sr1111open_window_5_lowres
Wen

WEN! Fotografiekursusse en ‘n Nikon-kamera

The Open Window School of  Visual communication in Irene, Pretoria, is reeds jare sinoniem met gehalte-graadkwalifikasies in verskeie kreatiewe velde van visuele kommunikasie.

Vir mense wat hulself wil verryk of hul vaardighede wil opskerp, bied The Open Window kort kursusse aan in onder meer teken en skilder, fotografie, grafiese ontwerp, speletjie-ontwerp
of video-redigering. Kyk na die volledige lys kursusse op die webwerf www.openwindow.co.za of stuur e-pos na thealani@openwindow.co.za.

The Open Window bied einde November tydens die tentoonstelling van KAMERS vol geskenke op hul kampus ’n fotografiekursus van 2 dae aan vir beginners. Die kursus is op 29 en 30 November vanaf 9h00 – 16h00.

African Pride Irene Country Lodge is ’n oase van vrede en rustigheid in die middel van Suid-Afrika se ekonomiese hartland. Genestel in Irene Village (naby die OR Tambo- en Lanseria-lughawe) het die Irene Country Lodge al die moderne, hedendaagse geriewe en ’n ryk plaasgeskiedenis.

Die Nikon D3100-kamera is ’n liggewig-SLR-kamerawat pragtige foto’s neem, maar maklik is om te gebruik.

Dit het onder meer funksies soos Guide Mode en D-movie, wat HD-fliekgrepe neem, bedags of snags. Die 14.2 megapixel-CMOS-sensor gee duidelike beelde met helder kleure.

Nikon D3100-kamera Nikon D3100-kamera

Sluitingsdatum

24 oktober 2011

Die wenner sal teen 25 Oktober 2011 telefonies in kennis gestel word en daarna ’n brief ter bevestiging ontvang.


EERSTE PRYS

  • ’n Fotografiekursus van 2 dae (ter waarde van R3 000) by The Open Window
  • 3 nagte se verblyf, 28 – 30 November, in Irene Country Lodge, ter waarde van R7 500 (’n dubbelkamer met ontbyt vir 1 persoon)
  • ’n Nikon D3100-kameramet ’n 18 – 55mm-VR-lens en drasak, plus ’n dag se kamera-opleiding (ter waarde van R6 500)

TWEEDE PRYS

  • ’n Fotografiekursus van 2 dae (waarde: R3 000)
  • 2 geskenkbewyse van R500 elk van Camdeboo Spa by Irene Country Lodge

TROOSPRYSE

  • Twee fotografiekursusse van 2 dae (waarde: R3 000 elk) en2middagetes (R195 elk) by Irene Country Lodge
  • Twee fotografiekursusse van 2 dae (waarde: R3 000 elk) en 2 ontbyte (R165 elk) by Irene Country Lodge
  • ElkE wenner kry ook ’n toegangskaartjie na KAMERS vol geskenke (waarde: R45 elk)
  • LETWEL :  Die fotografie-kursusse is op 29 en 30 November tydens KAMERS vol geskenke se tentoonstelling op The Open Window-kampus.Wenners benodig ’n SLR-kamera vir die kursus. Kameras kangehuur word vir die 2 dae.

  • Daniel

    HOu baie van Nikon en asook lyk dit na die beste geskenk.

  • Lizaan

    Ek is mal oor Nikon!! Hoop regtig ek wen!!!

  • Annaline de Wet

    Dit sal ‘n baie groot geskenk wees…sjoe hoop dit is my beurt om te wen.

  • Carla

    Dit is n groot geskenk, hoop ek is die gelukkige wenner!!

  • Charmaine

    Lyk na ‘n spoggerige prys. Sal baie graag wil wen.

  • Linda

    Wat ‘n ongelooflikke prys!

  • Marina

    Marina het gese:

    Ek het n nuwe kamera nodig en wil fotografie my loopbaan maak. Ek is gek daaroor om kunstige fotos te neem wat anders is!!….. het n klein bietjie leiding nodig..

