Wen

WEN kaartjies na The Eagles!

Suid-Afrika was eerste op die lys toe The Eagles hul konserttoer vir 2012 aangekondig het. Dis die eerste keer in die groep se bestaan dat hulle in Suid-Afrika optree. So, as jy ‘n aanhanger is, maar die druk van die ekonomie voel, staan jy nou ‘n kans om saam met ‘n metgesel die konsert in Kaapstad en Johannesburg by te woon!

Die groeplede – Glenn Frey, Don Henley, Joe Walsh and Timothy B. Schmit  – sal in ‘n 2 uurlange konsert hul groot treffers soos “Hotel California”, “Desperado”, “Take It Easy” en meer sing. The Eagles het al meer as 20 miljoen albums wêreldwyd verkoop, vyf nommer een-treffers in Amerika opgelewer en ses Grammy-toekennings ingepalm.

Moenie wag nie – skryf nou in want tyd is min!

[box:full:grey:both]

JY KAN WEN!

[/box]

* 1 gelukkige sarie.com-gebruiker kan dubbelkaartjies na die konsert op 4 April by die Kaapstad Stadion in Kaapstad wen.

* 1 gelukkige sarie.com-gebruiker kan dubbelkaartjies na die konsert op 8 April by Soccer City, FNB Stadion in Johannesburg wen.

SLUITINGSDATUM: Maandag 2 April 2012 teen 12 nm.

Vul die vorm hieronder in.

  • Antoinette

    Ek hoop ek wen ..Ek wil baie graag hulle show sien!!!!

  • Melinda Fouchè

    Wake up in the Hotel California ….. such a lovely place……such a lovely face…….oe a a ….. bring heerlike herinneringe terug van my jong dae… 🙂

  • Santie Potgieter

    Ek geniet hulle musiek baie omdat dit uit my era dateer en hulle nog steeds uitstekende musiek maak!! Wil net saam sing as dit op radio speel!ek het ook n CD van hulle wat ek gereeld luister!!

  • Elize van der Merwe

    Hulle is my gunsteling groep en dit sal ‘n wonderlike droom wees wat waar geword het.

  • Petro

    Dit sal ‘n heerlike wegbreek wees in die stresvolle tyd!!

  • Rene

    Ek wil so graag my man verras met Eagles kaartjies, die groep is enn van sy gunstelingste !! Groot asseblief….. xx

  • Christèl

    Nog altyd mal die Eagles ….. my droom om hul "live" te sien!

  • Anelize

    Jitte ja dit sal my weer jonk en mooi laat voel! Die sorgvrye dae van jonkwees weer herroep, sal baie graag wou gaan

  • joan van der berg

    Absoluut so graag op "lewendige vertoning" wil sien angesien dit hulle EERSTE keer in SA sal wees EN dis my era musiek, sal ‘n besonderse ervring wees!!

  • Yolandi vd Merwe

    Sjoe, as ek darem moet wen gaan my man VREESLIK LIEF wees vir my. Hy is absoluut gek oor die Eagles en het selfs DVD’s van hulle konserte. Dit sal nou vir jou ‘n Great dag wees.

  • Diane Hoctor

    Ek en my man is mal oor die Eagles! Sal so fantasties wees as ek vir hom met konsertkaartjies kan verras! WOW……

  • Lizette

    Dit was (IS) nog musiek!

  • Henriette

    Hoe kies ‘n mens ‘n gunsteling-liedjie wanneer die keuse so wyd en wonderlik is? Byna elke lied van hulle het ‘n mooi herinnering uit my jonger dae daaraan gekoppel. Ek hou duim vas vir die wenkaartjies.

  • Renee Grierson

    Dit sal sommer puik wees om te wen, en tussen al die ander ‘Fans’ rond te gaan spring en dans.

  • Lizette Groenewald

    Kan nie wag om die nuus te hoor om te wen nie!!!!! Dis net n Ongelooflike ‘BAND’
    Saam met ons beste vriende!!!!!!!!!!!!