FOTO Design Team

FOTO Design Team

Dekorstories

5 kits-dekorplanne

Hier is 5 kitsgoed wat jy kan doen vir ’n vars voorkoms en dit hoef jou nie iets te kos nie.

1. Hang iets ongewoons op

Het jy mooi teepotte of koppies? Hang dit in ’n trossie op aan ’n mooi lint. Plak die deksels vas met kleeflint of silikoongom.

kits1

FOTO Willem Lourens

 

2. Maak ’n installasie

Het jy klein houtkissies, ’n ou vistenk of selfs stewige boksies iewers? Verf die binnekant daarvan in ’n kleur en stapel dit in ’n interessante formasie opmekaar. Plaas mooigoed soos sade en klein kunswerke daarin. Verander gereeld die uitstalling en maak seker dat die installasie stewig staan.

kits2

FOTO Henk Hattingh

 

3. Maak of koop lap-“rokkies” vir jou potplante

Sulke lapsakkies is onder meer by Skinny laMinx te koop. Dit laat die nederigste potplant vrolik en interessant lyk.

kits3

FOTO Skinny la Minx

 

4. Vervang jou lampskerms

Lampskerms word dikwels afgeskeep. Dit maak ’n helder kleurkol in jou vertrek en laat dit weer vars lyk. Lampskerms gemaak van Design Team-materiaal.

kits4

FOTO Design Team

 

5. Stal jou kombuis uit

As jy mooi breekgoed en vadoeke het, stal dit uit en hang dit op. Dit gee kleur aan jou kombuis en skep ’n warm gevoel. Of raam ’n mooi vadoek.

kits5

FOTO Ryno

Lees nou

#SARIEkrismis: Versier jou borde só!

3 basiese items

5 goue reëls om jou meubels te rangskik