Wen

WEN nuwe vloere vir jou huis ter waarde van R5000

Die ‘n nuwe jaar en die beste tyd om jou huis mooi te maak, maar niemand wil te veel geld spandeer nie. Floors Direct bied jou ‘n eenvoudige oplossing met hul reeks splinternuwe gelamineerde vloere. Nie net kan jy dit self insit nie, maar die spoggerige hout-afwerking is beskikbaar in ‘n verskeidenheid kleure, teksture en style. 

“Gelamineerde vloere is goeie waarde vir geld en ‘n gerieflike opsie as jy moeiteloos jou huis ‘n nuwe voorkoms wil gee,” sê Helen Marshall, bemarkingsdirekteur van Floors Direct.

Die klik-sluit-sisteem sorg dat jy die vloere maklik kan installeer en jy’t geen spesiale gereedskap, professionele hulp of spykers nodig nie. Jy kan dadelik op die vloere loop na installasie en dit is baie stabiel.

By Floors Direct kan jy ook kies uit ‘n reeks skoonmaakprodukte vir jou splinternuwe vloere. Hulle bied jou ook hul tegniese vernuf en professionele installasie-diens. En nog meer, dit kom met ‘n lewenslange waarborg.

Kontak Floors Direct by 0861 FLOORS (356677) landwyd of besoek hul webwerf by www.floorsdirect.co.za.

Op sarie.com kan jy nou R5000 se gelamineerde vloere wen! Antwoord net die maklike vraag hieronder.