Wen

Wen met SARIE en die Woordfees

Dis weer tyd vir ’n fees!

Van 4 tot 13 Maart 2011 trek die voorste woordkunstenaars op Stellenbosch saam vir die twaalfde Woordfees. Vanjaar se tema is Elwe en Selwe.

Dis interessante gesprekke oor boeke en nog wat, musiek, rolprente, dramas, kunsuitstallings. SARIE skrywer André le Roux is een van die vele gassprekers. En daar is die Woordfees-Spier-konsertreeks in samewerking met SARIE.

Besoek www.woordfees.co.za vir die volledige program.

Wen met SARIE & US Woordfees       woordfees

Eerste prys ’n Week van bederf
’n Gelukkige SARIE-leser en metgesel wen ’n week se gratis verblyf in die Stellenbosch Lodge van Maandag 7 Maart tot Sondag 13 Maart 2011. Wenners geniet elke oggend ’n heerlike ontbyt, en een spa-pamperlangsessie deur die loop van die week. Boonop kry julle gratis toegang tot al die Woordfeesproduksies van 7 tot 13 Maart.

Tweede prys – ’n Wegbreeknaweek
’n Gelukkige SARIE-leser geniet ’n naweek se gratis verblyf in die Stellenbosch Lodge van Vrydag 11 Maart tot Sondag 13 Maart 2011, en gratis toegang tot die naweek se Woordfeesproduksies.

 

VRAAG: Op watter dorp is die US-Woordfees gehou?

 

Neem só deel

Skryf die antwoord op die vraag hierby agterop ’n poskaart en stuur dit met jou naam, adres, e-pos-adres en telefoonnommer aan:

SARIE/Woordfeeswedstryd,
Posbus 511, Kaapstad 8000.

Sms en neem deel
SMS die woord WOORDFEES (geen leestekens), gevolg deur die antwoord op die vraag hierby en jou naam, e-posen posadres na die nommer 45510. (’n Tarief van R1,50 per SMS geld.)

Sluitingsdatum   

 
14 februarie 2011

Die wenners sal teen 20 Februarie 2011 telefonies in kennis gestel word en daarna ’n brief ter bevestiging ontvang.

 
Stellenbosch Lodge Stellenbosch Lodge is ’n unieke viersterhotel geleë in die hartjie van die Stellenbosch Wynroete. Vir Spesiale Woordfeespakkette, skakel 021 888 0100 of e-pos info@stblodge.co.za. Besoek die webtuiste www.stblodge.co.za vir foto’s en verdere inligting.
Maties Travel As wenners nie in die Wes-Kaap woon nie, sal Maties Travel hulle van Johannesburg of Durban na Kaapstad vlieg. Vervoer van Kaapstad Internasionale Lughawe na Stellenbosch is ingesluit. Vir besprekings, skakel 021 880 0025 of besoek www.matiestravel.co.za

  • Annaline

    Wat ‘n belewenis sal dit nie wees om te kan wegbreek van elke dag se roetine en die woordfees te kan bywoon, met al die lekker van ‘n bederf ontbyt en spa behandelings. wow, kan maar net droom daarvan

  • Johlene Agenbag

    Ek gee klas vir minderbevoorregte bruin vroue in AFRIKAANS, om hulle self te bemag, hul Afrikaanse taalgebruik te verbeter en op te skerp, hulle selfbeeld te verbeter en hulle self so mooi te maak. Dit is voorwaar vir my ‘n fees en ‘n voorreg om vir vroue die kans te gee om te leer wat nooit die geleenthede gekry het of ooit sal kry nie. Sou darem heerlik wees om die Woordfees by te woon en dit sodoende met my studente te gaan deel.

  • Wanda Smit

    WOW, hierdie sal voorwaar ‘n geleentheid van ‘n leeftyd wees om vir ‘n week lank skouer te skuur met Afrikaanse taalgebruikers in ‘n plek soos die wonderskone Stellenbosch.

  • Sidney

    Dit sal nou baie relaxing wees who en om die WOORD FEES bytewoon sal ook vir my ‘n groot belewenis wees.

  • Linda

    As oud Stellenbosser sal ek my voortande gee om n week op die dorp te kan bly en my siel te verryk.

  • Elzabè

    My werk is so ver verwyder van my liefde vir die taal. Syfers en kontrakte terwyl my siel smag na gedigte en woorde. My ma wat op 76 eerder Hennie Aucamp en Jan Rabie lees as dun romanse. So wegbreek sal twee "ou" vrouens weer moed gee vir die daaglikse sleur!

  • Babie Barnard

    Wat ‘n voorreg sal dit nie wees!! Hier ver in Polokwane Limpopo hoor ons net vanal die lekker dinge wat in die Kaap gebeur. Ons Afrikaanse taal word nou so bedreig dat dit SO! belangrik geword het om vir ons taal te baklei. Ai! die mooi gesegdes, spreekwoorde, ens. wat net nie verlore sal moet gaan vir ons. nageslag.

  • DA2UDl epgywsrzhkcd, [url=http://bfxfmjgytxvy.com/]bfxfmjgytxvy[/url], [link=http://mjscpyqpthdk.com/]mjscpyqpthdk[/link], http://ohpmlrzqlmge.com/