Wen

WEN ‘n koninklike wegbreek na Zambië

ROVOS RAIL
Die stigter van Rovos Rail Pride of Africa, Rohan Vos, vervoer passasiers sedert 1989 in egte Edwardiaanse styl op verskeie roetes regoor Suid-Afrika. Die trein se dekor is vandag nog in die
swierige styl van die twintigs en dertigs, met mahoniehout-paneelwerk. Dit roep vooroorlogse elegansie op.
“Ek wou die romanse van treinreis met verblyf en diens van die hoogste standaard kombineer,” vertel Rohan. “Reise op Rovos Rail is soos om in ’n ander era terug te stap, die atmosfeer van ’n Afrika- Country Club van die vroeë twintigs, maar met al die moderne geriewe.”

Alle trein-suites het lugversorging en die keuse van twee enkel- of ’n dubbelbed met ’n en suite-badkamer met stort. Ontbyt, middagete en ’n formele aandete word in die pragtige Victoriaanse atmosfeer van die eetkamer voorgesit. Daar is altyd vars blomme, Rovos-breekware en silwer, witgeklede tafels, en ’n keuse van net die beste Suid-Afrikaanse wyn. Geen rit is voltooi sonder dat jy agteroorsit in die kroeg en die asemrowende uitsig geniet nie.
Om in pas te wees met die gees van vervloë tye is daar geen radio’s of TV nie, en die gebruik van selfone en skootrekenaars is beperk tot die privaatheid van jou suite. Salig!

Deel van jul prys is ’n treinreis vir 2 nagte en 3 dae van die Victoria-waterval tot in Pretoria. Die rit kronkel deur die Hwangewildplaas op pad na Thompsons Junction, en dan deur Bulawayo na Plumtree, oor die grens na Botswana en uiteindelik na Mafeking in SA. Dit eindig by die Rovos Rail-stasie in Capital Park Station, Pretoria.
• Kry meer inligting by www.rovos.com

ROYAL LIVINGSTONE
Arriveer in vervoering, vertrek verwonderd
Sun International se pragtige Royal Livingstone Hotel in Zambië bied aan reisigers die perfekte wegkruipplek om te ontspan en kragte te herlaai. Dié eksotiese bestemming met sy asemrowende uitsig
oor die majestueuse Victoria-waterval, een van die natuurlike wonders van die wêreld, is ’n oase van kalmte en rus.
Hier kan jy die Groot Vyf ontmoet op ’n unieke wildbesigtigingsrit. Jy kan perdry, op ’n kano vaar en 4×4-avonture beleef. Daar is ook olifantsafari’s, alles op die drumpel van jou hotel.
Die magtige Zambezi-rivier vloei net enkele treë van die Royal Spa-sentrum. Die opelug-gazebo verbeter die ervaring sodat jy die inheemse wild, sebras, seekoeie e ’n unieke verskeidenheid van voëls kan waardeer. Die mis van die Victoria-waterval streel jou terwyl jy onder oop grasdakke van die kroeg en sitkamer ontspan, high tea of skemerkelkies geniet.
Dis die Afrika-ervaring van ’n leeftyd.
• Besoek www.suninternational.com

PINK LADY
Met Pink Lady® appels is ons en die natuur nie haastig nie. Dit word tydsaam ryp, wat daardie kenmerkende pienk blos toelaat om te ontwikkel – soet en helder, die ene sjampanje! Dié appels is ryk aan vitamien C en antioksidante, en as gevolg van hul natuurlike soet geur smaak dit hemels in resepte ook. Pink Lady® appels is veel meer as net ’n appel.
• Vir meer inligting en resepte, besoek ons webtuiste www.pinklady.co.za

[box:full:pink:both]

SLUITINGSDATUM 30 September 2011
Die wenner sal teen 14 Oktober 2011 telefonies in kennis gestel word en daarna ’n brief ter bevestiging ontvang.

Die prys sluit in

  • Vlugte vir 2 na Victoria Falls vanaf O.R. Tambo-lughawe
  • Vervoer van die lughawe
  • 4 Nagte verblyf in die Royal Livingstone, alle etes ingesluit
  • Onbeperkte toegang tot die Victoria-waterval
  • Vervoer na die Rovos Rail-stasie
  • Twee nagte, drie dae vir twee mense wat deel op Rovos Rail, van die Victoria-waterval na Pretoria.
  • Alles ingesluit, van etes tot drankies op trein. (Uitgesluit op die rit: alle fooitjies en aankope by die geskenkwinkel.)

