wasserfall_cover
Wen

WEN ‘n luukse wegbreeknaweek

Vergeet wat jy weet van liefde het ‘n diep betekenis met melodieë wat almal gaan laat saamsing en op plekke die hartsnare roer. Dewald Wasserfall het reeds op platinumverkopers soos Jay, Karlien van Jaarsveld, Lianie May en Bok van Blerk se albums geskryf. En nou met sy eerste solo-album bewys hy dat sy stem kan kers vashou by al die groot name.

Al die liedjies op die album is deur Dewald self geskryf, en Johan Vorster het gehelp met die vervaardiging.

Sy splinternuwe musiekvideo is die titelsnit van die album. Kyk dit hieronder.

Wat kan jy WEN?

Die Zirconium-wegbreeknaweek by die Gemstone Spa en Blue Diamond Hotel sluit die volgende in:

  • 2 nagte se verblyf in ‘n luukse suite (Vrydag- en Saterdagaand)
  • Ontbyt by die Peridot-restaurant (Saterdag- en Sondagoggend)
  • ‘n Ligte middagete by die Gemstone Spa (Saterdagmiddag)
  • Aandete by die Peridot-restaurant (Vrydag- en Saterdagaand)
  • 2 spa-behandelings per persoon (Vrydagaand)
  • 4 spa-behandelings per persoon (Saterdag)
  • 2 spa-behandelings per persoon (Sondag)
  • Gebruik van die Hydro Lounge-geriewe tydens die verblyf (dit sluit die stoomkamer, Hot Vitality Pool, Cold Plunger en sauna in)

Die prys sluit ook ‘n ete vir twee ter waaarde van R500 by die Boston Bistro-restaurant, ‘n SARIE-geskenkpak en 2 Dewald Wasserfall-CD’s in.

Blue Diamond Hotel

Gemstone Spa

Blue Diamond HotelBlue Diamond Hotel

Dewald Wasserfall se musiekvideo, Vergeet wat jy weet van liefde

  • Susan Owen

    wow dit sal stunning wees om so ‘n prys te wen, lekker bederf te word en net te ontspan en niks te bekommer nie

  • Allison Mclean

    Dit lyk net na ontspanning ontspanning ontspanning, dit sal hemels wees!

  • Allison Mclean

    Ontspanning, ontspanning, ontspanning, dit sal hemels wees!

  • Anne Kotze

    Ek het al Dewald Wasserfall se CD geluister dit is werklik die moeite werd, nuut en vars, het dit by die Sariekos Extravaganza gewen en luister dit gereeld. So ‘n wegbreeknaweek sal net ‘n plesier wees net soos dit ‘n plesier is om na hom te luister.

  • Nina Venter

    Fantastiese Suid Afrikaanse Musiek!

  • Sue

    Met n Huwelik wat wankel, en ek pas Fireproof toe, Kan so wegbreek net werk!!

  • Deirdré

    Baie mooi DVD

  • Karin Behrens

    Lekker plaaslike talent . En ‘n fantastiese prys – ‘n klipgooi van ons huis af.

  • Karin Swanepoel

    Verseker my tipe naweek en musiek! Naby genoeg aan JHB. Het al die Boutique Hotel besoek en ‘n SPA behandeling daar gehad. Fantasties! Lieflike blou cocktails ook :-)

  • Jenny Lotter

    Dit sal hemels om die prys te wen. Was jare laas met vakansie

  • Lorette

    sal die perfekte wegbreek wees vir my en my verloofde waar ons byna al ‘n jaar verloof is en dit glad nie eens kon fier ni,met alle stress vani trou reelings en die wat ek 5 maande sonder werk gesit het en alle geld wat betaal moes word, sal dit perfek wees om net bietjie uit die gedrom te kom en om saam met hom ‘n rustige naweek te kan wegbreek, en ons uiteindelik kan fier ons is verloof en troue wat omi draai is

  • Magda van der Merwe

    Ek hou duimvas vir myself! Sal dit nie HEERLIK wees om van die strsknoppe in die nek ontslae te raak op so ‘n hemelse manier nie?

  • Antoinette Schoeman

    Dit sal ‘n langverwagte droom ‘n werklikheid maak!!

  • Marina Breed

    Dit sal ‘n lekker bederf naweek wees. Om vir ‘n hele naweek gepamperlang te word en net te kan ontspan is net wat hierdie opgestresde lyf nodig het.

  • Bianca

    Goeie manier om ‘n stresvolle jaar mee af te sluit!

  • Anina Rademan

    So ‘n bederfnaweek saam met manlief is net wat die dokter bestel. Met vier kinders kry ons bitter min tyd vir onsself ….

  • Fransie Jacobsz

    Net wat ons nodig sal hê na ‘n baie moeilike tyd wat ons deur gemaak het met die siekte van ons kleinkind.

  • trix

    ag dit kan net hemels wees, was sooo lank laas met vakansie of net weg…. : – )

  • Lettie Pretorius

    Dit sal so nice wees om dit te kan doen, met die alledaagse gejaag en dit met my liefde van 29 jaar.

  • Marie van der Merwe

    Drie hoera’s vir Sarie om so n wonderlikke prys te beding! Dit is n ongelooflikke mooi spa hotel. n Aanwins vir Pretoria en n groot voorreg vir die wenner!

  • Elmarie

    5 uur in die more, en ek is op vir werk. Dit lyk ongelooflik, in my gedagtes kan ek voel hoe word ek bederf.

  • Petro

    Goeie musiek, goeie hotel, dit kan net goed wees.

  • Thea

    Dit kan n goeie bederf wees.

  • Nellie

    Tyd om my rooi nommertjie af te stof.

  • Chantel

    Hoop die droom word waar.

  • Ilze

    Net die regte medisyne na ‘n lang week se werk

  • Natasja Oosthuizen

    WOW!!! Dit sal nou lekker wees om so ‘n lekker bederf-naweek weg van die alledaagse gejaag en stres te wen. Die stoombad en spa behandelings klink hemels.