Wen

WEN stylvolle muurkuns!

Eenvoudige, stylvolle dekor-oplossings

StickArt is ‘n nuwe eenvoudige en stylvolle manier om die dekor in enige vertrek van jou huis in ‘n oogwink te verander. StickArt se opwindende reeks viniel-muurplakkers is nie net pragtig nie, dis so maklik om te gebruik. Hulle lyk goed in enige kamer, is groot pret en jy kan dit rond en bont skuif soos die gier jou beetpak. Plak dit in jou sitkamer, ingangsportaal, kinderkamers, badkamer of selfs buite op jou stoep!

Chalkboard Japtrap-maklik

StickArt-viniel-muurplakkers is so maklik om te plak en af te haal (en sal beslis nie oppervlakke beskadig nie), dat jy nou so gereeld jou dekor kan verander as wat die gier jou beetpak.

As jy ‘n nuwe voorkoms vir ‘n kamer wil skep, hoef jy nie meer met emmers verf, stensels, ‘n vuil huis en met die sweet van jou aangesig te worstel nie. Al wat jy nodig het, is StickArt se pragtige muurplakkers wat jy op enige gladde oppervlak kan plak. Jy kan dit op mure, glas, spieëls, hout, deure, sement- of metal-oppervlakke plak. Dis maklik en gemorsvry!

Omskep kindertekeninge in muurplakker

StickArt-kids is ‘n unieke diens wat jou in staat stel om jou kinders se tekeninge in muurplakkers te omskep. Nou kan jou kinders op jou mure teken! Wel, soort van. Al wat jy hoef te doen is om hul kunswerke na StickArt te e-pos of faks (verkieslik lyntekeninge wat met ‘n vet koki geteken is) en hulle sal muurplakkers daarvan maak wat jy in hulle slaapkamer of speelkamer kan plak.

Natuurlik is die diens nie beperk tot kinderkuns nie. As jy ‘n idee het vir ‘n unieke muurplakker wat by jou dekor pas, of self kunstig is en jou grafiese kuns in muurplakkers wil verander, stuur dit na StickArt en hulle sal muurplakkers daarvan maak.

Waar kry jy StickArt?

  • Jy kan op hul webtuiste, www.stickart.co.za, kyk na die volledige katalogus. Hier sal jy ook sien hoe StickArt in ander kamers gebruik is, en daar is sommer baie wenke en instruksies vir die beste manier om StickArt-plakkers aan te wend.
4 Gelukkige SARIE-lesers kan ‘n kandelaar- of swartbord-plakker vir hulle huis wen. Skryf in hieronder.


  • Susan Jordaan

    Dankie Sarie, vir die oulike artikels wat julle plaas.

  • B Ferr

    baie oulik en nuttig

  • SUZETTE ANN BRICKHILL

    Defnitief vir ons tuisteskeppers!

  • Kobie Swanepoel

    Sarie Whaau!!! Julle is voorlopers van alles soos gewoonlik.

    Thanx a lot

    Kobie Swanepoel

  • Annalize Pienaar

    Wat ‘n oulike idee vir enige huis. Dankie Sarie, dis so oulik.

  • Vanes

    Voorwaar n wow idee!

  • fIyIa5 isuqqosxmrbg, [url=http://ciolqgnfqtxg.com/]ciolqgnfqtxg[/url], [link=http://gwjhmjondxjo.com/]gwjhmjondxjo[/link], http://hhuqdeubtiab.com/

  • Frlt7V jalqeyrtdiuw, [url=http://jtegohbsnvut.com/]jtegohbsnvut[/url], [link=http://dqrhabgpqnrm.com/]dqrhabgpqnrm[/link], http://exvqnfmykvju.com/

  • Liesel

    Baie dankie vir Dave Pepler se boek wat ek ontvang het, ek kan dit steeds nie glo nie, ek wen nooit. Jul webtuiste is my gunsteling