Voorwaardes
Die prys sluit net vlugte vanaf O.R. Tambo-lughawe na die Victoria-waterval in.

[/box]

  • Leonie

    Ek kan nie wag om my September Sarie tydskrif te koop nie. Einde September sal sommer binnekort hier wees.

    Wat ‘n eksotiese wen – Rovos Rail – eg ouds en tog so modern – ‘n tukkie heimwee met groot verlange.

    Die lewe kan nie beter raak nie!

    Vriendelike Groete

  • Sel-Marie

    Dit klink na ‘n asemrowende belewenis!

  • Nicola

    waar skryf mens in???

  • Cobie

    Love dit as ek iets kan wen!

  • Cobie

    Lekker!

  • Cobie van Staden

    Mmmmm? Die kompetisie gaan nie deur nie???

  • Rozanne Carolus

    EK HET SO PAS MY NUUTSTE UITGAWE ONTVANG WAT N LEKKER BEDERF SO REG VOOR DIE NAWEEK EN DAN NOG BOON OP SO N AWESOME KOMPETISIE OOK, KLINK AL TE HEERLIK

  • Nettie

    Ek dink dis my beurt om ‘n bietjie getreat te word en die Victoria Valle te kan sien (behalwe op TV). Geen mens op aarde kan so bederf bekostig nie. Nie mense wat salaris verdien nie…..Ek hoop ek wen. Dankie Sarie vir die geleentheid om darem ‘n ou kansie te kan he.

  • Adri

    Sal dit nou lekker wees..!

  • Jacqueline

    Dis n Droom om waar te word,wie sal dan nou nie son iets waardeur die.Ek glo So n Prys is Meer as die Moeite Werd.

  • Jacqueline

    Wie kan dan nie so iets oor en oor waardeur nie? Dis die Beste ooit.

  • Deidre

    Wat n wonderlike prys wat gewen kan word. HOERA aan Sarie se bemarkings-span wat SULKE borge vir ons lesers organiseer!!!

  • Isobel

    Dit kan dalk ‘n 2de wittebrood wees!!!

  • Kiara

    Ek wil so graag iets vir my ouers wen, hulle is al 23 jaar getroud en het nog glad nie ‘n ordentelike wittebrood gehad nie, hulle sal alles wat hulle het weg gee om vir my, my seuntjie en broer te sorg..hulle is die beste ouers ooit!!

  • kathy

    hoop ek wen, was laasjaar 20 jaar getroud en
    het niks gedoen vir huweliksherdenking – nie fondse!!

  • s claassen

    Ek hoop dat ek die prys wen,want ek en my man is al vyf jaar getroud,maar het nog geen wittebrood gehad. Daar het altyd iets voorgeval as ons die wittebrood beplan. My man werk vir homself en is baie weg van die huis as ek die prys wen dan kan ons n lekker tydjie saam spandeer en sommer wittebrood ook hou.

  • Marietha

    Sal sooo lekker wees om dit te kan wen. My man het gedurende Julie verjaar, op dieselfde dag is sy ma oorlede, met die gevolg is hy het geen verjaardag gehad nie. Kan `n lekker treat wees vir hom.
    Dankie Sarie vir sulke wonderlike kompetisies!

  • Debra

    Het nie wittebrood gehad en is 27jr gelukkig getroud. Miskien,,,,,,,,,,nee dit is ons wittebrood vakansie. Kan nie wag vir September uitgawe.
    Groetnis

  • Yolandi Grenfell

    Ooooeeee!!! Hierdie prys klink ongelooflik!! Dalk ‘n geskenkie vir ons 2de huweliks herdenking? 🙂

  • Wilna Ackermann

    Lekker bederf

  • Tharien

    mens mag maar droom!

  • Blanche

    Almal werk hard en lewer diens tot die samelewing en verdien ‘n geleentheid en bederf soos die. Ek mag dalk selfsugtig klink om te sê, ek hoop ek wen dit maar sal nie selfsugtig wees om die ervaring met ander te deel nie. Dankie aan Sarie en al die betrokkenes om so ‘n geleentheid vir 2 mense moontlik te maak.
    Vriendelike groete
    Blanche

  • Sandra Gerber

    Romantiese drome word ‘n werklikheid: ouwêreldse treinweelde deur eksotiese Afrika en groot bederwe! Kan maar net voortdroom en baie styf duimvashou!