    Baie dankie vir die wonderlike kans SARIE!!

  • Martine de Beer

    Nikon is wonderlike kameras,en my kunstenaar-dogter staan aan die einde van haar studies.Wat kan nou n beter,meer gepasde geskenk vir haar wees,as dat haar ma vir haar n kamera wen om haar loopbaan mee af te skop?

  • Elsie

    Dis nie sommer so ‘n prys nie – ook lekker opvoedkundig – ek het reeds nou so kursus nodig wat my een van die dae goed te pas gaan kom as ek met pensioen gaan.

  • Renthia Wessels

    Ek het al ‘n baie lang tyd ‘n groot behoefte aan ‘n digitale kamera kurses en het ‘n week terug besluit om van Canon na Nikon toe oor te gaan met my volgende kamera aankope, maar het ook besef dat dit nie gou sal gebeur nie, en dat ek maar net solank kan begin droom en dit op my wens lysie sit. So sien ek toe die kompetisie gisteraand laat eers raak en besluit net daar dat my wense gehoor is – en wie sê ‘n "buite-perd" kan nie wen nie? Ek voel al daardie rooi kamera in my hande…..

  • Renthia Wessels

    En hier kom "Buite Perd" in die doodsnikke van die wedstryd… en die afstand tussen haar en die ander perde krimp… hier kom sy, hier kom sy!……. gaan een vir een verby…. en daar trek sy!!! Dit is net stof in die ander se oë… en daar wen "Buite Perd" loshande voor al die ander….

    Ek dag droom maar net ‘n bietjie!

  • Elma

    Dit sal ‘n wonderlike geskenk wees … sal dit baie graag vir my dogter wil gee wat in Centurion woon.
    Nikon is ‘n uitstekende produk ….

  • E

    My dogter is werkloos sal baie graag dit vir haar wil gee om haar weer iets te gee om voor te lewe!

  • Elma

    My dogter is baie kreatief en sal hierdie kursus uitstekend kan gebruik.
    Hoop ek wen, dan kan ek die kursus vir haar gee.

  • Renthia Wessels

    Dit is so goed om te weet die Here het ‘n plan met elkeen van ons lewens. Dit is ‘n "hoendervleis" oomblik vir my om te besef verskeie van my wense is omsluit in hierdie een kompetisie.

    My eerste droom is nou al ‘n geruime tyd om vir ‘n ordentlike digitale fotografie kurses te gaan om vir ewig verlos te word van die "Auto knoppie" wat ‘n mens gebruik as jy ‘n leek is.

    My tweede droom het onlangs bygekom – om ‘n Nikon kamera te besit – en daar vryf julle ‘n ROOIE onder my neus! Ek sal my wat verbeel – en rooi is vir my ook sinoniem met SARIE. Dit skakel vir my so mooi in by julle eerste maand uitgawe in rooi met Bernice Dodd op die voorblad.

    My derde droom vir die beste part van drie jaar is om my passie vir fotografie uit te leef, geld daarmee te verdien en om ander mense in die proses te help om hulle lewens te verbeter.

    My vierde droom is om my passie vir kreatiewe handwerk uit te leef en ook minder bevoorregte vroue te betrek om ‘n beter toekoms ook vir hulle te skep.

    Ek bid die afgelope paar maande hard vir antwoorde om iets nuuts en kreatiefs in my lewe aan te pak. Ek glo vas dat die kamera, kursese en Kamers Vol Geskenke my op daardie pad gaan plaas

  • Renthia Wessels

    Ek droom nog steeds…. Open Window versinnebeeld vir my nuwe geleenthede!

  • Renthia Wessels

    "I am still going strong" Nog nie moed opgegee nie! Bittereinder, vasbyter – dit is ek!

  • Renthia Wessels

    "Early bird catches the worm", maar in my geval is dit hopelik "Late bird catches the camera"!

  • Renthia Wessels

    Beseringstyd het sy eie verrassings! Ek wag vir myne….

  • Danica bosman

    Me me me me!!!!!*I also want to be a WINNER!hehe*