Wen

WEN kaartjies na Ons vir jou-musiekblyspel in PTA

Ná twee jaar is dié trefferproduksie, wat reeds deur 45 000 mense gesien is, terug op die planke. Ons vir jou is geskryf deur Hertzog-pryswenner Deon Opperman en Sean Else en die musiek is deur Johan Vorster gekomponeer.

Opperman sê, “Ek glo dat enige nasie, soos enige mens, wat nie onthou wie hy was nie, nie sal weet wie hy is nie, en nie kan droom oor wat hy nog kan wees nie”.

Ons vir jou-musiekblyspel

Ons vir jou vertel die verhaal van ’n kosbare deel van die Afrikaner geskiedenis. Die impak van die Boereoorlog op ’n jong Afrikanervolk word met deernis en passie uitgebeeld. Met uitmuntende spel, ontroerende musiek en aangrypende dialoog is Ons vir jou ’n een keer in ʼn leeftyd-ervaring.
Aangebied ter viering van die 110de herdenking van die einde van die Anglo-Boereoorlog.

Spelers in Ons vir jouSpelers in Ons vir jou

[box:full:orange:both]

Só moet jy maak

Wanneer: Vanaf 7 Julie 2012
Plek: Operahuis, Staatsteater, Pretoria
Kaartjiepryse: Van R190,00 tot R350,00
10%-afslag op groepbesprekings en 15%-afslag vir lede van die Solidariteit Beweging
Rolverdeling: Rouel Beukes, Michelle Botha, Jannie Moolman, Marisa Drummond, Paul Luckhoff, Neels Coetzee, David Clatworthy, Norman Anstey en vele meer!

WEN een van 5 dubbelkaartjies vir óf Vrydag 13 Julie of Saterdag 14 Julie

[/box]

  • Christie-Anne Wolmarans

    Ek is ‘n sangeres myself en sal baie graag na hierdie vertoning wou kyk, ek het nog net goeie resensies van die stuk gehoor en kan nie wag om dit te gaan sien nie, ek hoop ek is gelukkig!

  • Allison Mclean

    Ek sou baie graag die stuk wou sien net om weer herinner te word aan ons geskiedenis en wat ons voorouers deurgegaan het, ek hou baie van ‘n musiekspel en sal graag Sean Els se musiek wou gaan luister.

  • Leanie Brynard

    Dit lyk fantasties!

  • Jacky

    Ek is baie lief vir musiek en veral opvoerings maar kan dit nie altyd bekostig nie. Ek is mal oor die geskiedenis van Suid Afrika en glo ons moet dit altyd uitbeeld sodat ons kinders dit kan sien aangesien hulle nie meer in die skole daarvan leer nie.
    Ek sal baie graag kaartjies wil wen. Hoop ek is gelukkig

  • gerda duvenage

    Kon ongelukkig dit nie vorige keer bywoon nie, sou dit nou graag wou sien!
    Dink dit is ‘n ongelooflike ervaring en sal jou altyd laat onthou van ons geskiedenis en waar vandaan ons kom