  • Rita Jacobs

    Dankie Sarie, jul gaan my laat drome droom. Ek begeer nog my hele lewe lank om ‘n besoek aan
    die Victoria valle te bring!!!!! Vriendelike Klerksdorp Groente

  • Juanita

    WOW! DROOMVAKANSIE!! hou duimvas vir ‘n wen………………

  • Elmarie

    Dankie tog Sarie dat jy lesers d.m.v. die wedstryd ‘n kansie gee om so ‘n vakansie te kan meemaak. Mens kan maar net styf duim vashou, dolosse gooi, voorvaders aanroep en wat nie nog probeer in die hoop dat jou naam getrek gaan word!

  • Lita Hartman

    Dit klink my die prys sal net mooi betyds wees as ‘n lekker verjaarsdag present vir my man wat van Zambie af kom.

  • Annemarie de Muelenaere

    Ek en my man is 30 jaar getroud in Desember. Ek dink dit sal ‘n ongelooflike ervaring wees om dit op so ‘n manier te vier! Ek hou al my duime en groottone vas vir die een!

  • Dienie

    Ons wou al lankal op die Rovos Rail gaan, maar dit was bietjie bo ons vuurmaakplek! Sal lekker wees as mens dit kan wen.

  • Helena

    Dit sal nice wees om so wonderlike vakansie te wen, ek hou duim vas…. Sal ‘n wonderlike wittebrood geskenk wees!!!!!!

  • antoinette

    Dit sal absoluut wonderlik wees om hierdie kompetisie te wen, nogtans nie my wil nie, maar Sy wil geskied!

  • Corinne Posthumus

    Hierdie ene is myne!!!! Ek kan doen met so lekker, ontspanne vakansie!!!!

  • Colleen

    Ons vier binnekort ons 30ste huweliks herdenking en dit was nog altyd eeen van my droom vakansies of ‘n reis met die Blou Trein.

  • eileen

    Goeie herinneringe van treinry laat my verlang na wat was, en sal graag vir sus Hes
    wat nou 60 op 23 Okt word, op hierdie onvergeetlike nostalgiese rit wil vat as verjaardag geskenk ! Dankie

  • Marlise

    ek wil my man bederf!!! klink fantasties!!!

  • Engel

    Dankie Sarie, jy laat my droom en sommer net weer vrouwees, mawees… Z hier kom ek!!

  • Lizette

    Om Afrika net in te asem!!

  • Magda grobler

    Dit sal wonderlik wees! Ek droom al jare lank van ‘n Rovos Rail vakansie…..Dit sal soos ‘n tweede "honeymoon" wees!

  • Bardine

    Ek het sowaar in die lewe nog nooit ‘n wedstryd van enige aard gewen nie, maar daar is altyd ‘n eerste keer. As jou hoek nie in die water is nie, gaan die vis nie byt nie!

  • Laetitia Botha

    Wat ‘n eksotiese vakansie !

  • DORETTE GOWER

    MY DROOM …….. !!!

  • Yolandie

    Dit is presies wat ek nodig het om my man bietjie weg te neem en hom goed te bederf. Dis ‘n ongelooflike kompetisie en wil sommer dankie se dat ons kan deelneem!!

    Dankie ook vir puik tydskrif! Geniet altyd wat ek lees!
    Groete!!

  • Cindy

    Daai is die ideale vakansie!! Ek kan nie wag nie!

  • Helene Franck

    Dit klink soos die ideale vakansie! Dit sal nou absoluut fantasties wees!

  • Amy

    My man en ek trou, ons is so besig om alles reg te kry vir ons groot dag:-) ons het nie enige planne vir ons wittebrood nie, so dit sal die BESTE geskenk wees!!!! Droom……

  • duane bertolini

    dit is iets om yttesien…regtig

  • Landie

    WOW Sarie, Dit sal die perfekte Honeymoon wees. Groot droom.

  • Isobel

    My man is werksaam in Angola. Ons sien mekaar elke 3 maande net vir 3 weke. Watter wonderlike belewenis sal dit nie wees nie!! Ek het nog nooit in my lewe iets gewen nie en wie nie waag nie, KAN nie wen nie. Wie weet!! Moontlik kan ek my man lekker bederf vir die eerste keer in my lewe. Beste wense aan almal wat gaan deelneem en ook baie geluk aan die een wat gaan wen!!!!!! Vriendelike groete en DANKIE aan SARIE vir die geleentheid om deel te neem!!!

