sr1211klein_karoo_1_
Wen

WEN! Karoo-naweke saam met die nuutste Afrikaanse fliek

Romanse, ’n hele paar lag-uit-jou-maag-uit oomblikke, dalk selfs ’n traan of twee en hope inspirasie – dit alles gaan jy kry in Klein Karoo, die nuutste romantiese fliek uit die stal van Kaapland Films. Dit tref op 1 Februarie volgende jaar die groot skerm landwyd.

In Klein Karoo bevind die hoofkarakters Cybil (Donnalee Roberts), Meyer (Hykie Berg) en Frans (Tim Theron) hulself in ’n liefdesdriehoek. Wie gaan by wie ware liefde vind? Nie net ware liefde nie, maar ook die wete dat die lewe, en liefde, net iets beteken wanneer ons bereid is om ’n verskil te maak!

Donnalee Roberts

Tim TheronHykie Berg

Die rolprent se vervaardigers, Kaapland Films, gee vir SARIE-lesers onvergeetlike pryse weg in samewerking met Dark Chocolate Gastehuis (in Durbanville) en Oudsthoorn se Swartberg Country Manor, die Kangogrotte, Karusa-wyne 
en Jemima’s Restaurant.

Piekniekplek in die SwartbergvalleiSwartberg Country Manor by Oudtshoorn

'n Bord kos van Jemima's RestaurantKango-grotte

Hoe wen jy?
Al wat jy hoef te doen om een van drie wonderlike wegbreeknaweke 
te wen is om vir ons 
in 100 woorde van jou gunsteling-piekniekplek te vertel en te sê hoekom dié plek vir jou so spesiaal is. Skryf jou 100-woord-antwoord in die kommentaarboksie hieronder.

PLUS
Nie net is daar ’n wegbreek op die spel nie, maar ook kaartjies na Klein Karoo se première in
 die Kangogrotte!


SLUITINGSDATUM:
30 November 2012

Al die wenners sal teen 15 Desember 2012 telefonies in kennis gestel word en daarna ’n brief ter bevestiging ontvang.

1STE PRYS

Naweek vir 4 mense by Swartberg Country Manor op Oudtshoorn (ter waarde van R41 500)
Prys sluit in:
* 4 retoervliegkaartjies uit Johannesburg of Durban na Kaapstad
* 1 nag vir 4 persone by Dark Chocolate Gastehuis in Durbanville (aandete ingesluit)
* Huurmotor vir 4 dae (om te reis tussen Kaapstad en Swartberg Country Manor, plus 
R1 000 se brandstof)  
* 3 nagte vir 4 mense by Swartberg Country Manor (ontbyt & aandete ingesluit)
* Kangogrotte-toer vir 4 mense, middagete ingesluit (ete ter waarde van R800)
* Middagete vir 4 mense by Jemima’s Restaurant op Oudtshoorn (ete ter waarde van R1 000)
* Middagete vir 4 mense by Karusa-wyne, plus kas wyn (ete en wyn altesaam R1 200 werd)
* Aktiwiteite by Swartberg Country Manor vir 
4 mense (ter waarde van R2 500)

2DE PRYS


Naweek vir 2 mense by Swartberg Country Manor op Oudtshoorn (ter waarde van R23 550)
Prys sluit in:
* 2 retoervliegkaartjies uit Johannesburg of Durban na Kaapstad
* 1 nag vir 2 persone by Dark Chocolate Gastehuis in Durbanville (aandete ingesluit)
* Huurmotor vir 4 dae (om te reis tussen Kaapstad en Swartberg Country Manor, plus 
R1 000 se brandstof)  
* 3 nagte vir 2 mense by Swartberg Country Manor (ontbyt & aandete ingesluit)
* Kangogrotte-toer vir 2 mense, middagete ingesluit (ete ter waarde van R400)
* Middagete vir 2 mense by Jemima’s Restaurant op Oudtshoorn (ete ter waarde van R500)
* Middagete vir 2 mense by Karusa-wyne, plus kas wyn (ete en wyn altesaam R900 werd)
* Aktiwiteite by Swartberg Country Manor vir 
2 mense (ter waarde van R1 250)

3DE PRYSE


2 x pryse vir ’n naweek vir 2 mense by Swartberg Country Manor op Oudtshoorn (sonder vliegkaartjies en motorhuur, ter waarde van R7 800 elk)
Elk van die 2 derdepryse sluit in:
* 2 nagte vir 2 mense by Swartberg Country Manor (ontbyt en aandete ingesluit, ter waarde van R5 000)
* Kangogrotte-toer vir 2 mense, middagete ingesluite (ete ter waarde van R400)
* Middagete vir 2 mense by Jemima’s Restaurant op Oudtshoorn (ete ter waarde van R500)
* Middagete vir 2 mense by Karusa-wyne, plus kas wyn (ete en wyn altesaam R900 werd)
* Aktiwiteite by Swartberg Country Manor 
vir 2 mense (ter waarde van R1 000)

LET WEL: Pryse sluit nie drankies by gastehuis in nie.

Vir nog inligting of besprekings, bel Swartberg Country Manor by 044 279 3188 en Dark Chocolate Gastehuis by 021 979 1988, besoek www.comfortstay.co.za of stuur e-pos na res@comfortstay.co.za

WEDSTRYDREËLS

1. Die eerste intekeninge/hernuwings en die beste inskrywings wat ontvang word, wen 
die pryse. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen gesprek of korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

2. Die wenners sal telefonies verwittig word en hul name 
sal in ’n latere stadium op die webtuiste www.sarie.com verskyn.

3. Die pryse is nie 
oordraagbaar nie en is nie vir kontant omruilbaar nie.

4. SARIE bied hierdie wedstryde 
namens Kaapland Films aan as ’n diens vir haar lesers. Kaapland Films voorsien en is verantwoordelik vir die pryse.

5. Werknemers en hul gesinne van 
Media24 (SARIE se moedermaatskappy), Kaapland Films en hul reklamemaat-skappye mag nie aan die wedstryde deelneem nie.

6. Media24, Kaapland Films word gevrywaar teen alle eise en/of laste wat ’n wenner kan hê weens skade/beserings vanweë sy/haar deelname aan die wedstryde of benutting van die pryse.

  • Susan Owen

    wow wow wow!!! Ek sou baie graag hierdie prys wou wen ek was nog nooit in die Karoo nie en ook nie in die Oudtshoorn gebied nie, dit sal wonderlik wees om so ‘n prys te wen. Ek sou ook graag my dogter wou bederf om dit saam met my te geniet en my droom is om Suid-Afrika se pragtige plekke te sien. Ek dink ook om die premiere te sien in die Kangogrotte kan net ‘n onbegryplike geleentheid wees, weereens wow wow pryse!

  • Susan Owen

    wow wow wow!!! Ek sou baie graag hierdie prys wou wen ek was nog nooit in die Karoo nie en ook nie in die Oudtshoorn gebied nie, dit sal wonderlik wees om so ‘n prys te wen. Ek sou ook graag my dogter wou bederf om dit saam met my te geniet en my droom is om Suid-Afrika se pragtige plekke te sien. Ek dink ook om die premiere te sien in die Kangogrotte kan net ‘n onbegryplike geleentheid wees, weereens wow wow pryse!

  • Susan Owen

    Ons mees geliefde piekniekplek is by die Hennops 4 x 4 piekniekplek naby Hartbeespoortdam. Dit het nog nie baie gereen nie en die Hennopsrivier het om ‘n draai ‘n sandbank gespoel wat met die volgende reens seker toegespoel gaan wees. Ons piekel af ondertoe met als maar as jy eers op jou eie eiland is, kan jy netsowel by die see sit en piekniek hou op die strand. Ons is verlief op die plek want aan die oorkant is ‘n hoe krans en die dassies loer vir jou. Daar kamp ons uit vir die hele dag want dis nie aldag dat jy onder ‘n boom kan sit op die strand nie!

  • Christelle Botha

    Waar kan ek meer uitvind oor die Premiere van die film by die Kango Grotte?? My dogter was ‘n ekstra in die film en ek sal haar graag wil verras met kaartjies?

  • Yolande van Zyl

    Ons gunsteling pieniekplek is by Van Stadens Protea Wildreservaat. Daar aangekom bewonder ons eers al die pragtige Protea Blomme en ry verby die fynbos oppad na die plekkie waar ons, ons kombersie uitsit om piekniek te hou. Daar is ‘n uitsig oor die berg wat jou rustig maak tesame met die stilte en die wind wat liggies deur jou hare waai. Die natuurskoon is asemrowend en die voeltjies wat fluit vrolik die dag sommer net meer op. Ons drink koeldrank, gesels, eet en lag te lekker. Ons loop ook sommer ‘n wandelpaaitjie af na die rivier toe onder die brug. Ons geniet dit om net bietjie weg te kom van die stad en tussen die natuur te wees terug waar ‘n mens weer jou siel kan vind en die klein goed te waardeer wat jy nie aldag raaksien nie.

  • Natalie

    HOe moet ek my storie stuur?

  • Rita Roberts

    Glo dit as julle wil, maar my gunsteling piekniek plek is my eie tuin:
    Gewoonlik op ‘n Sondagoggend, maak ek vir ons die aller heerlikste ontbyt dek ‘n pragtige tafel onder die bome in die tuin, en ons geniet dit met die voels wat sing, en die water wat spuit in die fontein; en die duiwe wat water drink, Vicky die hond le rustig by manlief se voete, en Kerneelskat le by my voete. Dit is so besonders omdat my man weg van die huis af werk, Sondagoggende is die enigste tyd wat ons rustig bymekaar kan wees!

  • Stephanie Pretorius

    Ons gunsteling piekniek plek is in Haenerstburg dis die pragtigste klein dorpie met die vriendelikste mense. Ons pak gewoonlik Sondae n mandjie met die lekkerste eet goed in en ry tot heel bo in die berg by die begrafplaas. Dit klink biekie vreemd om by die begrafplaas piekniek te hou, maar as n mens die asemrowende natuurskoon van daar bo af sien vergeet jy skoon jy hou piekniek by die begrafplaas. Dis so mooi en so rustig ons vergeet van alles en almal en staar net diep in mekaar se oë en geniet mekaar se geselskap. Ons bring gewoonlik die hele dag daar deur en die sonsondergang is beeldskoon, die maandag vol ons dan weer lus vir n nuwe week.

  • Lorraine van Rooyen

    Daar is ‘n ver plek waar ons telkens heen gaan, eers vir die lente blomme, nou vir méér …….
    Papkuilsfontein, op die rand van die Hantam plato, met die Knersvlakte doer onder wat strek tot waar die son sak.
    Daar is ‘n poort, en ‘n waterval, en ‘n uitkykpunt, wat ons vroeg reeds ontdek het.
    Teen laatmiddag word ‘n mandjie gepak en gaan ons om die magiese omgewing weereens te ervaar;
    Daar is ‘n arend wat statig in die kloof vlieg, roep na sy maat,
    en jakkalsies laat van hul hoor, sê vir die stadsjapies “sien jul weer oor ‘n jaar”.

  • LANIE DU PLESSIS

    Ons gunsteling piekniek plekkie is in Hentiesbaai langs die see. Dis heerlik rustig daar sonder baie karre en geraas. Mens kan die heeldag lekker langs die see kuier en braai en jou familie geniet, sonder roomyskarretjies en ander verkopers. Al wat hartseer is dat ons dit net een keer per jaar kan doen en dit is Desember as ons in Hentiesbaai is. Die Kaap is so pragtige plek en mens sien nie altyd al die mooi plekke as jy in die omgewing is nie. So wegbreek sal ‘n wonderlike ondervinding wees ! Mag die persoon wat dit wen dit ten volle geniet !

    (Ek is net buite telefoon bereik vanaf 7 Desember 2012 tot 7 Januarie 2013)

  • Elzanne Bensley

    My lekkerste piekniekplek is in ons eie tuin! Gooi ‘n piekniekkombers oop, kry SARIE om te lees, jou geliefdes om jou en heerlike eet- en drinkgoed. Hoekom my eie tuin? Die tuin is ons eie handewerk, dit is heerlik toegegroei met hoë bome, gesonde plante en blomme. Baie romanties en die uitstappie kos my min! Die katte sal ook nog kort-kort kom loer en hul vryf teen jou bene! Voel die Here se nabyheid!

  • HANNIE DE WAAL

    MEIRINGSPOORT!
    Waar die berge ons omvou en die stilte jou ore seermaak. Hierdie voel vir my soos die poort na die Hemel, met die reuk van vars gekonsentreerde plantegroei wat jou na jou asem laat snak . My man sal vir ons die yskoue pienk sjampanje van De Krans skink, terwyl hy skelmpies ‘n verrassing, ‘n botteljie van my gunsteling parfuum onder die piekniek-kombers wegsteek. Hier wil ons ver ewig bly, maar wanneer die eerste sterre deur die klein skrefie lug, bo ons loer, moet ons oppak!

