Wen

WEN! Word soos ‘n Baie Belangrike Persoon bederf by die Ghoemas

Die Ghoemas vereer die beste in die Afrikaanse musiekbedryf en hierdie jaar gaan dié toekenningsgeleentheid op 14 April 2013 iets wees wat jy nie kan misloop nie! En SARIE is die trotse mediaborg van dié glansryke geleentheid.

Nou wil SARIE en die Ghoemas twee lesers en hul metgeselle nooi om as BBP gaste die geleentheid by te woon.

Die prys sluit in 2 BBP-kaartjies, ’n uitnodiging na die funksie ná die geleentheid om skouers met die bekendes te skuur én verblyf op die aand van 14 April in die Carnival City Hotel met ontbyt ingesluit!*

Die twee gelukkige wenners gaan nie net die beste van die bestes in die musiekbedryf van die afgelope jaar sien nie, maar ook die geleentheid kry om een van Afrikaans se groot name se eretoekenning te sien. Die drie sangers wat benoem is vir hul Lewenslange Bydrae is Carike Keuzenkamp, Laurika Rauch en Anneli van Rooyen.   

Verder gaan die 2 gelukkige wenners 5 CD-geskenkpakke van die jongste-uitreikings van die benoemdes in die kategorie Beste Vroulike Kunstenaar wen. Hulle is Juanita du Plessis, Riana Nel, Monique, Nianell, en Carike Keuzenkamp.

SLUITINGSDATUM: DINSDAG 26 MAART 2013 OM 9 VM.

[box:full:red:both]

Het jy al vir jou gunsteling gestem? Dit is so maklik! ‘n SMS kos R1,50 elk en daar is ‘n beperking van slegs 20 stemme per kategorie per unieke selnommer. SMS SLEGS die kode (bv. A6) na 41 808 en nie die kunstenaar se naam nie. Die wenners word Sondag 14 April 2013 by Carnival City se BIG TOP ARENA bekendgemaak.

[/box]

Kry die kodes vir al die kunstenaars wat benoem is HIER.

En volg SARIE op Twitter by @SARIETydskrif vir meer inligting oor die Ghoemas!

  • Let wel dat vervoer na die Ghoemas die wenners se eie onkoste is.

Vul die wedstrydvorm hieronder in: