karen_zoid
Wen

WEN kaartjies na eksklusiewe Zoid-bekendstelling

Die bekroonde rocker Karen Zoid is terug met ‘n kraakvars nuwe album getiteld ZOID AFRIKA. Die album word op die dak van ‘n gebou in Johannesburg bekendgestel en via die internet aan die res van die wêreld gewys. Dit is die eerste keer in Afrika dat ‘n album só bekendgestel word. (klik by Skyroomlive vir inligting omtrent die internet-bekendstelling)

SARIE was verlede week by ‘n kykie agter die album – kyk hier na nog foto’s en ‘n video, en luister na ‘n gratis mp3 vanaf dié album.

Jy kan een van 5 dubbelkaartjies na die bekendstelling in Johannesburg wen.

Wanneer? Donderdag 22 Maart 19h00
Waar? Skyroom Live, Lister-gebou, 195 Jeppestraat, Johannesburg

Belangrik! Jy moet verkieslik in die omgewing bly, sou jy inskryf vir hierdie wedstryd. Sarie.com dra nie verblyf- of reiskostes nie. Die prys sluit slegs ‘n dubbelkaartjie in.

  • NADIA PRETORIUS

    geen kommentaar

  • Henk Sweers

    Ek en my vrou is absoluut versot op Karen! Ons albei se verjaardae is binne die volgende paar dae, so wat ‘n wonderlike geskenk sou dié nie wees nie! :)