  • Betsie Austin

    Ons is mal daaroor om op die ingewing van die oomblik na kerk te besluit om piekniek te gaan hou, dan gaan koop ons so paar goedjies by "Woolies food" en ry deur na die "Kloofendal Nature Reserve" in Kloofendal, so stukkie "rus en vrede" tussen al die huise. Daar is ‘n "Ampfiteatre" waar iemand soms optree. Maar ons stap verby die teater, by die natuur reservaat se hekke in, daar is tafels met bankies, gooi ons kombersie en kussing daar uit en sit heerlik en smul en gesels en spandeer kwaliteit tyd as gesin. Jy kan ook net na die musiek sit en luister of met een van die staproetes gaan stap.

  • Thea

    Sjoe, glo dit of nie, my heel gunsteling piekniekplek is langs die hoofpad, op pad Kaap toe. Onder die groot koelte bome, by daardie ou-tydse bouvallige sement tafel en stoeltjies. Dit was n Desember vakansie tradisie in ons huis. Net wanneer jy genoeg gehad het van die son in jou oë, die lang oneindigende teer pad en jou maag vir die 4e keer grom van hongerte, trek Pa af en stop vir middag-ete. Waar Ma ons bederf met haar flessie stroopsoet koffie, die lekkerste ham en kaas toebroodjies en vir ingeval die ou “jammerlappie”.

  • Annari Strydom

    Ons gunsteling piekniek plek is ‘n klein holtetjie na die linkerkant bo op Tafelberg. Op 2 November 2003 is my destydse kerel, Justin en ek met die kabelkarretjie op berg toe, 6nm. Bo op die berg het hy my taamlik gejaag wat ek nie mooi verstaan het hoekom nie. Eindelik lei hy my eenkant by ‘n kombers toegegooi met eksotiese pienk en rooi blomme, plus ‘n mandjie vol eetgoed en bottel sjampanje. Hy se toe dis ons s’n! Daar het hy my gevra om met hom te trou. Ons gaan een keer ‘n jaar op om daar te gaan piekniek!

  • Nalize

    My gunsteling piekniek plekkie is die naturreservaat in Rustenburg, dit is nie die wêreld se mooiste plekkie nie maar wanneer ek en my verloofde n moeilike dag gehad het of net wil ontsnap van die dorp se lawaai, is dit net om die draai. Hy het my ook hier gevra om te trou, met die mees romantiese piekniek. Dit behou ook baie wonderlike kinder dae herinneringe van skool kampe en lantern kruip. Daar lê ook n paar geheime plekkies wat mense nie van weet nie, soos n ou spook huis van Paul Kruger en n ongelooflike waterval teen n kraans.

  • Samuraj

    Ma se kombuis, op die vloer voor die warm koolstoof, met die soet kaneel reuk van pannekoek op ‘n wintersdag, is die ideale plek vir piekniek. Nou verlang ek sommer na pappa en mamma, maar ek moet maar tevrede wees op die grasperk, voor die fakulteit, want my volgende klas is oor ‘n half uur. Saam saam kuier die studente lui rond. Ek lees Sarie op my laptop, "peanut" botter broodjie in die hand, groot droom ek oor hierdie prys…’n piekniek in die berg, by ‘n waterstroompie!

  • Samuraj

    Ma se kombuis, op die vloer voor die warm koolstoof, met die soet kaneel reuk van pannekoek op ‘n wintersdag, is die ideale plek vir piekniek. Nou verlang ek sommer na pappa en mamma, maar ek moet maar tevrede wees op die grasperk, voor die fakulteit, want my volgende klas is oor ‘n half uur. Saam saam kuier die studente lui rond. Ek lees Sarie op my laptop, "peanut" botter broodjie in die hand, groot droom ek oor hierdie prys…’n piekniek in die berg, by ‘n waterstroompie!

  • Runei Kirsten

    Onder die stilte van n ou Akkerboom in die hange van Jonkerhoek, Stellenboch, gooi ons ons groot sykombersie uit op die sagte gras. Hulle wil-wil hul gesigies so gedeeltelik deur die garings steek. Die son loer suutjies deur die groot blare op ons karamel somersveltjies. Die wind kom fluister ook sagies in ons ore soos die tyd stadig aan stap. Met giggelende geselsies en klinkende glasies le ons terug op ons rue en vertel stories van die wolke. Hierdie is nie net ‘n piekniek plekkie nie, dis ‘n plekkie waar herinneringe ontstaan en waar moedernatuur ons siele weer heel maak.

  • Natalie Vos

    Jubilee Creek in die Knysna woud is my gunsteling piekniek plek. Dit is n romantiese plek waar jy omring is met bome en vir myle net die natuur. Ons hou daarvan om die stappie langs die rivier te doen na die klein waterval, waar jy somme ook die ou goud myn kan sien. Dan kom ons terug en geniet ons piekniek mandjie en rus. Jy kan maar glo dat in die mooiste deel van die wereld kan dit net die absoluut beste wees. Doen jouself n guns, dit is n ware hart opkikker.

  • WILNA KORKIE

    Net buite Kroonstad waar die heuweltjie langs die ou Klooster val,is die grasbedekte leegtetjie onder wilgerbome weg gesteek. Die Valsrivier maak daar n “U” en min mense weet van hierdie piekniek plekkie .Hier kan jy nog n kombers0op die gras oop gooi en nie bekommer wees0oor miere,rommel ofboemelaars nie.Die voels en duiwe is rustig.Die rivier water aan hierdie kant van die dorp is nog skoon.Daar is ook n foefie-“slide”wat iemand lank gekede daar aan gebring het.hier kan die somerhitte in die koelte verduur en in die lou warm water geswem word

  • Moushumi Maharaj

    The best Picnic place is at Warmbaths Aventura Resort! There are lovely warm pools for both children and adults and water slides too. There’s always live music for entertainment.The grass area and tables are ideal for a picnic and there are shops around to buy drinks and a quick shop too in case you forgot to take something along. The atmosphere is relaxing and it’s perfect for all age groups.It’s an especially safe environment for kids and beer is readily available too! There are plenty of bins so the area is always spotless.What a pleasure to go to Warmbaths!

  • Shanjay

    Kirstenbosch National Botanical Garden in Cape is a world famous garden! The gardens are immaculately kept and modern visitor centres are perfect for family outings. The gardens are great for picnics and people of all ages enjoy what the gardens have to offer.The environment is peaceful and relaxing.Musical sunset concerts are held on the lawns during summer. There’s plenty of place for walks and for freeplay for kids. Craft markets are also held at the Stone Cottages on the last Sunday of every month.It’s really a great spot for everyone.My entire family loves to go there.

  • Sanam

    Nkwe Pleasure Resort in Pretoria is awesome! There are shaded rondawels and convenient braai facilities.The tuck shop is open on weekends and sells sweets, cooldrinks, chips, charcoal, wood and ice cold soft-serve for hot summer days! The toilets are close by and immaculately clean. There’s a jungle gym and a plunge in the pool very close by so that we can keep a close eye on the kids. There’s a waterfall which falls into a magnificent rock pool an sets the scene for a lazy tranquil day. It is really THE most stunning place for picnics!

  • Hannie van der Merwe

    My gunsteling piekniekplek is tussen Sarie se bladsye wat vrolik en vol kleur allerhande kosse aan my bekendstel, wat my na verre lande laat reis, my lieflik en byderwets aantrek, my van kop tot tone bederf en my soos ‘n ware vrou in ‘n park vol pragtige blomme laat voel. Die maandelikse piekniek met Sarie op my skoot is my grootste bederf. Met Sarie in my hand droom ek van wonderlike pryse wat gewen kan word en wens ek dat daar nog ‘n ware piekniek vir my sal aanbreek.

  • Marie van Rensburg

    Askam! Kalahari! Daar waar die duine in al die kleure van rooi en bruin in die son baai. Daar waar die kameeldorings ‘n natuurlike lapa vorm vir ons stoele, kombers en eterasies. Daar waar die einste kameeldoringbome se droee takke, platgeval op die grond soos ‘n uitgeslaande bokser, die bron is waarmee ons die braaivleisvuur stook. Ai , en daar om die vuur, sing en vertel ons stories of geniet net die Kalahari-TV. Dis nou die braaivleisvuur. Almal sit mos daarna en staar asof die spannendste James Bond -film daarin afspeel…Heerlik verby!!!!!!!!!!!!!!!!

  • Luna Greyling

    My gunsteling-piekniekplek is ‘n droë, skaduryke en grasbedekte rivierloop in die Vredefort-koepel tussen Parys en Vredefort. Dit is langs ‘n voetpaadjie. In die somer is dit ‘n lafenis om, moeg van die stap, saam met my kêrel ‘n ou slaapsak daar oop te vou, die piekniekblikke uit te pak en te smul aan aarbeie, hamtoebroodjies en yskoue limonade. Vir nagereg peusel ons dan aan tuisgebakte sjokolade-muffins. Dan is dit tyd om ons skouer-aan-skouer op ons rûe uit te strek en deur die skrefies in die digte lower van inheemse bome na verbyswewende wolkformasies te staar tot ons oë toe val.

  • Alana Snyman

    Vroegoggend, terwyl dit nog donker is, word die eiers gekook, die wors gebraai en die broodjies gesmeer. Apart word die kaas gerasper en die tamaties gesny. Lekker warm boeretroos word in die fles gegooi. Gou word die kinders wakker gemaak en met groot opgewondenheid in die dubbel-kajuit bakkie gelaai. Terwyl ons ry kom die son op, ‘n verskeidenheid van pienk en oranje strepe. Nie lank nie dan vra Boetie ‘n gekookte eiertjie saam met ‘n stuk wors. Sus vra ‘n toebroodjie. My Lief kry ‘n lekker warm koppie koffie. So kuier-kuier ry ons tot by ons bestemming – die lekkerste familie piekniek – sommer so padlangs.

  • Welme de Beer

    Volmaan…ons "geheime" bankie by die see….pizza…en borrels om die keel nat te maak…dit is ons spesiale ma-en-dogter piekniek avontuur. Op ons geheime bankie op ‘n hoogtetjie in Wilderness, reg langs die bruisende oseaan, knus toegewikkel in ‘n kombersie, verwonder ek en my 8 jarige vlinder-kind ons aan die groot, magiese bal wat uit die see verrys. ‘n Ontmoeting tussen die groot geel bal en die aandstêr volg. Wat ‘n skouspel vir die oog….terwyl my hart warm klop saam met die ritme van die oseaan, bêre ek hierdie piekniek herinnering saam met my lieflingskind in die anale van my gedagtes.

  • Berenice

    My gunsteling piekniek plek is beslis enige plek sogelank ek in die buitelug kan wees. Ek is ‘n gebore romantikus en kan skoon idillies raak oor die natuur. Piekniek was nog altyd vir my Buitelug… om al die natuur se wondere te aanskou die diere, sagte gehuil van die wind dis net hopeloos romanties. Om net enige tyd ‘n kombers te vat en onder ‘n boom oop te gooi en vir jouself die romantieste omgewing te skep. Ek en my liefie is altwee buitelug mense. Het nog nooit die geleentheid gehad om kango grotte te besoek nie sal so lekker wees. Dit sal wees soos ‘n droom om waar te raak. Die fliek gaan beslis ‘n wenner wees.. kan nie wag dat hy in cinemas begin draai nie.. ek is ‘n grootaanhanger van Donnalee Roberts sy is net stunning

  • Izaan Steenkamp

    Vakansie-tyd in Oudtshoorn by my ouma is altyd die perfekte tyd vir ‘n piekniek. Groot lappieskombers onder die vyeboom, die reuk van die rooi grond, die hoenders wat by die bure raas… Die uitsig van die bo-kant van Hofstraat oor die kerktoring, en die klok wat elke halfuur slaan, bring soveel herinneringe van hierdie kosbare dorp.
    Ouma deel haar gunsteling ‘Turkish Delight’ met ons, koeldrank word in glase gegooi, en Ouma vermaak ons met haar valstande! Dit sal SO lekker wees om terug te kan gaan, en die Karoo op ‘n nuwe manier te ervaar! Wonderlike Geleentheid!

  • Charlotte Manuel

    My gunsteling piekniekplek is sommer net hier in my geboortedorpie, waar die vlaktes oop voor jou lê en ‘n mens die natuurskoon kan inneem en koester en die skoon vars lug kan inasem. Toe ons nog baie jonger was het ons kinders altyd van die geleentheid gebruik gemaak om, terwyl die groot mense ‘n uiltjie knip, ons oorskiet kos van sondagmiddag asook vrugte vars gepluk van ons eie bome uit ons tuine in te pak en af te sit na ons geliefde plekkie, die veld. Daar het ons ‘n kombers oopgegooi en lekker piekniek gehou. Dit het altyd vir my so ‘n groot bekoring ingehou om so in die oopte, lekker piekniek te hou en te smul aan alles wat ingepak is en daarmee saam ons te verwonder aan alles rondom ons. ja, sorgvrye jare sonder enige kommer of probleme en kon ons op hierdie manier ons jonkheid geniet!!

