Wen

WEN ‘n ABSA KKNK-geskenkpak

Die vertonings van vanjaar se Spektrum Kinderteater by Spekkies se Plekkie is vermaak vir die hele gesin. Getroue gunstelinge soos kykNET se Tjiff en Tjaff en Lollos is daar te sien, plus Poppie en Bongo, Spektrum-feëverhale en die internasionaal gebaseerde groep Afri-Ki-Ri en die pantomime, Aswoestertjie. Die kaatjies is geldig vir tot 9 verskillende vertonings, spesiale ontmoetings met jou gunsteling-karakter, geskenkpakke, souvenirs, gratis toegang tot die Rivierbuurt en nóg ter waarde van R2950 per dubbelkaartjie.

[box:full:grey:both]

Dit kry jy als!

  • Toegang tot 9 vertonings (binne 8 dae)
  • Agter die skerms-toegang tot jou gunsteling-Spektrum-karakter en verversings
  • ‘n Private foto-sessie met jou gunsteling-karakter
  • ‘n Souvenir-boekie met speletjies, gebeure en handtekeninge van al die sterre
  • ‘n Geskenkpak
  • Toegang tot die Rivierbuurt vir 9 dae

[/box]

Let wel: Ons dek geen vervoerkostes nie. Jy moet self by die ABSA KKNK kom. Kaartjies is ook nie uitruilbaar nie.

Dolf Wolf en die Drie VarkiesHansie en Grietjie

  • Margie

    Ek is nog altyd grootgemaak met die KKNK. Elke April langnaweek ploeter ons as gesin met die GP nommerplaat al die pad af en kom trek los in Oudtshoorn. Ongelukkig is ek nou ‘n Matie student vir 4 jaar en die geld-koord is geknip. Daar’s min plek in ‘n studentebudget vir vertonings. Hier kan julle darm ‘n grootoog universiteitsmeisie se drome waarmaak