  • Petro

    Ek wil my man bederf, na amper 30 jaar saam!

  • Anette

    Sal dit nie wonderlik wees om so ‘n vakansie vir my en my man te wen nie! Groete

  • Jeannette Vermeulen

    Dtt sal ‘n wondelike 60 ste verjaarsdag verjaarssdag wees!!!!!!!!!
    Jeannette vermeulen

  • Marlene

    Na al die gejaag en bymekaar verbyleef,,,,,,,ongelooflike samesyn om weer die natuur , jouself en jou
    maat te ontdek en waardeer,SARIE en Pink Lady julle maak dit moontlik vir 2 mense om
    stil te staan in ou en nuwe tye en asem te skep vir die lewe daar buite.Dankie

  • Engela

    Ai, sou so graag my vriendin wat ‘n vakansie baie meer nodig het as ek wou saamneem
    vir die bederf van die jaar….

  • Elmarie

    Ek en my man was 22 jaar laas aleen op ‘n eklusiewe vakansie gewees en het dit so, so nodig om na soveel jare se ma en pa wees en net kop bo water te hou bietjie weg te kom en bederf te word. Ag man, hoe lekker sal dit nie wees nie!

  • Sandra Marais

    ‘n Koninginlike wegbreek sal wonderlik wees. Ek kan nie eens bekostig om by die huis te bly nie, wat nog van so ‘n wegbreek!! Ek hou duime vas!

  • Elsa van Zijl

    Hoe wonderlik om natuurskoon van Afrika te kan bewonder en te beleef ! Om nog met jou droomvervoermiddel daar te arriveer sal hemels wees.

  • Reinett

    Ek sal wat wil gee om hierdie vakansie te wen……….

  • Susan

    Dit sal ‘n wonderlike geskenk wees

  • Adele Du Preez

    Kan maar net wens….

  • Elize

    Ek glo nog altyd in wonderwerke, om na die Victoria waterval te kyk sal alles volmaak maak.

  • Letitia

    Ek het so ‘n piepklein fototjie van my en my Pa langs die Zambezi rivier. Ek was toe ‘n dogtertjie van 4 jaar oud. Sedert sy afsterwe, werk ek hard om ons familie-stamboom te voltooi en het dit al oorweeg om ‘n tog noordwaarts aan te pak. Dit sal wonderlik wees om hierdie reis te onderneem en ‘n idee te kry van vervloë elegansie, asook om op die plekke te gaan staan wat historiese verband hou met ons familie-geskiedenis. Dankie aan Sarie en Rovos Rail vir die skep van hierdie geleentheid om ‘n droom-reis te kan wen!

  • Claudette

    Het net nou die ander dag vir my kollegas in die kantoor gesê dat ek sooo graag n vakansie wil wen,my man is nou al 5jaar dood en hy sou my vir n vakansie Zanzibar toe gestuur het vir my 45ste verjaarsdag wat oor 2 jaar sal wees as die Liewe Vader my sal uitspaar,maar is dit nou nie beskore weens die finansieële nood nie.Sooo ek sou wat wou gee om hierdie ongelooflike,prysenswaardige prys te wen!!!!!!!!!!!!!!!!

  • Thea

    Dit kan n lekker wittebrood wees.

  • Jackie Olivier

    Dit sal n awesome verjaarsdag skenk wees, en sjoe ek en my man het nie n witterbrood gehad nie dit sal wonderlik wees, want hy kort n vakansie soos dit hy werk baie hard om vir 9 mense te sorg so ja Andre dit sal net wonderlik wees.

    Ek en my man al twee verjaat in September

  • Robert Wilson

    My wife buys this magazine – when I got to this Page I just had to enter – this will be wonderful trip and it is within reach. This will be lovely to experience.

  • Carien

    Ek en Ian het so pas verloof geraak (ek is amper 50), en word ‘n tweede kans op geluk saam met ‘n wonderlike man gegun. Dit sal wonderlik wees om die Rovos Rial vakansie te wen, en sodoende kan ek dit ook gebruik om vir hom dankie te sê vir alles wat hy vir my doen en beteken.

    Sarie is ‘n wonderlike tydskrif en dankie vir al die kosbare artikels.

    Groete
    Carien

  • Annemie

    Ek wil hierdie kompetisie wen sodat my ma en pa op vakansie kan gaan. Hulle gee en doen alles vir ons kinders, met onbeskryflike liefde. Na jare se vakansie-werkery dink ek dit is hoogs tyd dat iemand hul bietjie bederf!