  • Juanita Wilkinson

    Paddas en krieke sing simfonie op ‘n windstil volmaan aand in April, onder die sterre… Ons kyk uit oor Sabie vallei…en proe dit wat ons eet…en drink…“De Kleine Rust, Chenin blanc.” By een “light house” kers gesels ons oor ditjies en datjies na ‘n paar dae se rus… Ek hoor my man se stem en sien die sproete op my laatlam se neus. Als wat oor was en wat hande kon dra van ons rusplek, uitgepak… “Pat’s farmstall” vye konfyt…Goudveld biltong… Genade plaas botter…Blauw krantz kaas…Le Patisier rogbroodjie. Meer as kos. Kosbaar…ons vyf.

  • Hester en Woudi

    Ons gunsteling piekniek plek is op ‘n klein windbeskutte, privaat strandjie oorkant die rivier by Kleinbrak. Desember vakansies pak ons familie ons mandjie and klim saam met ons honde in ons bootjie en vaar oor die rivier. Op die strandjie word daar weggelê aan lekkernye en shampanje. Jy kan swem, in die sand speel, visvang of net die uitsig bewonder. Dit is ‘n spesiale plek omdat daar net plek is vir een familie en Desember-vakansies nie volmaak is as ons nie die twintig meter met die bootjie oor die rivier gaan om ons gunsteling piekniek plek te besoek nie.

  • Diana du Plooy

    Groen….bome en stilte….dit is wat my batterye herlaai! My gusteling piekniek plek is ‘n plantasie van groot Dennebome. Ons het vir ‘n tyd op ‘n plaas in Mphumalanga gebly waar ons omring was met Denne plantasies en was piekniek een van my en my man se gunsteling uitstappies saam met ons kinders. Die sagte mat van Dennenaalde was heerlik om jou kombers op oop te gooi. Die stilte in so ‘n Denne plantasie is ongelooflik….en hoor jy net die sagte geruis van wind hoog in die toppe van die bome, met die reuk van Denne heerlik! Verkwikking vir die siel!

  • Abraham

    In Augustus maand is die reservoir op Malmesbury die mooiste plek in die wêreld. Dié beton uitkyk plek in die boeredorp is my gunsteling piekniek plek verseker, want dis hier waar ‘n see van goudgeel kanola aan die eenkant en koring van oerwoudgroen bymekaar kom. Hier kyk jy ver uit op die berge van die Paarl en die Riebeeck vallei en as jy gelukkig is, is die pieke vol sneeu. Jy sien die hoërskool se meisies koshuis en die NG kerk se toring. Hier op die mensgemaakte watergat kom drink ons moerkoffie, eet Magdalena se beskuit en geniet witwyn op ‘n somersaand saam met kaas en beskuitjies. Vandag sit ek vêr in Pretoria, maar koester die mooi tye!

  • Frank Montgomery

    Ons lekkerste piekniek was by Spier,
    Net die natuur en ons vier.
    Ma en Pa skink ‘n glasie wyn,
    En al die sorge verdwyn!
    Boet en sus drink hul vars vrugtesap,
    En kan nie wag om aan die lekker kos te hap!
    Die groot verskeidenheid van kaas,
    Laat mens vergeet van die alewige groot gehaas.
    Ons smul aan die heerlike koue vleis,
    En voel sommer dadelik tuis!
    Na ete gaan stap ons langs die rivier,
    Wat ‘n absolute plesier!!!

  • anja barnard

    Dis ‘n blinde-mol afspraak op Valentysdag waar ons mekaar ontmoet by Overgaauw Wynlandgoed vir piekniek en ‘n fliek onder die blink Stellenbosch sterretjies. Hy reeds trommel dik gevreet aan pasta uit die vrees dat die piekniekmandjie nie voldoende kosvoorrade gaan besit nie en ek gepanser teen die koue met 5 komberse. Daardie aand het ek my beste maatjie ontmoet. Dis amper 2 jaar later en ons is die Valentysdag wat verby is weer soontoe. Goeie wyn, goeie geselskap en die Boland se natuurskoon kan vir niks in die wereld verruil word nie.

  • Marlene Fouche

    04:00 en die wekker gaan af op hierdie asemrowende somers oggend in Kaapstad! My man weet van niks, behalwe dat hy 04:00 moes opstaan. So ry ons nog in die donker na die Rhodes Memorial in Kaapstad. Ek laai net uit en my man dra aan. Daar gaan sit ons op die trappe en kyk uit oor Kaapstad tewyl die liggies alhoe dowwer word en die son stadig maar seker kop uitsteek, terwyl die branders aanhou rol. Ek gooi n koppie koffie uit die vles en sit tuisgebakte beskuit uit. Op die klein gas brandertjie is bacon aan die gaar word. En so begin ons piekniek onbyt en ons lewe saam.

  • johan Bouwer

    Hallo
    Ons spesiaale piekniek plek is op VOLMOED digby HERMANUS. Dis n wonderrlike plek met n water stroom. waterval en die mees wonderlke natuur toenele wat jy kan kry. Daar is bome en n groot grasperk waar jy net rustig jou piekniek mandjie kan oop maak en in die rustige stilte verkeer. VOLMOED het ook n besonderse betekenis want dit is waar ons ook ons oorlede seun se as kom stroi het.Daar is so baie voetslaan paatjies en n mens word omring deur berge en wingered boorde Salig
    johan.bouwer@capetown.gov.za

  • Therese de Villiers

    Mount Aux Source, Julie, op die heel hoogste piek in Suid-Afrika. Jy en paar harts vriende durf die berghange van die majestueuse reus aan. Dit is ‘n heerlike sonskyn dag. Na ‘n stewige klim en ‘n lewensgevaarlike tou leer, bevind jy jouself in sprokiesland. Die sneeu lê ‘n voet diep so ver as wat jy kan sien. Net nog ‘n paar kilometer en jy en jou vriende staan op die piek van alle pieknieke. Jul smul saam heerlik aan die biltong, kaas en beskuitjies. En dan is dit jou kans om luidskeel aan die hele Suid-Afrika te verkondig:’ Die heerlikheid van God vervul die hele werêld."

  • Franciska du Plessis

    Tussen die Waterberge onder ‘n groot ou Waterbessie, diep gewortel in die sand van Sterkrivier, met die letsels van luiperd naels in sy growwe stam geets. Onder hierdie boom het ek en my beste vriend, eerste liefde, eerste soen, van skooldae al gesit en sononders kyk, kougom-pienk, lavetel pers en somtyds warm oranje wat die blou lug deurweef. Hier braai ons goud-bruin roosterkoeke op ‘n oop vuur wanneer vuurvliegies se helder groen lyfies ‘n kring om ons maak.Die blou-groen berge wat ons omring le stil tevrede terwyl die warm son se ronde boepens agter doringbome sak. Dis in hierdie boom waar ons opgewonde foto’s met bloedrooi linte gehang het vir ons huweliksdag, ek en my enigste liefde.

  • Sonja van Niekerk

    Ons Gunsteling-Piekniekplek
    Ek en my lewensmaat, Alex Hooper, duik gereeld oesters by die Bakke in Mosselbaai. Net onder chalet 20 is ? klein strandjie waar ons so 100m die see inswem. Ons mag 25 oesters per persoon uithaal. Wanneer ons uit die see kom maak ons die oesters net daar op die rotse skoon. Alex maak spesiale oestermesse waarmee die oesters oop gemaak word. Enige-iemand wat dan op die strandjie is, kan saam met ons daarvan eet. Ons neem Tabasco, swart peper en bruin asyn saam. Ons het elke keer ? heerlike piekniek net daar en dan op die rotse!

  • Reinette Kotze

    Op die plaas natuurlik! Tussen die wingerd rye, met die bolandse berge in die agtergrond, die luilekker somer weer,met die groot rooi en groen trosse wat daar hang, die blare maak jou net genoeg toe met skaduwee. Lekker kos, lekker wyn en goeie geselskap! Wat wil jy nou meer hê? Ek kom van ‘n klein dorpie in die boland, De Doorns, Karoo/Wynland. Perfek! Dis na aan my hart, nie net omdat ek hier groot geword het nie, maar omdat dit ‘n plek is waar drome nog gedroom kan word, liefde blom en jy nog wragtag kan se dis "mense-mense"!

    (Okay ek dink dis 100 woorde :-}. So Sarie, as julle nog nie gehoor het nie, klein dorpies is nie maar net klein dorpies nie, dis die plekkies wat onvergeetlike herhinneringe maak, jou laat terug verlang na die rustigheid en jou hart en siel nie net met die beeldskoon gelukkig maak nie, maar ook met sy wonderlike mense! Kom maak gerus ‘n draai!)

  • Lené

    Die mooiste uitsig oor die hele Boland, ‘n plek waar jy die natuur kan waardeer en net weer besef hoe mooi wêreld die Here vir ons geskep het… Bainskloofpas aan die voet van Wellington… Dis ‘n baie spesiale plekkie vir my… Ek is ‘n student in Wellington en baie kere as dinge net TE veel raak gaan ek en vriende met “take aways” en ‘n glasie wyn op in die berge om net vir ‘n paar uur uit die besige lewe te kom.

  • Mariette Vos

    My beste piekniek ooit is saam met vriende (wat soos familie is) op Kampsbaai strand.
    In die somer maande as daar nie ‘n windtjie waai hier by ons in Brackenfell nie, neem ons die kans om te ry na die ander kant van die berg na Kampsbaai toe en hoop dat die wind nie daar waai nie.
    Dis altyd so lekker om op die sand te gaan sit, met kombersie, liggies, kersie en almal bring ‘n lekker eet dingetjie saam. Die gedruis van karre wat verby ry, die mense wat in die strate gesels en die see se branders is net die beste. Dit is so lekker gesellig. Ons gesels en lag te lekker. Dit is wanneer mense die lewe geniet, dit is altyd die dingetjies wat ‘n mense laat besef hoe kosbaar die lewe, familie en vriende is. Tot ons dit weer doen.

  • Annemarie Lance

    My gunsteling piekniek plek is definitief bo-op Leeukop in Kaapstad. As kind het ek in die Kaap grootgeword. Die geldjies was maar skraps maar my ouers het gesorg dat ek, boet en sus die wonderlikste herhinneringe het! Ons het so paar keer saam Leeukop gaan uitklim, elke lid van die gesin het n dra-sakkieop hul rue gehad met "goodies" in vir die pieniek bo-op die berg. Soms het die stapery lank gevoel maar my gesin was nog altyd ondersteunend en vol grappies en SAAM het on bo gekom! Ons kon uiteindelik die kombers oopstrooi vir n heerlike piekniek. Terwyl jy saam piekniek hou kyk jy neer op pragtige Kaapstad met die potblou see natuurlik as hoogtepunt. Nader aan God kan mens nie sommer voel!Vandag kyk ek terug met die mees wonderlikste herhinneringe – herhinneringe wat my ouers geskep het, herhinneringe wat my geleer het dat die beste dinge in die lewe nie noodwendig baie geld kos nie. Daardie pieknieks is tot vandag toe n geskenk in my hart wat my nooit sal kan verlaat. Ek bly deesdae in Gauteng, maar ek beplan om gou weer in die Kaap uit te kom. En die plan? Om my man en kinders saam met my leeukop uit te klim en bo-op die berg n piekniek te hou…sodat hul daardie stukkie van my siel ook kan deel.

  • leamarie henning

    Wel My ginsteling piekniek plek is voor n kagel met my geliefde aan my sy met n botel rose.Op Sy pLaas met die son wat in die agter grond sak.

  • Estia Riekert

    Plat op ons mae le ons op die kombers en kyk hoe die son tussen die blare wegkruipertjie speel. Ons het klaar lekker hoender en aartappels en slaai geeet en nagereg en koffie wag. Maar intussen le ons soos sardientjies langs mekaar en drink mekaar se teenwoordigheid in en die pragtige natuurskoon van die Botaniese Tuine, Pretoria. In die agtergrond kan ons die waterval se gedruis hoor. Al die sintuie werk saam – ons ruik die blomme en bome, ons sien die pragtige natuur om ons, ons hoor die voels wat sing en die waterval en dan ons harte wat juig oor samesyn. ‘n Perfekte dag as daar nog nie een was nie. Ek, my man en die twee kinders wat piekniek hou en rustig tyd saam spandeer. Wat ‘n voorreg!

  • peet swart

    Vir my is dit altyd lekker om my vrou te verras met n wegbreek naweke sy is my hele lewe my steunpilaar als wat sy vir my en ons dogtertjie van drie doen doen sy met n passie. Ek reel altyd so in die geheim n wegbreek dan se ek net sy moet vir ons n naweek tassie pak GOD het vir my n vrou gegee om haar tebederf en om te sien na haar vir solank as wat GOD haar vir my leen. Wanneer ons siek is of net af is sy daar om ons te troos by testaan en genees my vrou rene swart is my no 1 vrou. Daarom sal ek haar bitter graag wil bederf met n wegbreek naweek in die karoo.

