Wen

WEN R5 000 se badkamer-bykomstighede en teëls

“Elegante bykomstighede verander jou badkamer van ‘n gewone vertrek na ‘n luukse toevlugsoord,” sê Kate van Niekerk, bemarkingsbestuurder van Tile Africa.

Die eerste en beste manier om ‘n afgeleefde badkamer weer sprankelend te laat lyk is om ‘n fokus-meubelstuk soos ‘n spieëlkas of ‘n nuwe muurkas in te sit. Dis maklik om self te doen en gaan jou nie baie uit die sak jaag nie.

Nuwe bybehore soos ‘n wasbak, ‘n stortkop en verhitte handdoekrelings kan die voorkoms van jou badkamer drasties verander. Selfs net om nuwe krane vir jou wasbak te kies maak reeds ‘n groot verskil aan die ambience van jou badkamer.

Tile Africa - badkamer-bykomstighede Kleiner badkamer-bykomstighede soos rakke, handdoekrelings, seepbakkies, handdoekhake en tandeborselhouers help om ruimte te skep,
en as jy die regte styl kies, kan jy jou badkamer op ‘n ekonomiese manier mooi maak.

Vir kreatiewe inspirasie en die beste badkamer-bykomstighede om uit te kies gaan maak ‘n draai by een van die 37 Tile Africa-takke landwyd. Die stylvolle vertoonlokale sal jou luukse idees vir jou badkamer gee.

Kyk uit vir die nuutste uitgawe van connexions, ‘n stylgids saamgestel deur Tile Africa. Kry jou eksemplaar by jou naaste Tile Africa-tak. Besoek www.tileafrica.co.za of tel. 0800 002 783 (tolvry)

Jy kan WEN!

‘n R5 000-koopbewys van Tile Africa kan joune wees om jou badkamer op te kikker. Vul net die inskryfvorm hieronder in. 

 

  • Christine Jordaan

    Asemrowend….maak mens lus om jou hele badkamer te herskep.

  • JOAN

    Wow, ek kan myself geniet in so ‘n stylvolle badkamer!

  • Sophie Hendriks

    Perfek! Net wat ek nodig het vir einde van die jaar as ek my en ‘n half badkamers gaan aanbring.

  • Sophie Hendriks

    Perfek! Net wat ek nodig het vir einde van die jaar as ek my een en ‘n half badkamers gaan aanbring.

  • Adele

    Sjoe ek begeer so ‘n badkamer!

  • Betsie Janse van Rensburg

    Om van te droom!

  • NADIA

    SIT NOU AL VIR HOE LANK MET NET ‘N TOILET EN ‘N WASBAK IN MY ENSUITE BADKAMER, DROOM OM DIT KLAAR TE MAAK.

  • Anelize Hendrikz

    Ons huis 55 jr oud EN SO TYD VIR ‘N NUWE LOOK, sal fantasties wees om dit te kan wen!

  • Ai..dis maar net om van te droom, ons badkamer is geel, en het die huis so gekoop, ek voel al soos n sonneblom.

  • Deidre

    Dit sal n pragtige verandering wees van my bakamers na 19 jaar.

  • Gladys v.d. Westhuizen

    Wow! Dis amazing romanties en stylvol – die liggies in die dak skep ‘n rustige atmosfeer en die badkamer in sy geheel nooi ‘n mens uit om langer tyd daar deur te bring.

  • Amanda payne

    ek smag na n stylvolle badkamer, als val al uit mekaar uit….droom droom droom.

  • Rio

    Hier’s groot fout in my badkamer! Ek benodig hulp 🙂

  • Nezel Petersen

    wie kan ooit nee dankie se vir so ‘n pragtige geskenk, defnitief nie ek terwyl my badkamer dit nodig het!!!

  • Lizelle Cronje

    Nuwe huis sal verseker kan doen met die!

  • Andre Alexander

    Leaking taps,i need help urgently

  • Greta Conradie

    Sal dit nie wonderlik wees om te wen. Net wat my huis nodig het.

  • Wilna

    Sit met ‘n gebarste wasbak, lekkende toilet, wit vloerteels en geel/groen muurteels in die badkamer, sou wat wou gee om badkamer te laat oordoen. Die finansies laat mens in die steek.

  • Ida

    Pragtig! Dis die beste ooit! Wens ek kon dit wen!

  • Megan Wait

    Ek en my kerel het sopas ‘n stok-ou huis gekoop. Wat ‘n bederf sal so prys nie wees nie 🙂

  • Marilize

    Ons badkamer het dringend ‘n mooimaak sessie nodig! Hulp sal baie waardeer word!

  • Su-Mari du Plessis

    Ooooh nee kyk lyk soos die regte plek net om n besige dag
    Af te sluit. Lui lekker bad met bubbles! Stylvol en elegant!
    Perfek vi ons!

  • Jeannette Vermeulen

    Na 38 jaar in dieselfde badkamer sal dit my en my gesin baie spesiaal laat voel.
    ‘n Mens mag maar droom oor so ‘n stylvolle badkamer.

  • Melanie

    Begin my 1ste huis bou kan nie wag om my badkames ook stylvol te maak soos ek daarvan hou nie!