FOTO: Rodger Februarie en  Willem Loubser

FOTO: Rodger Februarie en Willem Loubser

Woon

5 droomkamers vir kinders

Elke kind verdien ’n droomkamer. Een waar fantasie en verbeelding vrye teuels het, maar ook ’n ruimte wat prakties ingerig is. 

Hier’s so ’n bietjie inspirasie vir kinderkamers.

1. Kinders hou van kleur. Dogtertjies sal veral hou van hierdie kamer in turkoois en rooi. Dit is terselfdertyd treffend en sag. Hulle hou daarvan om hul bed toe te maak met die muskietnet en slaap rustiger so – hulle voel knus en veilig. Groot vloerkussings is ’n lekker lêplek en die bêrebokse hou vloerspasie oop en netjies.

FOTO: Rodger Februarie en  Willem Loubser

FOTO Rodger Februarie en Willem Loubser

2. Seuns is mal oor kaarte. Dis ’n lekker tema – koop ’n groot kaart by ’n kaartwinkel (of die AA) of ’n aardbol. Vir groter kinders is ’n lessenaar ’n moet vir huiswerk, teken en inkleurwerk. Gebruik dit sommer as ’n bedkassie. ’n Vasknyp-lig is ’n veilige opsie, want dit slaan nie om as die spelery dalk rof raak nie.

FOTO: Rodger Februarie en  Willem Loubser

FOTO Rodger Februarie en Willem Loubser

3. ’n Speelhoek is ’n wenner in enige kinderkamer. Seuns en dogters sal van die vrolike kleure hou. ’n Tent vir lekker huisie-huisie speel is elke kind se droom. Gebruik jou muurspasie sodat die vloer oop is vir speel.

FOTO: Rodger Februarie en  Willem Loubser

FOTO Rodger Februarie en Willem Loubser

4. ’n Lekker stoel is noodsaaklik as die baba nog klein is. Maak ’n eenvoudige bewertjie van ’n borduurraam wat met lint toegdraai word. Hang uitgesnyde wolkies en diertjies daaraan op (ons het dié op die foto laat lasersny en geverf). Die sagte beweging van ’n bewertjie maak die baba kalm terwyl jy voed.

FOTO: Rodger Februarie en  Willem Loubser

FOTO Rodger Februarie en Willem Loubser

5. Silwer en wit straal kalmte uit en is geskik vir ’n seuntjie of dogtertjie. Voeg later kleur by as jou baba groter is. Moenie jou babakamer oormeubileer nie, want dit is in die begin hoofsaaklik ‘n “werkruimte”.

FOTO: Rodger Februarie en  Willem Loubser

FOTO Rodger Februarie en Willem Loubser

Lees nou

Slim planne vir klein ruimtes

5 dekorplanne met ou jeans