  • Felicia

    Ek sal graag die vakansie vir my male wil gee dis amper hulle 20jaar huweliks herdenking. n mylpaal beslis!! Ek begin volgende jaar studeer en wil die aan hulle gee nie net vir n bederf aan mekar van my nie maar ook om dankie te se vir die naelbyt 18 jaar in hulle huisa hulle het baie vir my geleer al my menswees en vaardighede! Ek sien geen beter manier om beide dankie te se en hulle te wys wat hulle vir my en my boetie beteken! Mamma en Pappa eks lief vir julle geluk met julle 20jaar en dankie vir my 18!!

  • Christelle

    Met die gejaagde tempo van vandag se bestaan en verantwoordelikhede as ouers van besige kinder-skedules vlieg tyd vir huweliksmaats verby. Hierdie wegbreek geleentheid is die ideaal om weer die band tussen man en vrou te versterk, die vlam van die stof-vergaarde kers aan te steek en die vuurwarm passie in jou vir jou maat opnuut op te kikker.

  • suzanne

    met ‘n my eerste"jellybean" oppad sal dit ‘n wonderlik avontuur wees, vir ma, pa en klein ding… tweede honeymoon sal ook wonderlik wees..

    sarie gee sulke goeie kompetisies….

    voorspoed aan almal wat ingeskryf het.

  • Marelize

    Ek en my man het April getrou en nie die finansies gehad om op Honeymoon te gaan nie, so dit kan net die wonderlikste, asemrowende honeymoon ooit wees!

  • Riana

    Ek dink dit is amazing as mens die voorreg kry om die wêreld te kan verken. Die Here se skepping is so onbeskryflik mooi. Dit ‘n voorreg om selfs net uit jou eie dorp uit te kan kom, maar soveel groter belewenis om verder te kom.

  • Oliver

    So ‘n vakansie sal wonderlik wees

  • ace

    ek het die jaar bietjies tyd in zambia spandeer met my pa, en as ek die kompitiesie wen gaan ek my saam vat en dit met haar deel, sy is my beste vriendin en ek het haar soooooooooooo baie lief….

  • ace

    ek het die jaar bietjies tyd in zambia spandeer met my pa, en as ek die kompitiesie wen gaan ek my saam vat en dit met haar deel, sy is my beste vriendin en ek het haar soooooooooooo baie lief….

  • Isabella

    Was nog nooit in Zimbabwe nie. Dit klink na ‘n droomreis – Gedagtes word waar – ek is al klaar daar en staan in die mis van die Victoria Waterval mmmmmm heerlik!!!

  • Christo

    Ek sal graag die prys as ‘n honeymoon wil gebruik om my verloofde te verras. Sy sal dit ten volle geniet!

  • Landie

    Ek het so lank terug op n vakansie gegaan weet nie eers meer hoe dit voel om op vakansie te gaan nie.
    Wens ek kan so vakansie wen =) Dink dit is n droom wat almal het so vakansie soos die.

  • Annamarie

    Wat ‘n wonderlike droom-ervaring sal dit nie wees nie!!

  • Daleen

    Net wat ek nodig het!!

  • Jorina

    Dit klink soos ‘n wonder-soete droom. Ek dink as jy jou oë lank genoeg toemaak kan mens jouself verbeel dat jy die magtige dreuning van die Rovos Rail en Victoria-waterval kan hoor. Die reuk van Afrika kan ruik en die sproeireën van die valle op jou vel kan voel. En dan nog bly in die Royal Livingstone Hotel waar jy soos ‘n ware koningin Victoria van ouds kan voel. Dis daar waar mens kalmte en vrede kan voel uit die skatkis van ons moeder Afrika… Hemels

  • Adliana

    Ek het groot geword met stoom lokomotief en die getik, tak, tik, tak van die trein wiele oor die laste van die spore. Ons het elke vakansie van Johannesburg na Port Elizabeth met die trein gery om vir my ouma te gaan kuier. Selfs met die nuwe Diesel en Elektriese lokomotiewe het ek dit nog steeds geniet. Ek droom nou al 13 jaar om saam met my man op die Rovos Rail te gaan ry, maar elke keer as ek dink nou kan ons dit doen, gebur daar iets waarvoor die geld aangewend moet word, maar ons kan seker maar aanhou droom of hoe?