  • Dalana Mc Lachlan

    ‘n Jaar lank het ons beplan aan ons Desember wegbreek na Oudtshoorn en Knysna. ‘n Reis terug in tyd. ‘n Herdenking van ons wittebrood, maar die keer deel ons dit met ons vyfjarige dogter.

    Tevergeefs soek ons ‘n plek waar ons op Kersdag as gesin kan eet, alle plekke is vol bespreek of gesluit.

    Met komplimente van die naaste Supermark, pak ons ‘n piekniek en ry na die Knysnabos.

    Daar in die bos soek ons feetjies, druk bome en spandeer ons toe ‘n onvergeetlike dag, ‘n besonderse Kersfees en een van die beste pieknieks wat ons al ooit gehad het.

  • Karina Zeelie

    Kleintyd. Koue vleis. Kombers en kussings. Wat was lekkerder as Ma besluit het vanaand eet ons buite. Ons het die komberse en kussings uitgedra en dan was aandete op die gras. Lekker! Maar die lekkerste was ná die tyd. Dan het ons op ons rûe gelê en Pa het vir ons die sterre uitgewys: Orion, die drie konings, Betelgeuse, Sirius, die hond, die bul, die sewe duiwe …. Ons was klein en die sterre helder in ‘n oop hemelruim. Dalk sien ek dit eendag weer al is ek groot. In die Klein Karoo.

  • Liezel Viljoen

    Die koppie wat uitkyk oor die Gariepdam, net ‘n klipgooi van Ouma se huis. Van my kinderjare onthou ek die kort klim na die piek van die koppie, met Ouma kort op my hakke ten spyte van haar rype 80 jarige ouderdom. Net ek en Ouma. Al wat in ons piekniekmandjie was: aanmaak koeldrank en soet lemoene uit Ouma se tuin. Idillies!

    Verlede Desember besoek ek en my nuwe man die einste piekniekplek op pad na die Kaap. Die trane het gestroom van verlange na oorle Ouma.

    Eendag sal ons kinders, met soete nostalgie, vertel word van Ouma, haar soet lemoene en die koppie wat uitkyk oor die dam…

  • Karin smit

    Die voorstoep van ons plaashuis op Green Valley (rondom 1970) toe ek so sewe jaar oud was. Dit was ‘n Vrydag gedurende skeertyd en die werf was ‘n bedrywigheid van kinders (ek, my broer en sussie en die skeerspan se kinders (wit, bruin en swart). Dit was moeilik vir Aia Martha om die spannetjie in toom te hou en kort voor lank het almal riem gespring. Ouma het tot ons redding gekom met vars gebakte broodrolletjies uit die houtstoof, gemmerbier met ekstra rosyntjies uit die koelkamer, pennietoffies van oom Tommie se plaaswinkel, en die groot bederf van stories vertel.

  • Marcelle Southey

    Om n vakansie te wens sal great wees. ek sal baie graag dit wou wen. Ek bly nie ver van Oudtshoorn af nie, maar ons weet mos hoe werk dit as jy naby n plek woon dan doen jy nie altyd die moeite om daar uit te kom nie. Dankie vir die geleentheid.

  • Griet Meyer

    So tien jaar gelede was ons in die Kaap. Ons het kuier-kuier oral uitgekom Ons Kersete op Z….wacht was n fiasko. Toe land ons op die Spier landgoed.
    Ons kon n piekniekmandjie saamstel per kop en het die heerlikste kase, koue vleise, slaaie, eetgoetetjies en wyne onder die lowergroen bome en lieflike terrasse kon geniet, die beste piekniek van ons lewe!
    Ons het belowe om weer terug te gaan.
    Dis tien jaar later en sou ek nie wat wou gee om weer daar uit te kom nie!
    Dis n lieflike plek.
    So iets geval ons nie elke dag nie.

  • Marieta van Graan

    Al wat in my gedagtes opkom as ek aan piekniek dink, is Ma Grietjie se piekniek mandjie wanneer ons met die trein see toe gereis het. Tot vandag toe kan geen ander piekniek mandjie die EERSTE plek in my hart opneem, wanneer dit by piekniek kom nie.
    Dis koue hoender, vleis balletjies, tamatie kwarte, gekookte eiers, toebroodtjies met die heerlikste vulsels met soveel liefde en sorg berei. Elk in aparte houers en foelie.
    Flesse met tee en koffie.
    Daardie reuke kan mens nie oorvertel of vervang nie! Dit was die dae…xxxxxx

  • Magda Jordaan

    Spitskop

    Ek en my Lief was by ‘n bitter liefdesdriehoek betrokke. Hoe kies jy tussen berge, see of bos? Ons het die letterlike hoogtepunt van hierdie drie by Spitskop in Knysna gekry.

    Ons gunsteling piekniekplek is dus bo-op “Die dak van ons wêreld.”

    Ons pak ‘n piekniekmandjie, -kombers en yskoue vonkelwyn. Op ‘n helder dag sien jy Plettenbergbaai, bos tot in die Tsitsikamma, die Outeniquaberge aan drie kante, die see aan die suidekant, die Knysnakoppe en die meer. Daar is altyd blomme, skoenlappers en onder ons lê die varing/feetjiewoud.

    Wanneer ons huiswaarts keer is ons na siel en liggaam verkwik.

  • Anja

    Dit was ‘n vroee winter in ons huwelik en die huis was meer ‘n oorlog-sone as ‘n voedende tuiste. Elke kamer in die meenthuis kon veldslagstories vertel en ons het probeer om weer fondasies te herbou. Om ons weder-geboude huis te seen, het ek elke kamer met ‘n eie kombers, versierings en piekniekkos gesalf. Wat ek nie self kon maak nie, kon ons plaaslike bakkery mee help: tuisgebakte kaaskoek vir ons kamer, spanakopita met bubbly in die gastekamer, baklava en kerse vir die kombuis. Stadig het die sintuie ons gehelp genees, en ek verwag vandag ons eerste kleinding.

  • Deona Hartman

    Naby die Vaalrivier, omring deur grasvlaktes en graanlande is die natuurwonders Barnardskop en Skuilkrans, nog ongeskonde met ‘n ryke geskiedenis. Hier het ek die lekkerste piekniek ooit gehou. Skuilkrans lê versteek en is oortrek met bome en struike. Die uitsig is ‘n genot. Jy kan ver tuur oor die vlaktes van die platteland en bakens identifiseer. Ek wil vir almal vertel van hierdie juweel, maar dit ook geheim hou. Dis so mooi daar; so anders as die res van die omgewing. Ek het gevoel of ek vir ewig daar wil bly, of die natuur my in sy arms toewoel, veilig gevoel.

  • Dolores Adams

    Sien die wereld in ons uie kontrey

  • Elma Rawlins

    Enige pad Hartenbos toe is doodreg, net solank dit deur Meiringspoort loop. Dit is waar ons ‘n eie tradisie gevestig het saam met ons liefste kinders.Dit is waar ons elke jaar afpak, padkos eet, die nou bekende paadjie na die waterval met ‘n vrolikheid uitklim, handdoek om die skouers, gereed vir daardie verfrissende swem in die waterval se poel. Hierdie tradisie het ook nou ons familie en vriende se tradisie geword.Hartsmense met wie ons hierdie spesiale piekniekplek op verskillende geleenthede gedeel het. Ons "hemel op aarde" plekkie waar ons nooit kan twyfel oor ons Skepper se handewerk nie.

  • Angelique

    Ek is dol oor piekniek hou! Enige plek in die natuur laat my hartsgeluk oorloop. As kind het ek saam met my gesin ons tuis dorp se berg en velde uitgeklim vir n lekker piekniek plek. Soms op n rots langs n waterval, soms n wegsteek plekkie tussen die groen bosse en die prag van kleurryke veldblomme. Jare later saam met my verloofde, het my romatiese hart verlief geraak op Kirstenbosch Botaniese Tuine. Tussen die asemrowende groen weelde, met die agtergrond van die rowe berghange van Tafelberg voel ek deel van die groter skepping. Later as die son sak en n kleurspel in die vroeer blousel blou lug gooi loop my hart oor van dankbaarheid.

  • Neydine Bak

    As beste vriende het ons gereeld n tassie gepak en n skuilplekkie in die Botaniese tuine ontdek waar n bottel rooiwyn en kaasbord ons geselskap gehou het. Toe vroeer die jaar ‘ja’ skree op die Golden Gate brug, was dit van selfsprekend dat ons n wit piekniek met tassies vol lekkernye wil he vir die groot dag. Ons het onmiddelik geweet presies waar ons die sprokietroue wil laat afspeel, by n verafgelee 200 jaar oue popelier woud langs die Caledon rivier in die Oos Vrystaat. Don Don River Mill lodge is op roete S616, n geheime plekkie wat, as jy op n bloulugdag in die omgewing is, nie mag misloop nie.

  • Caroline Marais

    Wat ‘n Fantastiese Prys! Ek is van die Noord-Kaap ons gunsteling Piekniekplek is teen die Oranje Rivier op die plaas. Ek en Hannes geniet die kontras van die Kalahari duine en warm sand met die rustige koel water van die rivier. Niks is so mooi soos ‘n Oranje-Pienk Kalahari-Sonsodergang met iemand spesiaal aan jou sy en die krys van ‘n visarend nie. Soms sien ons hoe Koedoes water drink vanaf die dek. Ons sal dit vreeslik geniet om ‘n wegbreek na een van die Mooiste Natuurwonders te kry. Dis my droom om soveel plekke moontlik in Suid-Afrika te besigtig. Trotse Suid-Afrikaner!

  • n faber

    Hierdie is ‘n awesome prys en ‘n awesome plek. Ons is mal oor piekniek, die plek maak nie altyd vir ons saak nie, maar om saam te kan kuier. Ons bly in die droe Bloemfontein, maar hier is pragtige plekke om by piekniek te hou. Vir my gaan piekniek oor die saamwees, die yskoue bottel wyn, lekker franse brood en dan paar kase. Om op ‘n lappies kombers te le en te kyk na die pragtige blou wolke, om voeltjies te hoor trip, en die gelag van mense. Wat ‘n awesome ervaring, ……’n piekniek

  • Nell-Mari Smit

    Die Nederburg wynlandgoed is my absolute gunsteling piekniekplek. Met die ou Kaaps-Hollandse herehuis, die jare oue reuse bome wat sorg vir oneindige skadu en die asemrowende uitsig oor die wingerde en die berge maak dit die perfekte wegbreek plek. Dis die ideale plek om weg te kom van die gejaag en lawaai van die alledaagse en net weer rustig te raak, die naturr in te neem en binne ‘n paar uur so verfris te voel soos na ‘n week lange vakansie! Verseker my gunsteling peikniekplek in die hele land.

  • Gerda Els

    Tussen Richmond en de Aar kronkel die pad tot by die koppie waar drie generasies jaarliks kom piekniek hou. Die jonges hardloop soos ribokke teen die koppies uit en verken die stroompie wat soms nog gevries is van die winter-koue. Minder energiekes rangskik hulself soos Dassies op warmgebakte klippe met ‘n stroop-soet lemoen wat in die Karoo-stilte geniet word.
    Braaivleis, brood en Karoo-reuke trou en spoedig sit elkeen met ‘n lams-tjoppie en ‘n stokbrood waar heerlike kondensmelk-lekkerte uitdrup. Coenie…jy verstaan die Karoo se hartstaal as jy sing…het jy jou hart verloor, in die Karoo sal jy dit vind…

  • Ada

    Met al my geliefdes (my man en drie pragtige tiener dogters) saam met my by "die dek" op die plaas, dit is my gunsteling piekniek plek. "Die dek" is net ‘n houtvloer met ‘n dak hoog teen die Helderberg en ‘n plaasdam vir die afkoel slag. Uitsig oor die Hottentots-Holand berg wat elke aand ‘n ander kleur verkleur as die son sak oor die see doer vêr onder. Hier teen die skuinste net voor ons is dit wingerd en ‘n bietjie verder ondertoe appel-,peer-en pruimbome. Sir Lowry’s Pass se pad kronkel styl teen die berg uit. Die Liewe Heer het hier al sy kleure groene kom uittoets op al die bome wat ons van hierbo kan sien. Net om stil te raak hier met ‘n visarend wat roep en heerlike piekniekkos voel soos ‘n vakansie voor ‘n woelige nuwe week!!!

