6
Wen

WEN ‘n spa-kursus ter waarde van R5000

Wel, jy staan ‘n kans om dié geleentheid te wen op www.sarie.com! Dit sluit klasgelde, jou uniform en handdoeke asook alle produkte wat jy sal nodig hê in.

In die steeds groeiende gesondheid- en velsorgbedryf is daar wêreldwyd ‘n tekort aan dinamiese en doelgerigte gesondheidsterapeute. By The International Academy of Health and Skin Care kan jy uit 3 opwindende beroepsrigtings kies. Hul deeltydse kursusse is ideale vir werkende mense en met hierdie kwalifikasies kan jy oorsee gaan werk.

Vir verdere inligting, skakel die hooftak in Kaapstad by 021 421 6661 of kontak hulle in Sandton, Johannesburg by 011 883 8033. Besoek hul webtuiste, www.internationalacademy.co.za

Terme en voorwaardes geld.
As jy vir hierdie wedstryd inskryf, moet jy verkieslik in die Kaapstad of Sandton-omgewing woon. Vervoer of verblyf word nie by die prys ingereken nie. Jy is self daarvoor verantwoordelik.

  • Hesléé Rademeyer

    Ek het matriek klaar gemaak in 2008
    Sederdien het ek werk gekry by ‘n baie goeie lode as ontvangs dame maar sal graag my kennis wil uitbrei en as mens groei

    Ek dink die geleentheid wat deur Sarie en The International Academy of Health and Skin Care gebied word vir dames is fantasties en sal vir my ‘n droom wees om so iets te kan leer

  • Sharon

    Ek is al oor 40, so baie sal dink dat ek te oud is vir so ‘n kursus. Ek is ‘n enkelouer, en my enigste dogter begin met haar studies volgende jaar. Ek wou nog altyd verder studeer, maar ek moet my kind eerste stel. Dit is ‘n wonderlike geleentheid wat Sarie en The International Academy of Health and Skin Care bied vir die wenner van hierdie kompetisie.

  • ronell

    die lewe is ‘n geskenk en jy moet dit met albei hande aangryp wanneer so geleentheid oor jou pad kom…dit sal fantasties wees vir elke vrou om meer hiervan te leer!’n Bonus saam met innerlike skoonheid natuurlik!

  • http://www.sonja-imageconsultant.co.za Sonja

    Ek is oor 40. Het al geleer om kanse om te studeer te gryp as dit na jou kant toe kom – kennis kan niemand mos van jou wegneem nie. Die persoon wat die kompetisie wen, sal baie bevoorreg wees. Ek het na my egskeiding en ‘n loopbaan van 17 jaar, eers begin om aan my passie aandag te gee, nl die skoonheids- en modebedrywe. Ek is klaar gekwalifiseer as Voorkomskonsultant en sal graag ‘n grimeerkunstenaar-kursus sowel as die bg kursus wil doen en my eie salon eendag oopmaak, maar intussen moet ek eers spaar vir die kursusse…

  • Belinda Haffner

    Ek dink dis n uitstekende kursus veral mense wat daarvan sal hou en nioot andersins die geleentheid sou kry nie