Wellington's
Wen

WEN ’n braaigeskenkpak vir Braaidag

Een gelukkige SARIE.com-leser kan ‘n Wellington’s braai-geskenkpak ter waarde van R2730 vir Braaidag WEN!

SARIE.com en Wellington’s gee jou die kans om ‘n jaar se voorraad van Wellington’s souse en ‘n lekker braaigeskenkpak daarby te WEN!

Met Braaidag om die draai is dit die ideale geskenk! Dit is nou die tyd om daai vure aan te steek en met vriende en familie om die braai te kuier.

Probeer Wellington’s se SteakHouse-sous op jou steaks, tjops, ribbetjies en selfs wors. Of as jy graag daai hoender wil opkikker, probeer gerus Wellington’s se Honey & Mustard-marinade. Dit is ideaal vir sosaties, hoenderborsies of -vlerkies. En vir daai bietjie byt is Wellingtons’ se Sweet Chilli-sous perfek vir ‘n boereworsrol of ander peuselhappies.

En of jy nou ‘n ernstige braaier of ‘n fynproewer is, elke Suid-Afrikaanse familie kan die smaak van Wellington’s souse se tydlose resepte geniet!

Wat is die braaigeskenkpak?

  • ‘n Jaar se Wellington’s sous-voorraad
  • ‘n Voorskoot
  • ‘n Braaitang