Wen

WEN ‘n luukse naweek van R118 000

Hoe klink verblyf in ‘n luukse suite met uitsigte op Tafelberg, Leeukop en Tafelbaai vir ‘n hele naweek, salige spabehandelings, vervoer in ‘n Rolls Royce Phantom en skemerkelkies met ‘n uitsig op Kampsbaai se pragtige strand?

Dit is wat jy en jou metgesel te wagte kan wees by die vyfster-Pepper Club Hotel & Spa.

Met sy uitstekende ligging in die hartjie van kosmopolitiese Kaapstad spog die hotel met onder meer die intieme Odeon-teater met sy groot versameling klassieke en moderne flieks, ‘n swembad met panoramiese uitsigte, ‘n gimnasium, die luukse Cayennespa, die aantreklike Paparazzi Bar, en concierge-diens en veiligheid 24 uur van die dag.

Die binnehof met sy rustige laning palmbome sluit direk aan by die stad se bedrywige Langstraat met sy boetiekwinkels en naglewe. Pepper Club het ‘n vloot voertuie waarmee gaste vir sake-afsprake, van die lughawe en selfs besigtigingsritte in die aand vervoer word.

Gaste het ook eksklusiewe BBP-toegang tot die stylvolle strandrestaurant en skemerkelkie-kroeg – Pepper Club on the Beach in Kampsbaai.

Die gelukkige wenner sal in Pepper Club se luukse Penthouse Suite bly, wat twee hele verdiepings beslaan! Die suite bestaan uit onder meer drie slaapkamers, elk met sy eie en suitebadkamer, asook twee baie ruim sitkamers. Ekstra swier word verleen deur die balkon wat reg rondom die suite loop, en jou eie swembad.

The Pepper Club

Die prys

  • 2 nagte se verblyf in die eksklusiewe Royal Penthouse Suite ter waarde van R55 000 per nag
  • Vliegkaartjies sowel as vervoer vanaf die lughawe na die hotel en terug ter
    waarde van R5 000
  • Spa-pakkette ter waarde van R2 000 Middagete- en aandete-bewyse vir Pepper Club on the Beach ter waarde van R1 000

Neem só deel

Skryf die antwoord op die vraag hierby agterop ‘n poskaart en stuur dit met jou naam, van, telefoonnommer, e-pos- en posadres aan: SARIE/PEPPER-wedstryd, Posbus 511, Kaapstad 8000.
Of sms eN Neem Deel
SMS die woord PEPPER (geen leestekens), gevolg deur die antwoord op die vraag hierby saam met jou naam, van, e-pos- en posadres na die nommer 34687. (‘n Tarief van R2 per SMS geld.)

Sluitingsdatum 

30 November 2010
Die wenner sal teen 14 Desember 2010 telefonies in kennis gestel word en daarna ‘n brief ter bevestiging ontvang.

 

  • Christine Jordaan

    WOW! Koningslewe!

  • Wow, lyk ongelooflik!!!

  • Sophie Hendriks

    Jahoo!! Dis mos die lewe!!

  • Annette Human

    stunning! sal wat wil gee om net 1 keer in my lewe so bederf te kan word!

  • Cheryl

    need the pampering

  • cheryldene

    WAT MEER KAN N VROU VRA

  • Carina

    WOW ongelooflik!! Sal wat gee om so bederf te kan word!

  • Ek werk elke dag met weeskinders en besef elke dag hoe bevoorreg ek is vir net ‘n bord kos en die feit dat ek albei my ouers gehad het. Vir my voel dit ek verdien nie altyd meer in die lewe nie, en dit is altyd ander mense wat gelukkig is en nie ek nie. Maar om elke dag 100% vir daardie kinders te gee, moet jy 100% vir jouself ook gee. So ‘n naweek kan net die batterye weer herlaai!

  • Marietjie

    Wat meer kan ‘n mens vra as om in die Royal Penthouse Suite bederf te word!

  • Monique

    So ‘n naweek sal die kersie op die koek wees!

  • Koning vir ‘n dag!

  • Wow, dit sal wonderlik wees!

  • Na drie jaar van n nuwe ma wees, sal so n wegbreek net wonderlik wees

  • Michelle Joubert

    Dis iets wat ek en my man so sal geniet na die jaar wat ons deurgemaak het!!

  • HELEN VAN SCHALKWYK

    Dit lyk fantasties – Moet lekker wees om so bederf te kan word

  • Jennifer Mynhardt

    Dit sal vir my (18 jaar ‘n enkel ouer) en my dogeter Tamirin wat hierdie jaar Graad 12 klaar maak ‘n fantasiese Wow Whoop Whoop lekker bederf onvergeetlike Once in a lifetime Yippee Yeah experience wees.

  • Barbara

    Woo-hoo vir ons 35jr van getroude lewe sal so wittebrood smaak na meer of wat se jy Sarie

  • Annamarie du Toit

    Dit lyk na groot bederf!

  • helene page

    wow! wat n bederf! kan maar net hoop en droom

  • Anne

    Perfek! Net wat die dokter aanbeveel!

  • Marise

    Dit sal ongelooflik wees, het so wegbreuk dringend nodig.

  • RONEL BASSON

    ek weet die kompetisie het gesluit, maar ons hou duim vas. ek het ten minste 3 smse gestuur. na 26 jaar van getroude lewe met n laatlam van 5 jaar oud en n oudste van 24 nog op kollege, het ek en my man dit nodig. ons het nog 12 jaar van skool wat op ons oudag voorle, maar die Vader het ons die dierbaarste geskenk gegee waarvoor enige iemand kan vra.

  • RONEL BASSON

    Ek het eintlik bedoel 3 smse per dag vir n hele maand. Dit is hoe desperaat ek is om ook een keer in my lewe gepamperlang te word.

  • 2RsItS qgyjucnmqcqx, [url=http://cqwjxqiqcabb.com/]cqwjxqiqcabb[/url], [link=http://nclusgertymt.com/]nclusgertymt[/link], http://fsjgydosbvys.com/