Het jy gehoor?

WEN ‘n ‘makeover’ met nuwe Afrikaanse fliek

Alles wat mal is, ‘n nuwe Afrikaanse fliek met Erica Wessels en Louw Venter, gee een gelukkige SARIE.com-leser die kans om ‘n mooimaaksessie te WEN!

Waaroor gaan Alles wat mal is?
Helena Joubert (Erica Wessels) het haarself verloor. Iewers tussen haar varsity-kys, die ja-woord en twee woelwater seuntjies, het die Helena wat sy ken verdwyn. Sy en haar man Gustav se passievolle verhouding het plek gemaak vir ‘n permanente skietstilstand. Die eens uitgelate, ongeïnhibeerde meisie van haar jongdae is nou net tartende foto’s teen haar muur en haar joernalistieke drome het plek gemaak vir sporadiese artikels in nietige publikasies. Hoe het dit gebeur dat haar lewe so klein geword het? Hoe het dit gebeur dat haar enigste vriendin en vertroueling haar huishulp Miriam is?

Alles begin verkeerd loop in Helena se lewe. Die chaos bereik uiteindelik breekpunt en Helena se uitdagende alter ego maak haar verskyning en besluit om in te gryp. In die proses ontdek Helena ʼn stukkie van haar ou self, ʼn stukkie wat lankal smeek om aandag. Sy durf verskeie nuwe eksentrieke avonture aan kompleet met Miriam en die twee woelwaters op sleeptou. Haar bitter-soet konklusies deel sy met haar ‘Alles wat mal is’- bloglesers, maar nie almal stem saam met haar vreemde projekte nie. . .

Voel jy ook soms soos Helena? Het jy in jou rol as ma, vrou, vriendin iets van jouself verloor? Kyk jy in die spieël en wonder jy waar jou jonger dae heen is?

main image new newsletter

SARIE.com en Alles wat mal is gee 1 gelukkige leser die kans om ‘n mooimaaksessie by Veronique en haar span te WEN! Vul die inskryfvorm hieronder in om deel te neem.

WEN 'n mooimaaksessie op SARIE.com

Alles Wat Mal Is word deur Times Media Films versprei en is van 8 Augustus 2014 landwyd in teaters te sien.