sr1002thailand_spekko
Wen

WEN ‘n kostoer na Thailand

Proe die geure van Thailand en kyk hoe kook van die beste sjefs in dié land saam met SARIE se kosredakteur, Herman Lensing.

Vaar die strate van Bangkok in op ‘n eksotiese inkopietog, en wanneer julle terugkeer na jul hotel wag ‘n plaaslike sjef julle in om die unieke kuns van eg Thaise kruie-en-rys te deel. Spring dan op die Rys Bargha en vaar op die Chao Phraya-rivier terwyl jy ‘n rysfeesmaal geniet.

Spekko-rys is die perfekte rys vir elke geleentheid. Sit met vertroue top-gehalte rys voor vir ‘n gesellige middagete saam met die gesin of ‘n uithangete met vriende. Hierdie rys word nooit gemeng met laergehalte ryskorrels nie en ‘n volkome suiwer smaak is gewaarborg. Spekko-rys word erken deur die Hart-en-Beroertestigting en vier van die ses rys-variante dra die Lae GI-stempel.

Daar’s onder meer Spekko Basmatirys, Spekko Bruinrys, Spekko Suiwer Witrys, Spekko Bruin Basmati-rys en Spekko Long Grain Parboiled-rys. Spekko Long Grain Parboiled-rys is heerlik donsig en wit, met elke korreltjie apart. Die halfgaarmaak (parboil) vang al die voedingstowwe vas vir verhoogde voedingswaarde.

Dis uiters veelsydige rys, ‘n móét in jou koskas. Gebruik dit saam met bredies of stowegeregte of selfs in slaaie. Dit het boonop ‘n lae GI – ongewoon vir halfgaar-rys – wat dit ideaal maak vir diabetes-lyers.

Dis goed om te weet dat Spekko-rys die uithoeke van die aarde besoek om vir ons net die beste voor te sit!

Die prys

  • Retoervlugte vanaf OR Tambo-lughawe op Kenya Airways
  • 6 nagte in 4 sterakkommodasie
  • Aktiwiteite en kos-toere
  • Ontbyte en aandetes
  • Lughawebelasting

Nie ingesluit by die prys nie

  • Paspoort-koste
  • Drankies en persoonlike uitgawes

10 naaswenners kan ‘n luukse Spekko-rysgeskenkpak van R500 elk wen.

WAT JY MOET DOEN

Stuur jou gunsteling-resep met Spekko-rys saam met jou naam, foto van jouself én foto van jou gereg,

posadres en telefoonnommer aan:

SARIE/SPEKKO-wedstryd

Posbus 511

Kaapstad 8000

OF

Stuur e-pos na sarie@sarie.com met jou twee foto’s (300 dpi) aangeheg.

SLUITINGSDATUM

26 Februarie 2010

* Die wenner sal teen 12 Maart 2010 telefonies in kennis gestel word en dan ‘n brief ter bevestiging ontvang.

  • Collin du Plessis

    Baie Dankie Sarie,dit is n wonderlike geleentheid,vreeslik be-indruk met hierdie prys wat julle aanbied.Hou so aan ek geniet julle kos rubieke.

    Groete Collin

  • http://updwsddbmabz.com/ pqurbrqh

    bUFjDR tcyatcdpsorp, [url=http://qvfvtnrbysrp.com/]qvfvtnrbysrp[/url], [link=http://qslbxnlsrxmc.com/]qslbxnlsrxmc[/link], http://cwphzleqaoyx.com/