  • L Coetzee

    Ek is ‘n enkelma en werk voltyds – etenstyd saans is tyd vir my en 4-jarige dogtertjie om bietjie op te vang en het sy gewoonlik lang stories om my te vertel oor al haar avonture vir die dag. Soos enige kind is buite speel ‘n groot moet en om buite te kan eet is die toppunt van haar dag. So, elke nou en dan pak ons ons piekniek mandjie met groot "fan fare" en dan hou ons piekniek – net daar in ons agter plaas. En nou ons gunsteling piekniek plek. Ons le sommer dan lekker op die kombers op die gras en gesels of jaag mekaar rond – en maak van my gunsteling herinneringe!

  • ILLSE JUTE

    Ons piekniekplek is altyd reg vir ons! Die Mlondozidam in die Krugerwildtuin. Ons gaan al vir die afgelope nege jaar Wildtuin toe en dan kan ons nie wag vir die oggende se uitspan bo-op die koppie wat. uitkyk oor die dam. Die afgelope paar jaar was die dam altyd lekker volwater en dan was daar ‘n fees van diere: van seekoeie tot krokkodille ,wat hulle kanse afwag en groot olifanttroppe wat kom afkoel en water drink. Die tafels is altyd reg en dan is dit net vir tafeldek. Dan kom die groot bederf!! Die Laeveld se vars vrugte en avo"s. Die vars potbrood van gisteraand se braai en die manne wat eiers en spek bak op die gasroosters.

  • Maryn Oosthuizen

    In my gunsteling piekniek plek vloei stroompies aarbei melkskommel, groei room poffertjies wild soos sampioene en hang daar kolwyntjies aan die bome. Feetjies dans op roosblare rond en as jy mooi kyk kan jy sien hoe elfies reenboë verf! Hierdie spesiale plek is my dogtertjies se feetjietuin en ‘n plekkie waar ons "mad hatter" tee partytjies en piekniek hou. So nou en dan word hulle held, en mamma se prins, genooi. ‘n Rooi matjie word uitgerol en met roosblare bestrooi, kristalle word aan linte opgehang en die fynste eetgoed uitgepak. Ons is gelukkig en geseend en klink ‘n glasie rose soos die son ondergaan…

  • Lita Hartman

    Gunsteling piekniekplek: ‘n ent teen Chapmanspiek op -langs die pad aan die see se kant. Hier was my en my lieflingman, Clive, se heel eerste piekniek in ons "vry"-dae. Hy’t van Johannesburg af gevlieg om Valentynsdag te kom vier. Ek het hom opgelaai by Kaapstad Internasionale lughawe met die piekniekmandjie in die bagasiebak. Al wat nodig was (en is), is ‘n kombers, piekniekmandjie met 2 vonkelwynglase (totaal onprakties maar tog so mooi!) Die blou lug, die blou see, die growwe berg, Houtbaai doer onder met al die huise teen die heuwel-dit verskaf die perfekte "doek" vir hierdie hemelse skildery.

  • Lianrie

    Ek bly in die tropiese, bergatige Nelspruit, om die hoek van die Groot Kruger. Maak ek my oë toe sien ek my gunsteling piekniekplek reg voor my..nie hier waar ek nou is nie, maar uit op die kronkel grondpaadjie, deur die lang gras, op ons plaas in BIESIESVLEI. Daar waar ek op die sement dam se rant ‘n kombersie kan uitgooi…die vars lug kan inasem, oor die horison kan kyk na die kerkie op die dorp en KILOMETERS ver kan sien. Tussen die rou grond en blou lug is ek omring deur God se nabyheid…’n gevoel van absolute vrede…die perfekte plek!

  • June Wagner

    Met die sypaaidtjie in ag geneem het ek baie meer spasie en dis nou net hier waar ons piekniek hou. Die ons is ek en my 5 kleindogters, ouderdom wissel van 15 maande tot 5 jaar. Ons beplan nooit ‘n piekniek nie, hy gebeur net. Dis selde dat al 5 my kleinkinders op een slag hier is, maar as dit gebeur gooi ons n kombers uit, n Pappa bring n vars appeltert met room en so begin ons piekniek, bietjie eet, baie speel….., vrot eier, ring a ring a rosie, touches, op julle merke lug julle vlerke vlieg!

  • Wilma Barry

    Jonkershoek in Stellenbosch….dis my piekniek HOEK! Met kombers, kussing en gepakte mandjie wil ek langs die Eersterivier neerplons…….om my laaikas se onthou-jy laaie oop te maak. Hier kon ons as kinders ons voete in die rivierwater druk om versigtig op n droee klip af te ets. Geloftefees by die Jonkershoek terrein…..n samekoms vir almal en ons kinders moes aandagtig na die feesrede luister! Wie kan ooit die Landsdienskampe en die saamsing vergeet, met stemme wat saans teen die berge weerklink! Later kon ek na die Hoek ry……net om die skepping te bewonder. Jonkershoek………jy is my Hoek waar ek wil piekniek hou!

  • Marietha

    Oos Wes Tuis Bes, die beste plek bly maar jou eie nes!!

    Baie maklik word n netjiese sitkamer n geheime fort; die banke word die mure, die kussings die deure, die paar rondle komberse n dak en n donker loerplek. My 5 jarige Joshua hou baie van "bou". En terwyl hy "bou" pak ek die piekniek bordjies. Enige kombers is die piekniek kombers, enige bont kussing die blommetjies. Ons le en lees, ons luister na musiek, wat hy uitkies.

    Ons hou lekker piekniek, onder ons eie dak; … hmm kombers – en hy eet al sy kos op!

  • Nanette de Haas

    In die hartjie van die Tuin Roete bestaan n plek met die naam Heroldsbaai, en by Heroldsbaai se getypoel is daar n rots. Die rots is my gunsteling piekniek plek want dit is waar ek my genesing gevind het, waar ek en my verloofde ons eerste koffie gehad het, waar hy my gevra het om sy meisie te wees met n ongelooflike Valetynsdag Piekniek, en waar hy op sy kniee my gevra het om ons lewe een te maak, op my verjaarsdag met n sonopkoms piekniek. Ek kan my lewe nie indink sonder die piekniek plek nie.

  • Danie

    Die koel suidweste wind vanaf die kus meer as 100 km ver vee die lang arms van die wilgerboom oor die rivierwal waar die klapperbos, renosterbos en vygies saam juig oor die vroeë lentereen. Die fris rivierwater wat losgelaat word uit die graniet van die Swartberge vloei huppelend verby. Ek weet ek is weer terug by my kindertuiste as die kleinkinders jillend deur die kniehoogte lusern agter ‘n muis aan hardloop. Die glimlag wat oor my vrou se gesig versprei gee my vrede oor my gunsteling piekniekplek in die skadus van die Swartberg langs die Smitsrivier in die Klein-Karoo. En dan roep die visarend hoog en skirl en vrede daal op aarde neer.

  • Roelf

    Pas getroud en in ons nuwe huis ingetrek, Die tuin is nog pure bosveld en probeer hard om tuin te maak en die beeste uit tehou. ‘n Lieflike lente Sondag besluit ons om na ons studente piekniek plek tegaan. Nkwe was nog ongerep en spartaans, waterval, blou poel waarin baljaar word. Gras plek plek kort waar ek ‘n kombers gooi. Sy le op haar rug die klein boepie sigbaar. Natuur is ongerep, voel gesang, plas van water rustig en ek voel trots op haar. Sy is mooi en verwag my kind. Ons was arm tog ryk aan herrineringe. Nkwe is steeds nostalgies.

  • Madale Venter

    Omvou deur vrye vlaktes en bosbome, sommer so op die watergat wal, verras hy my met ‘n middernag piekniek-fees!
    Borsbrand vars lug bederf my dorpslonge, die melkweg skare knipoog vir die feestelikheid en die bos-orkes speel ons deuntjie.
    Sterk silhoeëtte verklap ou bome se wysheid en jong bossies wat nog rigting kies. Eenvoudige terraslyne beklemtoon ‘n alomteenwoordige Vrede.
    Ek gryp elke mooiigheid, van die nag-uil se liefdesroep, tot die ooweldigende diamantkaros wat oor ons lê en bêre dit in my hart…
    ‘n Kriekie fluit, die vonkelwyn "pop" en dan…"Trou met my!"
    O, bosplaas-piekniekplek- verewig in my ring geëts!

  • Karin Swanepoel

    My gunsteling piekniek is ons tuin in Glenvista, waar ek my siel, gees en my God vind. Tussen hierdie rotse het my man en ek gedroom oor ‘n toekoms.Die rotse is getuienis van trane van hartseer en blydskap. Ons tweeling het hier ure lank gespeel as Batman en die Prinses. Ons kan hier gemaklik piekniek hou, braai, is omring deur bome, dassies, 2 skilpaaie, 5 honde, ‘n kat en voëls. Die Hadeda broei hier vir die eerste keer in 23 jaar reg bo die Kuifkophoutkapper. Ons tuin is ons veilige hawe, waar ons kan piekniek hou en na mekaar luister!

  • Mara

    Daar is net n paar sleutelwoorde waarmee ek my gunsteling piekniekplek kan beskryf – rusdtigheid, die natuur diere en goeie geselskap. Dit en veel meer ervaar ek by Maphumula ruskamp in die Hluhluwe Wildtuin. Onder die groot Waterbessie en Wildevyebome pak ons af. Soms sal ons n vuurtjie aansteek en braai ander kere het ons n mandjie koue kos en yskoue drinkgoed. Enigiets is mos net lekkerder in die buitelug. Eenvoud is genoeg. Dit laat my weereens besef hoe nietig ek is in hierdie oneindige kosmos. Ek is dankbaar dat ek die voorreg het om so n piekniek te kan hou.

  • Este Koorts

    Vroeg-oggend (05:15) op die houttrappies teen ‘n duin tussen Ponta do Ouro en Ponta Malongane naby Kosibaai. Die wit strand is verlate. Swart koffie, pao met kaas en ‘n dieprooi son wat uit die water teen die hemel opkruip. Walvisse se baldadige vinne sleep deur die water en ‘n skool dolfyne flits deur ‘n brekende golf. Bootjies kruip nader vir die daaglikse ontmoeting tussen mens en vis. Ons het hier ook al die wonder beleef van baba-skilpadjies wat hul weg tot by die water vind. ‘n Ervaring en ‘n omgewing wat my klein maak voor onse Skepper.

  • Anita de Jager

    As ek mensmoeg raak, druk ek graag my motor se snoet in die rigting van die Klein Karoo. Ek soek ‘n plek waar ek veilig en gekoester voel. ‘n Plek met water, son, sand en klip wat my in harmonie met die natuur bring. Kombineer dit met ‘n yskoue witwyntjie, vingerlekker gourmet eetgoetertjies en my lyf rus en my siel sing. Die weelde van ‘n lyfbederfie is ook op my agenda vir die ideale piekniekplek. En met die man van my hart, luier ek graag in die skaduwee van die Swartberge, waar Towerkop se magiese kragte die tamheid wegtoor. (99)

  • Lesna Saayman

    Die Botaniese tuin in Nelspruit Mpumlanga is my gunsteling piekniek plek. Dit is so stil en rustig daar met die skone natuurskoon rondom ons. So entjie dieper in die tuin in is die mooiste waterval.
    Jy kan jou kombersie soontoe vat en rustig op jou rug lê en die blou lug bekyk of boek lê en lees of sommer net tyd saam met jou geliefdes spandeer.
    ‘n Mens voel so naby aan God as jy daar is.

  • Louise

    Van klein dogtertjie ouderdom al was piekniek hou een van my gunsteling aktiwiteite. Ek het my kossies met groot moeite ingepak en op die damwal op my ouers se plaas buite Robertson gaan sit en piekniek hou. Daar was en is vandag nog steeds `n vreemde gevoel van vrede en kalmte wat net daar oor my kan kom. Dit is defnitief hoe ek my "happy place" indink op `n moeilike dag.

  • Karin Behrens

    Ons (saam met my man) gunsteling piekniekplek sal ongetwyfeld Kirstenbosch wees. Dit is een van die mooiste plekke in die wêreld. Omring deur pragtige plantegroei in die Boland sal ek ‘n stil plekkie uitsoek. Die piekniekmandjie sal gevul wees met heerlike lekkernye: koue vleis, vars brode en natuurlik van die Boland se heelike wyn.

  • Elsie de Beer

    Ek is nou ses maande getroud, my man werk elke tweede naweek. My idee van ‘n lekker piekniek is om al die lekkerste eetgoed, soos cambert kaas, olywe, sout koekies, mossels, gras uie met my eie gemaakte mayonaise op ‘n groot bord te rangskik en vir my man te vat as hy op ‘n Saterdag middag die rugby kyk. Hy is veels te besig om rustig na die natuur te gaan en bietjie te ontspan, maar as ek die naweek wen sal my maar gedwonge moet saamgaan.

  • Liza Burger

    My gunsteling piekniekplek is onder ‘n koelteboom, naby die see, rivier, dam of meer. Buite in die natuur met die voëls wat sing en die wind wat deur die boom se blare fluister, wat kan dan nou rustiger en meer ontspanne wees?

