sr1101defy2
Wen

WEN ‘n kombinasie-stoof van R15 000

Met Defy se kombinasie van stylvolle estetika en moderne, innoverende tegnologie kan jy seker wees dat enige van hul toestelle die waarde van jou huis verhoog, terwyl dit terselfdertyd jou lewe vergemaklik.

Die pragtige DGS 155 is in ‘n liga van sy eie, met sy 2 elektriese soliede plate, wat veral geskik is vir groot potte, en 4 gasplate. Jy het nie ‘n vuurhoutjie of aansteker nodig om die gasplate aan te steek nie, want die stoofknoppe doen dit elektronies. ‘n Veiligheidsmeganisme verseker dat dit nie per ongeluk ontvlam as iemand daarteen stamp of druk nie. Ook die elektriese oond met sy driedubbele glasdeur sal aan al jou kookvereistes voldoen.

Die stoof is pragtig afgewerk in vlekvrye staal en glas om selfs aan die kieskeurigste koper se eise te voldoen – teen ‘n baie aantreklike prys. Dié prentjie word voltooi deur die 900T Premiumhood, ‘n metaalkap met ‘n driespoed-suigwaaier met 2 halogeenligte en 3 aluminium-filters vir beter onttrekking.

Alle Defy-produkte is ook gewaarborg vir twee jaar. Vir nog inligting oor Defy se produkte, besoek www.defy.co.za.

Die prys
4 SARIE-lesers kan elk ‘n multifunksionele gas- en elektriese stoof met uitsuigwaaier van Defy wen. Die stoof is R15 000 werd.

Neem só deel

Beantwoord die volgende vraag op die wedstryd-vorm hieronder: Hoeveel gasplate het die stoof wat gewen kan word?

OF
Skryf die antwoord op die vraag hierby agterop ‘n poskaart en stuur dit met jou naam, van, telefoonnommer, e-pos- en
posadres aan:
SARIE/DEFY-wedstryd, Posbus 511, Kaapstad 8000.

OF SMS en neem deel
SMS die woord DEFY (geen leestekens), gevolg deur die antwoord op die vraag hierby saam met jou naam, van, e-posen posadres na die nommer 34687. (‘n Tarief van R2 per SMS geld.)

Sluitingsdatum
31 Januarie 2011
Die wenners sal teen 14 Februarie 2011 telefonies in kennis gestel word en daarna ‘n brief ter bevestiging ontvang.