Wen

WEN ’n badtyd-bederf

Die geskenkpak sluit ‘n kamerjas, pantoffels, kerse, badhanddoeke en produkte van Radox se nuwe Thai Infusions-reeks in.

Thai Infusions se badskuim, handwasmiddel en lyfwas is geïnspireer deur Thailand se kleure en teksture, en die kruiegeure gee balans vir liggaam en siel. Ideaal vir ontspan, aangesien dié land bekend is vir joga en meditasie.

Die wedstryd sluit 1 Desember 2009.


  • Jan

    Mmm ek en my huismaats love yoga en Radox- dit is die perfekte manier om die dag mee te begin of af te sluit. Radox kikker altyd die gemoed op!

  • Ronel

    Dis altyd lekker om radox as geskenk te kry. As enkelouer is dit vir my ‘n luukse, maar as ek die geld het bederf ek myself. Net om vir myself te se vasbyt!

  • ANNETTE

    ek hou van radox, my ouma het van dat ek kind was die badsout gekoop, was en is ‘n lekker bederf !SY IS OP 94 JAAR OORLEDE, EN AS EK BAIE NA HAAR VERLANG ,KLIM EK NET IN ‘N RADOX BAD .

  • Marietjie

    Ek is ‘n groot Radox bewonderaar seder kleintyd al. My ouma het altyd die Radox bad sout gebruik en die "bubble bath". Sy het ook altyd vir ons oor kerstyd die klein geskenk pakkies van Radox gekoop. Goeie herrineringe!

  • Ode

    Hierdie Radox-reeks is ‘n eksotiese bederf vir die oog, die neus en sommer al die sintuie – om nie eers te praat van die luilekker ontspan nie…..

  • chretienne

    hoe fantasties dat ‘n produk wat al soveel jaar soveel mense bederf het, nog steeds sy "reuk" en sjarme behou.radox is deel van ons familie al dra die produk elke nou en dan ‘n ander jassie.geluk aan radoxs met julle nuwe reeks.

  • Darien Van Wyngaardt

    As ‘n werkende ma met ‘n agtien jarige en ‘n nege maande ou baba is Radox se kruie geure lyfwas en badskuim die perfekte manier om laataand (as almal slaap) net die badkamer deur toe te trek en te ontspan.

  • Sandra

    Radox is een van die beste produkte op die mark en hul bad olies voed ‘n mens se vel baie lekker

  • Lisa

    "…unwind your mind…" – daardie TV advertensie en daardie ou se stem, veral, het Radox sinoniem met twee-ure-bad-en-ontspan gemaak, ek dink altyd daaraan as ek my Radox produkte koop!

  • Dit sal fantasties wees as ek die prys kan wen!. Ek gebruik net Radox, niks anders nie

  • Lizet

    RADOX is soos SARIE- was nog altyd daar! Kan nie onthou dat ons ooit daarsonder was nie!?????

  • Santa

    Radox voer jou weg na `n ander wereld. Dis `n groot bederf net soos Sarie

  • valarie

    ‘n Radox bederf is hemels. ‘n MOET vir elke dag, enige tyd. Bederf jouself maak elke badtyd spesiaal net vir jou….

  • Sanet Nawrattel

    Hoe heerlik om na ‘n dag op jou voete en met gillende kinders om jou net heerlik te ontspan in ‘n Radox-bad….Die streling oor jou hele lyf is lawing vir die siel!

  • Charlaine

    Met Radox in my badwater en aan my lyf, voel ek weer soos ‘n nuwe mens! Ontpanne en reg vir die lewe!!!

  • Marlene

    As klein dogtertjie is ek geleer dat Radox DIE geskenk om aan iemand te wat baie spesiaal is. Vandag gee ek steeds Radox aan mense na aan my om hulle te bederf. Die geur, aroma, aanraking, noem dit wat jy wil bly steeds eksoties

  • BERYL DAVIDSE

    MY BESTE BEDERF AL VAN SKOOLDAE IS N RADOX BAD EN KERSE AANGESTEEK.EK HET MY MAN OOK NOU AANGESTEEK.

  • Elmari

    radox sorg dat ek ontspan na n lang dag se werk!!

  • Marriette

    Wanneer ek in my skuimbad van duisende Radox borrels le en ontspan terwyl ek my Sarie lees, is dit vir my soos ‘n Flake sjokolade …all resistance crumble!

  • Christina

    Radox laat my verlang na my ma se badkamer in Namibie. Dis altyd die grootste bederf om in haar bad te ontspan! Dankie mamma! Gelukkig kan ek die bederf laat voortleef in die Kaap…

  • Nicky Du Toit

    Laataand, as almal in hul kamers rus gevind het in ons nuwe huis, is daar niks lekkerder as om jou moeë, seer lyf te laat insak in warm Radox bad nie.
    Tesame met ‘n glasie soetwyn op die bad se rand, sal jy voel hoe die spanning jou verlaat. Jy kry net daar krag vir die laaste 30 kantondose wat jy more eers wou uitpak.

  • yvonne

    Radox is ‘n regte bederfie vir my,self kan ek dit nie bekostig wat as enkelouer gaan dit maar broekskeur,maar my vriendin gee soms vir my ‘n Radox bederfie wat ek vreeslik geniet, nog lekkerder as ek haar ou Saries kry en in die bad le met een.

  • Radox is regtig ‘n ongelooflikke Produkt dis ‘n ongelooflikke bederf pakkie,en as ek dit sou wen gee ek dit vir my ma om vir haar te "spoil" sy doen baie vir ons familie, die kerk en ons buure. As jy haar mekeer vir enige iets of enige tyd sy’s altyd daar gewilge en gee 100%.

  • dollie

    Radox mmmm hoe wonderlik, ek hou daarvan om lekker te ruik veral as ek gaan doe-doe. Watter vrou hou nie van lekker bederf nie.

  • michelle

    Radox het net ‘n wonderlike effek om jou te kalmeer!