  • Anna-Mart Beytell

    Ons gunsteling piekniekplek sal die berge wees. 9 1/2 jaar terug het my ongelooflike man, Michael my gevra om te trou op die magaliesberg. In die amper 10 jaar het ons baie ups and downs beleef en wens ek kan my man bietjie bederf met so onvergeetlike naweek!

  • Joan Wiggett

    My "Piekniekplek" bestaan nie meer nie!! Ek dink nou nog terug met ‘n hart vol heimwee. Ek het besluit om vir julle te skryf en so ook finaal afskeid van my piekniek plekkie te neem. Ek was die laatlammetjie van die gesin, met broers en suster wat reeds uit die huis is moes my Ouers ‘n manier vind om my te vermaak. So was dit dan ‘n instelling om die laaste Saterdag van die maand inry toe te gaan, met Moeder se bruin riempies mandjie vol lekkernye, ‘n kombers was voor die motor oopgegooi en daar het ek, Ma en Pa dan gesit en piekniek hou terwyl ons fliek kyk. Ek wens so ek kon dit met my kinders doen, want dit was so "Special".

  • Johan Eksteen

    Praat van warm piekniek?
    Sondagmiddae gaan ons na Boegoeberg se Dam na by Groblershoop. Jy vat jou sonsambreel.Jy vat Oranjerivier se wyn van die streek. Daai mense eet nie tjops nie – hulle braai hompe vleis. Jou tuinstoel en tuintafel word om die sonsambreel in die dam gesit. Die wyn dryf in pluk kisste. Ys hou NIE in daai warm wereld nie.Jy val agteroor in die DAM as dit TE warm word, maar die water is ook louwarm. Dan gaan ski ons maar verder. Jy slaap / sit onder ‘n skadunet en vang barbers en karpe en vergeet van alles. Wat ‘n lekker lewe !

  • Mariska Ipland

    Die Jonkershoek-vallei buite Stellenbosch is ongetwyfeld die mooiste plekkie op aarde, maar min mense is bewus van die klein geheimpie weggesteek net voor die ingang, Assegaaibosch. Assegaaibosch is beslis ‘n juweel wat in al die seisoene van die Kaap beeldskoon bly. Dit is hier waar my man my op sy knie langs die Eerste Rivier gevra het om sy ewige stap- en piekniek maatjie te word. Dit is hier waar ons na hartelus ontspan na ‘n lang week op kantoor met ‘n mandjie vol gunstelinge, omring deur die natuurskoon, goggas en voeltjies terwyl ons, ons lugkastele bou.

  • Melissa Thiart

    My gunsteling piekniek plek is reg voor in my ouers se erf op die gras waar my man van sewe jaar vir my een aand met een van ons toe kys herdenkings ‘n lekker piekniek by kerslig gedek het 12:00 die aand op ‘n kombers met kersies en al en tot "Italian Kisses" vir nagereg. Net die idee van wat hy alles moes aan dink en onthou om te bring was al klaar ‘n voorreg want al my gunstelinge was daar! Dit was voorwaar ‘n geleentheid wat ek vir altyd diep in my hart sal bere…

  • Dullin De Koker

    My naam is Dullin De Koker en my Vrou is Ann De Koker, ons is nou 23 jaar getroud en is dol verlief en nog baie baie gelukkig getroud, ons lekkerste piek niek ooit is die een op ons groen grasperk in die middel van ons tuin met lekker kosies wat my engel vrou vi my speciaal gemaak het lekker wyn en kerslig…. nou iemand seker dink hoe vervelig hoe banaal, en hoe voorspelbaar en voorstedelik, dit was stunning, maar weet jy ons het n harde pad in ons lewe gestap ons het nooit geld gehad om iets eksoties en fancy te doen nie maar met dit wat ons gehad het was dit die beste en die mooiste prentjie ooit, ons was nog nooit in die kongo grote of karoo nie weet nie eers hoe ry mens soontoe nie, Ons het die vooreg gehad om eenkeer in ons lewe met vakansie te kon gaan Ovango toe in die jaar 1999 en was nog nooit weer met vakansie nie,Dit sal soos n groot bederf voel as ons die prys kan wen, Dankie aan Tante Sarie en al die borge en die mense wat dit moontlik kan maak ,vir mense wat die geleentheid gaan aangryp en so gaan geniet Julle is Kosbaar en waardevol vir ons.

  • Yolande Strauss

    Toe my seuntjie sewe jaar terug gebore is, het ek ‘n pienk piekniek kombers gekoop. Een kant materiaal, een kant seil. Hy vou lekker klein op en pas maklik in ‘n strandsak of rugsak. Hy word nooit uit die kar gehaal, behalwe waneer hy gebruik word nie. So my gunsteling piekniek plek is by verre my pienk kombers- hetsy op ‘n strand, iewers langs die pad op ‘n boer se plaas of sommer so in die agtererf as ons na die sterre kyk. Met of sonder piekniek-smulgoedjies bly hy altyd die perfekte piekniek plekkie. Soms bepland en soms sommer so impromptu!

  • Irma Loots

    MY GUNSTELING PIEKNIEKPLEK
    Nag groet dag in die vroeë oggendstilte gekleur deur sagte lug met viooltjieblou wolke, vasgevang deur dartelende oranje-rooi skynsels daaromheen. Ek sit plat op die grond , in ‘n oop ruimte in die koel skadu van ‘n Witgatboom wat groots en afgeëts staan teen ‘ n see van Doppiepruimbome…
    Digby is ‘n klipbesaaide koppie en reg voor my n karoo-tafel – gedek net vir my! My oog streel oor die ruwe skoonheid en prag van aalwyn, spekboom, wilde bossies en gras ,houtstompies, karoo-viooltjie en kleurryke klip .
    Teen die agtergrondmusiek van lang-gras-geritsel en die getjirp van ‘ n mossie in ‘n Noem-noempie hier neffens my, begin my rugsakpiekniek. “ HEMEL OP AARDE!” sê ek vir jou…hier in die dorre omgewing van Steytlerville, digby die Baviaans en die Grootrivier

  • Helmien Coetzee

    Na 23 jaar saam, 3 kinders en menige "egskeidings" dink ek die sal ‘n lekker wegbreek wees vir my en my man. Dink ons het laas alleen piekniek gehou onder die perske boom in sy ouers se tuin met ons verlowing. Ons bly in die omgewing, maar juis dan doen mens nie moeite om al die mooi plekke in die omgewing te besoek nie. Die geld is ook nie altyd daar nie en die kinders hou mens besig met hulle aktiwiteite. Ons huweliks herdenking is die 27ste Januarie, so die prys sal ons soos ‘n handskoen pas. Maar weet julle wat? As ons die prys wen, sal dit ‘n gesins wegbreek wees en dit sal vir my net so lekker wees, ek en manlief het mos ons eie kamer!!!!!!

  • Mariska Ipland

    Die Jonkershoek-vallei buite Stellenbosch is ongetwyfeld die mooiste plekkie op aarde, maar min mense is bewus van die klein geheimpie weggesteek net voor die ingang, Assegaaibosch. Assegaaibosch is beslis ‘n juweel wat in al die seisoene van die Kaap beeldskoon bly. Dit is hier waar my man my op sy knie langs die Eerste Rivier gevra het om sy ewige stap- en piekniek maatjie te word. Dit is hier waar ons na hartelus ontspan na ‘n lang week op kantoor met ‘n mandjie vol gunstelinge, omring deur die natuurskoon, goggas en voeltjies terwyl ons, ons lugkastele bou.

  • Christel Swanepoel

    My heel gunsteling piekniekplek moet ek met julle almal deel en ek weet so baie van julle sal saam my stem, dit is die Mac-Mac Pools naby Sabie in die Oos-Transvaal. Dit is nou wat jy natuurskoon kan noem,dit is absoluut pragtig daar,daar is so veel mooi watervalle,die gedruis van die watervalle is so rustig,geen karre wat raas,net die water wat jy hoor.Daar is orals wandel paaie wat jy kan volg en elkeen kom uit by n waterval,die water is silwerskoon en skitter in die son.Orals is kinders en honde wat baljaar en speel in die water wat val onder die watervalle,hulle geniet dit so,hulle maak jou eintlik lus om saam in die silwerskoon water in te spring.Daar kan jy ure ontspan en net die natuurskoon bewonder en vergeet van alles en almal en vir daai een dag weg betower wees in n sprokies plek.

  • Madeleine Rootman

    Afgeets teen die blou lug sit die berge en wingerde asof op ‘n doek geverf. Ek self sou die plek nie beter kon beskryf as die plek se naam “Postcard cafe” nie. Net buite Stellenbosch tussen die Jonkershoekberge lê hierdie skat. Hier rus siel, gees en liggaam en wat meer as dit het jy in jou piekniekmandjie nodig? Dalk ‘n paar vars aarbeie en ‘n glasie vonkelwyn om die mooi van die lewe te vier. Pak jou mandjie en kom ervaar dit self…jy sal nie spyt wees nie.

  • Bianca Lombaard

    My gunsteling piekniek-

    Kaalvoet, natuurlik, ek is mal daaroor om kaalvoet te loop en alles rondom die plek laat my dink aan ons onverskullige studentedae.
    Die dae toe ek nog (met jou) geflirt het….
    Die son wat die ooste in n diep oranje verf waar ons baie tyd op die hande het!
    My gunsteling piekniekplek is op ons plaas in die mielieland, kaalvoet, omring met die groen van die natuur en die beeldskone atmosfeer daarin. Ons mandjie gepak met ons gunsteling "woolworths" happies in die mielieland met n kombersie gegooi tussen die rye harde werk en sweet . Die mielieland is my gunsteling plekkie saam my geliefde omdat ek op n plaas grootgeword en ek weet wat dit behels om ‘n land so mooi en groen te he!

  • Claire Meyer

    Dis 1960; ek, ‘n onervare ‘soutie’ het pas van Engeland in Suid-Afrika aangeland vir n vakansie van 6 maande. n Jong Afrikaner wat ek op die Posboot, die Pretoria Castle, ontmoet het, nooi my vir ‘n piekniek by die Fonteine in Pretoria. Ek moet van die nodige bestanddele vir die braaivleis voorsien.
    Helaas het ek min idee wat ‘n braaivleis behels en bring nie enige tamaties saam nie. Dis skynbaar ‘n ramp van die eerste water! Desnieteenstaande die gebrek aan tamaties vorder die verhouding goed en twee kinders en twee kleinkinders later het ons vanjaar ons Goue Bruilof gevier!

  • Hettie

    Ek het nog nooit ‘n piekniek gehad nie! Nie as kind of volwassene nie maar dit kan net lekker wees. Enige mooi plek en selfs in die maanlig langs ‘n stroompie. Goeie kos en geselskap sal dit net mooi afrond.

  • Anke

    Ons gunsteling piekniek plek is in mekaar se harte. Dis al waar ek wil wees. Dis waar ek veilig en geliefd voel. Ons het bietjie meer as ‘n jaar gelede verloof geraak in die pragtige Klein Karoo. Oor die Stompdriftdam by Oudtshoorn. Ons hou albei van die natuur, staproetes in die berge, kamp onder die sterre en om dit wat die Here geskep het te geniet! Daar word altyd piekniek kos gepak wanneer ons op een van ons gereelde motorfiets ritte gaan na klein dorpies en natuurwonders in die omgewing. Oudtshoorn is die plek waarheen ons altyd sal wil terugkeer.

  • Rudolf

    Ons gunsteling piekniek plek is in mekaar se harte. Dis waar ek wil wees. Vertroue is soos die kombersie waarop ons sit, sodat skerp takkies nie ons boude steek nie. Respek is die lekker sappige toebroodjies, soos die grondboontjiebotter broodjies wat regverdig opgedeel word. Kommunikasie is die yskoue koeldrank wat ons drink; al is dit soms flou aangemaak, bly dit die lekkerste ooit. Liefde is seker die belangrikste van alles; soos die omgewing waarin ons sit, wat die perfekte atmosfeer skep. Sonder een van hierdie aspekte is dit nie n ware piekniek nie.

  • Anke

    Ons het bietjie meer as ‘n jaar gelede verloof geraak in die pragtige Klein Karoo in ‘n vliegtuig oor die Stompdriftdam naby Oudtshoorn. Ons hou albei van die natuur, staproetes in die berge, kamp onder die sterre en om dit wat die Here geskep het te geniet! Daar word altyd die lekkerste piekniek kos gepak wanneer ons op een van ons gereelde motorfiets ritte gaan na klein dorpies en natuurwonders in die omgewing. Oudtshoorn is die plek waarheen ons altyd sal wil terug keer om die goeie herinneringe van die dag wat ek “Ja” gesê het, te herleef.

