Wen

WEN konsertkaartjies vir die somerseisoen

Welkom by die somerseisoen! Oude Libertas Amfiteater bou vanjaar voort op sy reputasie as ‘n platform vir die beste talent in die land. Kunstenaars soos Karen Zoid, Vusi Mahlasela, Jannie du Toit, die bekroonde pianis Ben Schoeman, Pedro Kruger, Emo Adams, Stef Bos, Amanda Strydom en Elzabé Zietzman is maar van die groot name wat hierdie seisoen op die verhoog sal wees.

En nou bied sarie.com jou die geleentheid om kaartjies te wen!

Wene na Venesië

Wene na Venisië
Vrydag 25 en Saterdag 26 November (20h15)
2 dubbelkaartjies

Sjarmante en glansryke bekoring! Romantiese en meesleurende melodieë gee die pas in die openingsproduksie aan.Liefhebbers van die operette genre kry die geleentheid om hul geliefde arias aan te hoor wanneer Fanie Smit die spreekwoordelike musiekspoor vat! Die uitgesoekte groep kunstenaars bestaan uit: die energieke stuitige  sopraan Michelle Veenemans met haar sprankelende persoonlikheid en onuitputlike sjarme en passievolle vertolkings, saam met die sjarmante virtuoso tenoor Dewald von Solms, beide ideaal toegerus vir die heldin- en heldrolle. Hulle word bygestaan deur Jacobus Swart (klavier en musikale regisseur) en die instrumentale groep Salon Five. Fanie Smit neem die rol aan van aanbieder en gesels met die gehoor oor die betowerende en meevoerende melodieë, soos  “Schenk man sich Rosen in Tirol”,” Niemand Liebt dich so wie ich”,  “ O  so romantisch und schön”!

Karen Zoid & Vusi Mahlasela

Karen Zoid en Vusi Mahlasela
Sondag 27 November (18h30)
2 dubbelkaartjies

Twee van Suid-Afrika se mees uiteenlopende liedjieskrywers span in hierdie vertoning hul talente saam vir ‘n unieke musiekervaring. Met ‘n SAMA toekenning as Beste Vroulike kunstenaar en verskeie ander toekennings op haar kerfstok was die afwagting van ‘n vyfde CD boaan die lys vir ZOID ondersteuners. Karen toer tans landwyd ter viering van haar 10de jaar in die musiekbedryf. Vusi Mahlasela, bekend as “Die Stem” is terug by die Oude Libertas teater met ‘n vertoning wat steeds in voeling bly met wat sy ondersteuners van hierdie saggeaarde sanger verwag. Mahlasela vier 20 jaar in die musiekbedryf.

SA Jeugkoor en Gugulethu Tenors

SA Jeugkoor en Gugulethu Tenors
Donderdag 1 Desember (20h15)
2 dubbelkaartjies

Die SA Jeugkoor is nie net ‘n koor nie, maar ook ‘n opheffingsprojek waarby agtergeblewe kinders ‘n kans gegun word om te droom en om hulle volle potensiaal te ontgin. Die koor bestaan uit 86 uitgesoekte hoërskool leerders uit die hele SA en verteenwoordig sodoende die werklike demografie van ons land. Onder leiding van Andre van der Merwe.

Jimmie Earl Perry & Friends

A MUSICAL SUMMER NIGHT with Jimmy Earl Perry and Friends (Vicky Sampson)
Saterdag 3 Desember (20h15)
2 dubbelkaartjies 

Jimmie Earl Perry span kragte saam met Vicky Sampson, musikale regisseur Andrew Ford, X-Factor-wenner (Nederland) Sharon Kips, Gilbert Thera, Wolfgang Riebe en Sandile Gontsana, vir ‘n onvergeetlike aand van jazz en gospel-musiek onder die sterre.

[box:full:pink:both]

WEN kinderkonsert-kaartjies ook!

BALLETOPIA
Saterdag 3 Desember (10h00)
10 kaartjies

[/box] [box:full:grey:both]

Vir algemene konsertbesprekings:
Tel: +27 21 809 7473
Tel: +27 21 809 7380
Fax: +27 21 809 7565
info@oudelibertas.co.za

Kaartjiekantoor-ure
Maandag tot Vrydag: 09h00 – 17h00
Saterdag: 09h00 – 13h00
Een uur voor die vertoning begin
theatre@oudelibertas.co.za

Bespreek jou kaartjies nou
Computicket
Tel: 0861 915 8000

[/box]

Vrydagaand 2 Desember
Gratis mark-aand met kunstenaars soos Melissa van der Spuy, Sima, Shannon Hope en Elzahn Rinquest.

  • Amoreen van Zyl

    Ek sal baie graag ‘n show van Emo Adams wil bywoon en kaartjies daarvoor wen! Sal great wees!

  • Marene Burger

    Yes Please!!!!!

  • Sandra

    Sal net so ‘n fees wees, wat ‘n bederf!

  • givi

    Count me in!