Wen

Wen ‘n private kuier saam met Dana Winner vir jou en 3 van jou vriende

Belgiese sanger, Dana Winner, kuier eersdaags weer in Suid-Afrika om haar volgende konserte, moontlik in September of Oktober vanjaar, vas te maak. En as ‘n spesiale bederf vir SARIE Facebook-vriende nooi sy 2 SARIE Facebook-vriende en 3 van hul vriende elk, om saam met haar rondom ‘n koppie tee op Donderdag 10 Maart van 3 nm tot 4 nm by The Palazzo Montecasino Hotel in Johannesburg te kuier. Elkeen sal ook ‘n getekende eksemplaar van haar nuutste CD, Between Now and Tomorrow, kry.

Alle SARIE Facebook-vriende word uitgenooi om in te skryf, maar onthou dat jy self verantwoordelik is vir jou vervoer na en van The Palazzo Montecasino in Johannesburg.

Dana het Suid Afrika die eerste keer in Februarie 1998 besoek en het sedertdien al meer as 20 keer teruggekeer vir konserte óf sommer net om te kom vakansie hou. Sy is gek oor die land, veral oor die natuurskoon en die heerlike weer. Sy het meer as 40 konserte in die land gehou en al meer as 500 000 CD’s nét in Suid-Afrika verkoop.

High tea by The Palazzo Montecasino Hotel is ‘n ware belewenis en die perfekte geleentheid om saam met Dana en jou beste vriende te kuier. In dié ou-wêreldse tradisie het Japanese tee-kenners die kuns van teemaak vervolmaak en sit keer op keer die perfekte koppie tee voor. Delikate koeke, broodjies en die mooiste petit fours is die perfekte pasmaats hiervoor.

NEEM DEEL DEUR DIE VRAAG HIERONDER TE BEANTWOORD

WEDSTRYDREËLS

1. Die eerste korrekte inskrywings wat getrek word, wen die pryse. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen gesprek of korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Slegs vir SARIE Facebook-vriende tydens die verloop van die wedstryd.

2. Pryswenners is self verantwoordelik vir vervoer na en van die geleentheid wat by The Palazzo Montecasino in Johannesburg op Donderdag 10 Maart 2011 plaasvind. Die prys is slegs geldig vir 10 Maart 2011 van 3 nm tot 4 nm.

3. Die wenners sal telefonies en daarna per e-pos verwittig word en hul name sal in ’n latere stadium op die webtuiste www.sarie.com verskyn.

4. Die pryse is nie vir kontant omruilbaar nie. SARIE bied hierdie wedstryd namens die borg aan as ’n diens vir haar lesers. Die borg voorsien en is verantwoordelik vir die pryse. SARIE aanvaar geen verpligting hoegenaamd t.o.v. die ontvangs van die pryse of gestanddoening van die voordele daaraan verbonde nie.

5. Werknemers en hul gesinne van Media24 (SARIE se moedermaatskappy), die borg en hul reklame-, advertensie- en digitalemaatskappye mag nie aan die wedstryd deelneem nie.

6. Media24 en die borg word gevrywaar teen alle eise en/of laste wat die wenners kan hê weens skade/beserings vanweë hul deelname aan die wedstryd of benutting van die pryse.

7. Deur aan die wedstryd deel te neem, stem jy in om van tyd tot tyd sekere promosie-korrespondensie van SARIE te ontvang.

8. Die sluitingsdatum is Dinsdag 8 Maart 2011 om 12 nm.