FOTO Ryno

FOTO Ryno

Dekorstories

Planne met ’n swartbord

Dis is sekerlik een van die lekkerste en mees praktiese goed om in jou huis te hê. En dan lyk dit nog mooi ook!

1. Donker mure is steeds in. Volg die trend en gebruik Plascon Cashmere, kleur Bovine, pleks van swartbordverf, en verf een muur in jou kombuis om ’n reuse-swartbord te maak. As jy skrikkerig is vir so ’n groot donker muur, verf dan net jou kombuisdeur.

swart1

FOTO Ryno

 

2. Prakseer ’n plan bo jou werktafel. Daar is mos altyd iets wat jy moet onthou. As jy ’n ou raam het, laat sny ’n stuk Masonite-bord (by die meeste ysterwarewinkels te koop) groot genoeg om in die raam te pas en verf die gladde kant met swartbordverf.

swart2

FOTO Ryno

 

3. Nog ’n plan is om so ’n stylvolle swartbord (onder) teen ’n muur te verf (in die kombuis, gang of kinderkamer). Teken dit met potlood teen die muur. Plak die reguit kante met maskeerband. Gebruik ’n dun kwas en vul die gekurfde lyne in met swartbordverf. Verf dan die res met ’n sponsroller. Trek maskeerband af as verf droog is.

swart3

FOTO Ryno

 

4. Soortgelyke flesse is nou oral te koop. Gebruik dit en orden jou kruideniers- of stokperdjiekas.

swart4

FOTO Ryno

 

5. Knip hartvorms uit stewige karton. Druk ’n gaatjie aan die bo-kant. Verf met swartbordverf, laat droog word en ryg ’n toutjie deur. Hang aan stoele as plekaanwysers.

Photographer Rodger February of SARIE Magazine

FOTO Ryno

Lees nou

Herwingoed word ontwerpersgoed

Blik-aspaai

Brei ’n maklike blokke-kombers