FOTO Henk Hattingh

FOTO Henk Hattingh

Dekorstories

5 goed om jou huis trendy te maak

As jy daarvan hou om op die voorpunt van dekortrends te wees is hier ’n paar goed waarmee jy jou huis kontemporêr kan maak.

1. Teëls met patrone

En jy hoef nie teëls uit te kap nie. Hierdie “teëls” is vinielplakkers wat van De Waal Art bestel kan word.

 

2. Nuwe Afrika-inspirasie

Dis nie stowwerige maskers en assegaaipunte nie, die fokus is op tekstuur, vorm en patroon. Dit word met helder kleure vermeng soos kleurryke mandjies, of jy kan klassieke swart-en-wit kies.

 

3. Skandinawiese meubels

Tydlose skoon lyne en ’n minimalistiese voorkoms is kenmerkend van dié styl.

 

4. Binneplante en waterwys tuine 

Ons woon in Afrika waar dit droog en warm is. Skep koel lafenis met binneplante en kokedamas (mosbal-plante) en plant waterwys in jou tuin of op jou balkon, bv. vetplante en kaktusse.

TREND 4

FOTO Henk Hattingh

 

5. Metale

Metaalvorms en alle metaalkleure (veral roosgoud) is nou hoogmode. Kombineer dit met “harde” materiale soos sement of marmer vir ’n mooi kontrasterende voorkoms.