  • ELAINE LANDMAN

    Nie te ver vanwaar ons bly is hierdie ongerepte natuurskoon, HOLNEK, met sy donker groen farings, berge wat jou toevou by die watervalle en die mooiste uitsig oor God se skepping.
    Dis n valley waar jy baie het om te doen as jy die avontuurlustige persoon is of selfs net vir die romanse en waardeering van stilte. Die wilde diere wat op n afstand verby jou stap en rustig wei. Dit is n natuurbewaarings gebied .met sy majestueuse berge wat jou die innelike vrede laat voel. Uitkyk punte van hierdie landskap is asemrowend, elke asemteug is skoon lug waar jy weet jy is nou deel van n paradys of iets ervaar van die tuin van Eden. Verleiding van hierdie buitelug is om bewus te wees van jou eie hartklop. Dit is die stukkie op aarde wat vir my spesiaal is.

  • Natalie Vos

    Ek het dit nog nie oorleef nie maar ek dink n picnic by Swartberg COuntry Manor op Oudtshoorn net nadat ons Klein Karoo in die Kango Grotte gekyk het, sal nommer een wees bo alle ander piekniek plekke (Ons mag droom ne)

  • Carlene Notley

    Ek luister na die kalmerende klank van die rivier, die vrolike gesing van ‘n voëltjie êrens.
    Die sagte hitte streel oor my en ek ruik die soet reuk van die karoo.
    Dis dae soos dié waarvan ek net bly droom.
    Ek gly versigtig van die klipbank in die koel poel water, die waterval kan maar wag vir die meer braaf vandag.
    Terwyl ek drink aan my yskoue sap, drink ek hierdie vrede in, wat hierdie plek my laat voel.
    Weggesteek tussen heuwels, op my kinderdae-plaas, lê my gunsteling piekniek plek, ons Bruinrand.

  • Ingemari Loots

    Mens wil soms by ’n plek piekniek hou wat jou sal laat voel asof jy, vir daardie oomblik, in die Hemel is! Hierdie Hemelse-piekniekplek is geen ander plek as Rustenberg-wynplaas in die Kaap nie. Dis presies hier waar ek uitgevra is en waar alles wat jy eet & drink soos Hemel proe! Dis ‘n plek waar jou siel volkome kan asemhaal en jy so naby aan die natuur, en aan ‘n geliefde, voel dat jy amper oortuig is dat jy in die middel van ‘n droom leef! As jy die perfekte piekniekplek, kos, sjampanje & jou sielsgenoot naby het, hou dan piekniek! ?

  • Charlotte Pretorius

    My beste piekniek is by Meiringspoort – die mooiste plekkie onder die son. Ons stop altyd daar oppad see toe – eers gaan verken ons die waterval en my kinders het altyd toe hulle klein was, in die klein poeletjies baljaar. Niks verfris ‘n mens soos die koel lug by die waterval nie en dit voel regtig of die tyd stilstaan as jy daarbo is. Dan stap ons stadig terug motor toe, ek kry die piekniekmandjie met frikkadelle, gekookte eiers, toebroodjies en hoenderboudjies – en ons gaan sit by een van die piekniekplekkies daar onder en eet heerlik aan ons oudtydse piekniekkos! Daarna word alles weer opgepak en dan is dit die laaste deel van die lang reis see toe. Elke jaar bly ‘n stukkie van my hart se punt in Meiringspoort agter – vir my ‘n stukkie hemel hier op aarde.

  • Hendriena Meyer

    Piekniek

    Ons is jonk en ons klim met ons toekoms in ons harte af in Harrismith,
    ‘n Klein dorpie, groot strate en mense met groot harte.
    Ons nooi familie en vriende, kom kuier, kom kuier en ons mense kom en ons ry na die voet van Platberg tot by “Die Akkerbos”
    Met die stilhou wou ek vra “sien julle dit en voel julle dit?” Ons pak uit op n wit doek en word omvou met God se stilte onder die koeltes van die akkerbome . En dan sien ons in hulle oe, hulle verstaan, van ons piekniekplek in ons akkerbos.
    “Akkerbos, my Akkerbos!”

  • Ria

    Ek lees almal se piekniek herinneringe en verlang na ons eie pieknieke van lank, lank gelede. Op 22 Desember is ons 50 jaar getroud en agter ons is vier kinders en ses kleinkinders. Ons piekniekplek: Ons bed, eers net die twee van ons met koffie en beskuit, toe ‘n baba met sy eie bottel by en so het dit meer geword met die huisdiere ook by. Die bed het ook groter geword. Met die uittrek van die kinders soos hulle trou en die kleinkinders se geboortes het die kuiers soveel meer spesiaal geword met die bedpieknieks. My oudste seun is oorlede en skielik was daar twee minder. Die kleinkinders het groters geword en nou nie gedink ‘n bedpiekniek is meer so "cool" nie. Die begin van die jaar het my man gedroom: die drie dogters, hul manne en ses kleinkinders by die huis vir ‘n groot piekniek onder die lapa. Maar ons Vader in die Hemel het anders beskik. Ons oudste dogter is oorlede aan Motor Neuron sindroom en die ander twee beplan hul eie feeste weens vervoerkoste. Ons gaan stoksielalleen piekniek op ons Lapa!

  • Rialda Jacobs

    Eni, was haar naam. Die vrou wat ‘n lang dag se kinderoppas in ‘n oomblik kon omskem in ons drie meisiekinders se piekniek avontuur. Met ‘n swart en wit tiervelmotiefkombers, plastiese skoolkosblik botteltjies vol yskoue "hasiemelk" en katjie-botter en stroop toebroodjies, kon sy die pruimboom, skaars tien tree buite ons kombuisdeur in ons eie idilliese private "picnic spot" omskep. Dit het natuurlik baie gehelp dat ons in een van die mooiste dorpies, Graskop, gebly het, want daar op ons grasperk was ons omring deur vrede en rustigheid. Dankie Eni, dat jy ons plot daar op Blyde in sulke blye kinderherrineringe kon vasvang.

  • Marlise Stofberg

    Maak toe jou oë en gee elke sintuig in jou liggaam vrye teuels. Die sang van voëls wat klink of hul ‘n skare is by ‘n altetiek byeenkoms en juig en jubel om die hoogste toon te bereik. Die geluid van kabbelende water reg langs jou, jy kan dit so te se voel as jy net jou hand uitsteek. Die gevoel van graskombers onder jou tone en die reuk van……vars, so vars jy proe dit in jou mond. Jy maak jou oë oop en kyk op in die hoë berg wat jou asem wegslaan. My gunsteling piekniekplek, Trout Haven, Rawsonville.

  • Anel Kriel

    Hier vind ek rus en vrede.
    Hier voel ek tuis.
    Hier hoor ek my twee dogterjies gigelend om my speel.
    "nog tee mevrou en wat van n toebroodjie daarby"
    Hier is herinneringe van lag en saamwees, van lekker eet en feesvier.
    In die buitelug so tevrede onder die boom in my tuin.
    Ek dink as jy my piekniek plekkie probeer, mag jy ook dalk daarvan hou, maar dis meer as net die kos en wyn wat ek jou gee, wat so n plekkie die moeite werd maak.
    Dis tog meer oor die mense wat saam jou , jou piekniek plekkie deel.

  • DORETTE GOWER

    My gunsteling piekniek was op Champmanspiek se piekniek plekkie! Dit was darem jem vir so n Transvaalse bekkie! Daar was regtig n goeie fee want ons het gehad die see en die berg wat die gemoed so kan terg! Die dag was volmaak, die son was uit – die wolke was blou en ons was flou …. van staar na die hemelse gebaar! Dit was voorwaar spesiaal, ek en my man alleen. Ons was in piekniekklere getooi vir die asemrowende mooi. Daar was brood en kaas, biltong en wyn, die vrolikste piekniekkombers, selfs n liefdesvers van my lieflingman. Dit was voorwaar n FEES, vir die hart en die GEES.

  • Madelyn

    Cullinan is ongetwyfeld ons gunsteling. Daar verloor jy jouself in die verlede. Mens loop deur outydse huise wat omskep is in winkeltjies en koffiewinkels, agterplase vol emalje kombuisware en dan hou mens rustig piekniek onder die bome met heerlike kaas, konfyt en tuisgebak. Dit is ‘n troosprys vir ons Transvalers wat wens ons kan ook tussen die berge en groen valleie ontspan. Ons is baie lief vir die mooie Kaap en sal dit baie geniet om ons piekniek ‘spot’ vir ‘n slag uit te ruil vir die wonderlike Kaap.

  • Chantelle Labuschagne

    Dit is al skemer wanneer dit voel of realiteit my tref, ek besef dit is weer tyd op op te pak. Die dag langs die plaasdam flits soos `n ou film deur my gedagtes…die kaalvoet kleilat gooi, die veldblomme al te mooi, die toebroodjies, fles koffie en gebrande wange, bloedrooi.
    Hier op die plaasdam se wal, grasgroen en so vars voel ek weer mens. Terwyl die wilde eende vir die laaste keer op die water dans en die son oor die horison verdwyn voel ek op my gelukkigste, en besef en ek net weer, eintlik is ek maar piepklein.

  • Lucy

    Die groot ou wilgerboom op die wal maak heerlike skaduwee. ‘n Paar meter ondertoe vloei die stroompie oor die rivierklippies wat deur die eeue heen almal ‘n ronde vorm aangeneem het. ‘n Tou is aan een van die wilgerboom se groot takke vasgemaak. Mens kan aan die tou swaai tot aan die anderkant van die wal. Opwinding borrel in jou as jy op die ander wal land.
    Oorkant die wal styg die rots van die koppie tussen die bome op.
    Die getjirp van die voeltjies is jou geselskap terwyl jy heerlik op jou kombers in die stille briesie van die wilgerboom rus en die gekabbel van die water in die stroompie dra by tot ‘n hemelse rustigheid.

  • Chantelle Labuschagne

    Dit is al skemer wanneer dit voel of realiteit my tref. Ek besef dit is weer tyd om op te pak. Die dag langs die plaasdam flits soos `n ou film deur my gedagtes…die kaalvoet kleilat gooi, die veldblomme al te mooi, die toebroodjies, fles koffie en gebrande wange, bloedrooi. Hier op die plaasdam se wal, grasgroen en so vars voel ek weer mens. Terwyl die wilde eende vir die laaste keer op die water dans en die son oor die horison verdwyn voel ek op my gelukkigste, en besef ek net weer, eintlik is ek maar piepklein.

  • Chriselle Storm

    Ons gunsteling piekniek plek is en sal altyd ons sitkamer vloer wees. Ek weet nie regtig hoe dit begin het nie, maar ons het een aand net besluit, ons gooi ‘n kombers op die vloer en peusel. Ons is albei op ons gemak in ons eie huis, niemand wat staar nie, net ek en hy. Oor ons so besige lewe het, is dit al wanneer ons net kan gesels, nie oor werk nie, nie oor familie nie, net gewone gesels. Dis goedkoop, ons kan dit enige tyd van die dag of nag doen en dis eksklusief- net vir ons tweetjies.

  • Tharine Louw

    My pa het een van sy skaap kampe na ons piekniek plek vernoem – Piekniekkop was òns kinders se heiligdom. Ons moes self hout soek vir die worsbraai en natuurlik riete vir ons gunsteling- stokbrood. Hier het ons ook ons eie "survivor" kamp gehou, geleer kleilat gooi, en kon sommer net kind wees.
    My pa het ons altyd met die trekker en wa geneem omdat my ma te bang was vir die "gifgoed". Knetterende vuurtjie, spookstories met gepaardgaande veldgeluide, die pragtigste karoonag sterre .
    Kosbare gesinstye, met hope pret. Piekniekkop -so ‘n spesiale plek wat deel gevorm het van my gelukkige kinderjare.

  • Marijke Rossouw

    "Klein Joostenberg" My verloofde het n piekniek gereel om ouers te vra. My verloofde is Italiaans / engels en my pa so eg boere oomie as wat jy kan kry natuurlik vreeslik lief vir praat, en my verloofde is weer iemand baie rustig stil en geduldig. Dit was omtrent n lang piekniek om my pa sover te kry om n slag stil te bly sodat my verloofde die kans kon kry om ouers te vra. Dit het op die ou einde n paar GROOT bruin oe van my af gekos om vir hom te wys VAT JOU KANS NOU :-)

  • Linda Engelbrecht

    Vir ons huweliksherdenking het ek my man bederf met n heerlike piekniek langs die Vaalrivier by Elgro River Lodge! Ons het ongelooflike spa behandelings gehad op die rivieroewer, hemelse rustigheid beleef, betowerende voelgesang in ons ore gehad en aan n piekniekmandjie gesmul wat moeilik geewenaar gaan word. Op n sagte kombers, met n glasie sjampanje in die hand, het ons op ons jarelange liefde gedrink! n Volstruis het in die agtergrond verby geloop asof ons nie bestaan nie en kort-kort was daar die geplons van n vis wat spring. Die visarend het dit vervolmaak met sy geroep! Wat wel gekort het was n bottel Kaapse wyn met die ongelooflike uitsig op die Kaapse valleie!!!!!!!!!!!!

