muur2-2-533x800
Dekorstories

Goedkoop vir jou kaal mure

Mooi skilderye en prente is soms duur. Gelukkig is dít nie die enigste manier om ’n kaal muur te versier nie. Hier is 5 slim idees vir goedkoper dekor.

1. Pleks van ’n bedkopstuk kan jy ’n metaalversiering agter die bed teen die muur ophang. Snuffel rond in winkels soos Mr Price Home. Verf die muur in ’n kontraskleur, maar hou dit sag en kalm vir ’n slaapkamer.

muur1

FOTO Ryno

2. Verf strepe op ’n fokusmuur vir ’n nuwe voorkoms. Verf eers in ’n basiskleur en laat goed droog word. Begin in die middel en werk na die kante toe. Trek ligte strepe met ’n lang liniaal en plak maskeerband waar jy die basiskleur wil laat uitsteek. Verf strepe in kleure van jou keuse met smal sponsrollers. Trek maskeerband af as verf droog is.

muur2-2-533x800

3. ’n Enkel metaalkruis teen ’n dubbel-volume muur werk goed as fokuspunt.

Muur3

FOTO Ryno

4. Wie het gesê ’n spieël hoort nie in die kombuis nie? Maak ’n klein stillewe daarvan.

muur4

FOTO Ryno

5. Lasergesnyde woorde en letters, saam met ’n muurhorlosie praat met jou – en is boonop spotgoedkoop.

muur5

FOTO Ryno

Lees nou

Bad, salige bad

Laai jou kalender vir Julie af

Rakke vir die kombuis