Wen

WEN ‘n oormaaksessie met SARIE se Fanie Cronjé

Op Saterdag 6 Oktober om 8 vm skop ‘n heerlike bederfdag by Spar DC Convention Centre in Philippi, Kaapstad, af met SARIE se Fanie Cronjé as een van die sprekers vir die dag. Ook op die verhoog is Isabella Niehaus, vryskut-stilis en voormalige moderedakteur van SARIE, tenoor Jannie Moolman, motiveringspreker Alison en danser John Sithole.

Skryf hier in en jy kan die volgende wen:

2 lesers kan kaartjies na dié spesiale dag wen.

Boonop staan jy ‘n kans om ‘n R1 000-geskenkbewys van sarie.com, SARIE se aanlynwinkel, te wen asook ‘n oormaaksessie op die dag met ons stylredakteur, Fanie Cronje. Dit sluit volledige grimering, haarstilering asook die uitrusting waarin Fanie die wenner gaan aantrek, in!

Fanie gee raad en wenke oor hoe jy jou gunsteling uitrusting – en selfs die uitrusting waarvan jy die minste hou – kan optower en weer nuut maak.

Maar jy moet bietjie waagmoed aan die dag lê!  So, as jy bereid is om saam te speel – kan jy wen!

Ongelukkig is dié wedstryd slegs beperk tot ons Kaapse lesers aangesien die funksie in Kaapstad gehou word.

Hier’s wat jy moet doen:
 
As jy een van die 2 gelukkige wenners is, gaan jy die volgende moet saambring:

* ‘n uitrusting waarvan jy BAIE hou en BAIE aantrek
* ‘n uitrusting waarvan jy hou, maar NOOIT aantrek nie
* ‘n uitrusting waarvan jy NIKS hou nie, NOOIT dra nie, maar ook nie wil wegmaak nie
 
Ons wenners moet bereid wees om voor ‘n gehoor hierdie uitrustings te vertoon. Ons sal jou vooraf skakel vir mates indien jy een van die 2 gelukkige wenners is.

Sluitingsdatum: Woensdag 3 Oktober om 5 nm

Vul jou details in die vorm hieronder in.