  • Suzanne Storbeck

    Daar was die een of twee romantiese pieknieks saam met ‘n kêrel. Romanties, soos vir ‘n tiener: ‘n kombers, ‘n mandjie, die regte soort piekniekkosse en die beste piekniekplek.
    Maar die mees onvergeetlike piekniek was nooit beplan as die perfekte piekniek.
    Op my Oumagrootjie se plaas, langs die rivier, in die lang grasse het ek en my nefies ons ‘wegloopsakkies’ uitgepak: ‘left overs’ en ‘n pakkie koekies, want die grootmense wou ons darem bietjie bederf. So sak ek weg in ‘n pol lang gras. Ek is so klein en die gras so lank en sterk, dat dit my vang en ek my piekniek in die lug geniet. Om weer daaraan te dink laat my vreeslik verlang na my sorgelose, effens wilde, kinderdae.

  • Ananda van der Walt

    Dis skemer in die Karoo, op die plaas Geduldsfontein, iewers tussen Venterstad en Steynsburg (daar waar niemand weet waar dit is nie). “Colesberg-, Cradock-omgewing” sê my liewe man altyd, sodat mense darem ? vae idee het. Min piekniekplekke is so mooi soos hierdie kliprantjie. Hier waar manlief langs die grensdraad, in ? ligte reënbui met sy blik op die enkele breë sonstraal deur die wolke op die vlakte voor hom, sy roeping ontvang het. Die roeping wat ons lewenskoers verander het. Hier praat die Here dat jy Hom nog kan hoor; waar jy hoor met jou oë en jou Karoo-hart.

  • Petro Swanepoel

    Spesiaal was dié assosiasie van ons Goudvelders met ons landelike familie in die Oos-Vrystaat.
    Die hoogtepunt was as ons die pad eindjaar vat na die koel bergwêreld en ons besondere populierbos waar ons nuwejaarspiekniek gehou het.
    Onbevange kon ons jongklomp teen die skuinstes speel – opwindend as die "kop" die "lyf" slingerend verby die waaierende kalkoene bergaf sleep.
    Die gras lê afgemaai in geurige stroke wat die weg baan na die bergpoel tussen mosbevlekte rotse. Die grys Bulldog Lanz sleep die watertenk aan, die waatlemoene en sakke stronke. Die vrolike Roos-ooms braai, growwe mieliepap stoom in die swart pot. Blikke soetgoed uitnodigend.

  • Lize

    Tussen Bredasdorp en Napier. Niks “fancy” nie..sommer net ‘n sirkel sementblok tafel, vier rooi stoeltjies en‘n boom…ons boom.. reg langs die pad.

    Dis die herinnering van ons eerste Struisbaai vakansie saam. Daar waar ons die eerste keer gepiekniek het met ‘n fles koffie en twee skaapboud- en- tamatie toebies in foelie toegedraai.

    Tussen die singende sonbesies en ‘n trok wat verlangs raas is ons net daar “gekys”.

    Voel soos gister..maar dis tien jaar later en steeds piekniek ons jaar na jaar tussen Bredasdorp en Napier onder ons boom… reg langs die pad.

  • Estelle van Tonder

    My gunsteling piekniek: Ek en my man, geen ander mense in sig. Laataand, op die strand, onder die uitspansel van God se sterrreprag. Die musiek in die agtergrond is die geraas van die see.

  • Stina Steen

    Die "Akkerbos" op ‘n wingerplaas in Villiersdorpomgewing. Oupa en ouma en al 11 hulle kinders, skoonkinders en baie kleinkinders Die piekniekmandjies met al hulle heerlike geheimenisse staan in die koelte. Eenkant hang die "safe" om koel te hou wat koel gehou moet word. Die waatlemoene en spanspekke word in die stroom koud gehou. Mandjies vol perskes, appelkose en pruime wag vir gretige eters. Ouma lees vir ons uit die Bybel en oupa bid. Daarna kan niggies en nefies en maatjies jil van plesier om weereens net te speel en te speel. Nou ry ons daar verby met heimwee en kyk met nostalgie na die fotos van lank, lank gelee.

  • Simone

    Soveel om van te kies! Tog dink ek ‘n gunsteling piekniekplek word hoofsaaklik bepaal deur die seisoen van die jaar en die seisoen in jou lewe. Ek het klein kindertjies en daarom het ons saam besluit op die Kleinrivier-kaasplasie buite Stanford.
    Hier is klomp plaasdiere om te voer en die lekkerste speelplek. As jy onvoorbereid daar aankom, kan jy jou piekniekmandjie daar kry. Ons hou gewoonlik ons piekniek in die boomhuisie en dis vir ons die hoogtepunt van die dag. Ons gaan gereeld in die somer.
    Ons voer nie net die diere nie; ons het al vir hulle lief geraak!

  • ADRIAAN

    My besliste gunsteling, Paul Cluver se oopelug teater.
    Wat dit opwindend maak, is as mens aan piekniek dink, is die idee daarvan meestal dag, maar hier gaan sit jy so teen skemer en dan wanneer almal ‘n bietjie hul piekniek geniet het, kom ‘n ster en vermaak jou met sy talent onder die sterre.
    Die reuk van bos hang in die lug. Dis ‘n lekker atmosfeer, ontspanne en vermaaklik selfs romanties.
    O ja, as jy nie mal oor koffie in ‘n fles is nie kan jy cappuchino koop om jou piekniek mee af te rond.
    Hier is selfs sushi. Opwindend?

  • Anne Barkhuizen

    ‘n Wolklose sonskyndag, in een van die natste dele in een van die natste kande ter wereld, skreeu een woord – piekniek – aan die bopunt van die Wrynrose-pas in die Engelse Meerdistrik. Dit behels ‘n oe-toeknyp-rit, om haarnaaldbogte op ‘n enkelpaadjie met "passings" teen die berg uit totdat ons bo tussen ruwe rotse op ‘n grasgelykte afkom. Die 360 grade uitsig oor berge en mere, met wyn wat in die bergstroompie le en afkoel. Franse baguette, patee, hamme, druiwe uit Suid-Afrika en my lewensmaat aan my sy, is my gunsteling piekniek wat homself na 16 jaar steeds voor my geestesoog afspeel.

  • Tania van Heerden

    Tietiesbaai- Ek mis vir jou! Die grootheid van DIE plek se skoonheid en onuitputbare genot offerings kan skaars in 100 woorde beskryf word. Pak ‘n mandjie vol goeie vriende, ‘n duikpak vir die opraping van ‘n ou krefie of twee, skuiling teen die strale van die warm hart van onse son en natuurlik lafenis vir die droee kele. Voeg als saam, bak vir ‘n dag en wees verseker van ‘n onvergeetlike opbrengs. Staan terug en waardeer en bewonder die bekoorlike temperament en skoonheid van die weskus see!
    Waardeer die goud uit die see, diamante van goeie opregte vriende en jy staan met ‘n halsnoer van voorregte……. Prysloos

  • Priscilla Naude

    Om piekniek saam met die belangrikste mense in jou lewe te hou is altyd spesiaal. Dit koester jy en bewaar die spesiale tye in jou hart vir altyd. Jy dink terug daaraan en herleef dit oor en oor. Dan maak dit nie saak of dit in die dieretuin,by die Botaniese tuine,op die strand in Hermanus of Buffelsbaai is. Dalk in die Drakensberge of in die Kruger wildtuin. Net solank my dierbare man,my dogter wat nou haar vlerke sprei as sy 26 Januarie in die huwelik tree,haar geliefde en my seun daar is,sal elke piekniek spesiaal wees!!

  • Cristine Joubert

    Die Honeyballs het van Barberton af kom kuier met hulle Volkswagen Passat – vol gepak met somervrugte en energieke kinders. Die 1983 droogte was vir eers vergete.
    Agterop Pa se rokende Isuzu het ons na die kranse langs die Vaalrivier gery vir ons jaarlikse Desember-piekniek.
    Hier het ons kleilat gespeel, mekaar met gwano gejaag en ons mango-monde in die vlak rivierwater afgespoel.
    Ouma het met haar rumatiekvinger na agter die hoe kranse gewys…….. Die enorme wolke wat weer groenigheid, hoop en lewe belowe.
    Ons het saam met die reen gespeel en ons nat piekniekmanjie gepak en gekyk hoe die Vaal weer dankbaar volword.

  • Wilmari Jansen van Rensburg

    Op die ouderom van 30 dink ek vol heimwee terug aan ons avontuurlustige gesins vakansies tydens skool en Universiteits dae… ook die naweek uitstappies as gesin in my twintigs wanneer ons sommer net vir die dag uitgery het Tulbagh se kant toe, die Overberg of Kaapse skiereiland met ons "old school" piekniek mandjie met gekookte eiers, toebies,gebakte wors op tandestokkies en natuurlik die outydse koffiebottel met sy "retro" patrone en platsiek koffie bekers! die dae wanneer mens nog langs die pad kon stop, jou kombersie oopgooi en sommer net die natuur sit en bekyk vanwaar jy tussen die fynbos en jou " ala carte" middag ete geniet. My gunsteling herrinering, is ‘n dag tydens paasnaweek 2008 toe ons gesin uitgery het Hermanus se kant toe en kort duskant Pringlebaai geparkeer het met ons piekniek mandjie en lekker paasfees eiertjies as poeding! dit was ook ons laaste gesins piekniek, want my Pa is skielik 2 maande later oorlede. Ons piekniek dalk nou deesdae met "nuwe" aanhangsels, maar die "retro" koffie bottel reis nog oral saam!

  • Leonie Wilson

    In 1975 het ek matriek klaar geskryf en met die Desember vakansie het my ouers my op ‘n vlug na George gesit waar my Oupa Henk van De Rust my kom haal het.
    Oupa Henk was n byeboer en het bye korwe gehad in die Swartberge en ook n Volstruis Plaas net buite De Rust. Almal in De Rust het geweet daar is n vreemde jong dame wat kom kuier het en ‘n groot boehaai was daarvan gemaak.
    Elke oggend het Ouma n piekniek mandjie gepak en vir Oupa Henk gese kom ons ry. Die piekniek mandjie het bestaan uit die heerlikste kos wat self gemaak is deur Ouma en jy kon staatmaak op haar yskoue Gemmerbier!
    Ons is altyd eers na die bye korwe in die Swartberge. Oupa Henk het dan sy ding gedoen en was altyd vol draadwerk. Hy het nooit n bye masker gedra nie want volgens hom het die bye hom goed geken. Vreemde mans het dan die nagevolge gedra. Hy het die bye korf een harde klap agterop gegee en dan het al die bye die mans agternagesit soos hulle genael het na die rivier se kant vir dekking. Ek en Ouma het n ent verder op n kombersie gesit, met lekker eetgoed en ons verstaar aan hierdie kindsheid en gesien hoe Oupa Henk se magie op en af beweeg van al die lag.
    Vandaar is ons na die Volstruisplaas waar Oupa Henk my oortuig het om aan volstruis resies deel te neem. My volstruis “’Ogies’” het sommer ‘n wafferse draai geneem en my afgeskud en ek het plaks seer met my boude in die dor Karoo sand beland, dat die stof so staan. Weereens het Oupa Henk se ronde magie op en af beweeg van al die lag.

    Daarna is on Kango Grotte toe en ek moes deur die Duiwel se skoorsteen kruip anders was daar geen poeding as beloning. Veilig tuis in De Rust het ek deur Ouma se pragtige tuin gewandel en daar was vars aarbie direk uit die aarde vir poeding. Van al die son en liefde was die aarbeie die beste wat ek nog ooit geproe het.
    Ek sal wat gee om weereens daardie Desember te herleef. Kan n mens die tyd terugdraai? Ouma Henk en Ouma Kriel is albei ontslape maar my Desember 1975 vakansie en daaglikse piekniek vir n week sal ek altyd onthou met soet herinneringe.

  • Stephanie Stoffberg

    Die Tuinroete het ’n versteekte skat. Die paadjie daarheen is vergroei en soms deur bruisende branders versper. My gunsteling piekniekplek is pampoentjiebaai, geleë tussen Nature’s Valley en Soutriviermond. Die klein klipstrandjie is omring deur Knysnabos. Die reuk van boomwortel en mos meng met die vars wind van die see en laat die stadsjapie vergeet van die jaagtog wat sy siel daagliks steel.
    Met ‘n bottel Kaapse wit wat in een van die poeletjies saam met ‘n seester koud word, kyk Pa hoe die kinders klipvis vang en Oupa verwonder hom aan die volmaaktheid van elke gestreepte klippie. Uitgerus vou ons die lappieskombers op na ‘n lekker middagslapie op die songebakte klippe,wetend, hierdie juweel tussen bos en see is kos vir die siel en met elke asemteug kry ons weer krag vir môre.