons samelewing kan oordra en dalk is daar ‘n item of twee wat ‘n goue strikkie kan aantoon.

  • R Swart

    Baie oulike pryse – ek hou van die idee om almal bewus te maak van borskanker!

  • Elzabè Prinsloo

    Sal dadelik die fyn horlosie aan my ma se arm sit. Iets so mooi en fyn om die harde werklikheid van die kanker en chemo net so bietjie vir haar te versag.

  • Marie

    Hii all …wil net graag weet wie toe die mooi potte stel gewen het ???was die wenner aangekondig ??

  • Renay

    Goeie inisiatief. My dogter raak 21, is mal oor pienk en ‘n vurige ondersteuning van die veldtog teen borskanker. Nou weet ek wat om te koop. Dankie liewe vriendin!

  • Martine de Beer

    Daai pienk strikkie staan vir so baie! Ons ken almal iemand wat al deur borskanker geraak is,maar die pienk strikkie laat ons almal met hoop,en n gevoel van:Suster,jy is nie allee
    n nie!

  • Christa Maree

    Dis nog mooier omdat dit vir ‘n goeie doel is!

  • Cobie

    Hoop so ek wen vir my ‘n klere kas!

  • Renthia Wessels

    Hierdie geskenk kaart sal soos manna uit die hemel wees. Ek het so twee jaar terug 20 kg verloor, maar dit alles weer oor ‘n jaar se tyd opgetel. Ek het darem weer die helfte verloor en staan nou dus op die halfmerk. Ek sit met ‘n kas vol klere wat te klein is vir my, en al kom ek by my doelgewig, sit ek met ‘n klomp ou klere wat tot 10 jaar oud is. Hierdie prys sal vir my soveel motivering inhou en as bonus sal ek my "Rip van Winkel" modestyl ook sommer afskud!

  • Darelle

    Wonderlike gebaar…….Sarie is tops!!

  • Rika de Wit

    Wonderlike idee en baie dankie vir die mooi gebaar!

  • Rika

    Mooi gebaar van Foshini om deel te wees van die bewusmakings-veldtog.

  • Renthia Wessels

    Weer Renthia hier. Ek klim elke Maandag oggend op die skaal en het die dure les geleer om nie ondankbaar te wees as ek net ‘n paar gram verloor het nie! Na so ‘n opklim ontnugtering ‘n maand terug het ek op ‘n "binge" gegaan wat skrik vir niks, nie eers vir my nie… Na die tyd het ek baie skaam gekry en besluit om dankbaar te wees vir elke liewe gram wat ek verloor. Ek kan met trots sê dat ek in ‘n maand se tyd elke week ‘n paar gram afgeskud het – ‘n totaal van 1.4kg. Die wortel voor my neus is nog steeds hierdie prys.

  • Tania van Zyl

    Hierdie is ‘n uitstekende initiatief!!!