the_robertson
Wen

WEN ‘n luukse wegbreek

‘n Luukse wegbreek ideaal geleë op die gewilde Route 62, in die hartjie van Robertson – dít is die bekoring van die boetiekhotel, The Robertson. En jy staan ‘n kans om 2 nagte se bederf by dié gewilde blyplek te wen!

Afgesien van topklas akkommodasie en ‘n serene omgewing, bied dié hotel jou ‘n onvergeetlike kos-ervaring by die Reuben’s at the Robertson, eetplek van die gewilde sjef, Reuben Riffel. Híér is jou gemak en ervaring hulle prioriteit, en is dit jou kans om te ontspan.

Wat kan ek wen?

  • 2 nagte by The Robertson Small Hotel (in ‘n suite langs die swembad).
  • Dit sluit ontbyt en aandete in (drankies uitgesluit).
  • Prys ter waarde van R7000
  • GEEN vervoerkostes sal gedek word nie, jy is self verantwoordelik om in Robertson te kom.

‘n Bonus vir SARIE-lesers

Bespreek nou jou plek op die MSC Opera vir die Excelsior-wyne-bootreis saam met Romanz
(26 Februarie tot 1 Maart 2013)
, en jy kan 20% afslag kry op jou volgende bespreking by The Robertson. Al wat jy hoef te doen is om “Excelsior & SARIE Wine Cruise” te noem wanneer jy bespreek vir die bootreis.

  • Elize van Zyl

    Sal so ‘n wegbreek baie geniet!

  • Antoinette Mendes

    My dierbaarste Sarie

    Ek kan nie wag om my tassie te pak en vir 2dae te verdwyn nie. Ai, my hart trek met n punt na die platteland en Robertson is n regte sprokiesplek, om nie eens van Reuben’s se eetplek te praat nie !!
    Hierdie is die ideale plek om ons 29ste huweliksherdenking te vier.
    Baie dankie Robertson Small Hotel en Sarie wat hierdie asemrowende prys moontlik maak :)

  • Joseph

    n Wegbreek wat heerlike kos insluit is beslis nie te versmaai nie.Ek sien uit daarna.

  • Karin

    Klink baie lekker!

  • Belinda vd Berg

    Awesome-ness!!!! :-)

  • Marlies Vos

    So ‘n wegbreek is net die ding wat ons nodig het. Ons werk baie, baie hard in ons eie ondernemings. Robertson is ‘n pragtige plek en sien uit daarna om die dorp te ondersoek.

  • Mary

    Ek moet harder probeer om my huwelik te red. miskien sal hierdie geleentheid die intiemheid weer terugbring .

  • Danielle Van Tonder

    Oooo ek so watgee vir so wegbreek! Dis net werk werk en nog werk en wil ook so lekker kan rus x

  • Naomi

    Mmmm …. mini wittebrood?!