FOTO Henk Hattingh vir Mr Price Home

FOTO Henk Hattingh vir Mr Price Home

Dekorstories

5 slim truuks vir ’n sjiek slaapkamer

Jy is dit aan jouself verskuldig om jou slaapkamer so lekker en luuks moontlik in te rig, sonder dat jy die bank breek. ’n Paar veranderinge kan al die verskil maak.

1. Skep ’n leeshoek

Dra een van jou gemakstoele uit die leefvertrek na ’n hoekie in die slaapkamer. Saam met ’n ekstragroot lamp is jou slaapkamer dadelik trendy. Die stoel is ook gerieflik om klere oor te hang of om op te sit wanneer jy jou skoene aantrek.

 

2Laag-op-laag-kussings

Ekstra kussings wat lekker groot is en in mooi materiale oorgetrek is, is gerieflik as jy graag in die bed lê en lees. Waak daarteen om dit te oordoen, want dit eindig gewoonlik  op die vloer! Die algemene reël is dat dit nie meer as ’n kwart van die bed se lengte moet inneem nie.

slaap2

FOTO Henk Hattingh vir Mr Price Home

3. n Bietjie blink

Gee aandag aan die algemene beligting van die slaapkamer. Plafonligte kan maklik in jou oë skyn. Herlei dit sodat dit langs die bed hang en sommer terselfdertyd dien as bedlamp, veral as spasie min is. Kies ’n moderne lampskerm soos dié in rooikoper.

 

4Geometriese patrone

Almal weet effe beddegoed is sjiek, maar dit kan soms vervelig wees. ’n Duvet-oortreksel met geometriese patrone is modern en lyk mooi saam met effe kussingslope in kleure van die duvet. Hou die res van die slaapkamer sonder fieterjasies.

slaap4

FOTO Volpes

 

5. Spieëlkas

Snuffel in jou huis en skuif bietjie meubels rond. Kies ’n kas met laaie of tafel waarby jy gerieflik kan sit en plaas dit teen ’n muur in jou slaapkamer, saam met ’n groot spieël. Hier kan jy gemaklik sit om hare droog te blaas of grimering aan te sit. Boonop is daar genoeg laaie om los goed in weg te pak.

slaap5

FOTO Ryno

Lees nou

5 goed om jou huis trendy te maak

Meubileer só jou eenkamerwoonstel

Pastelle is nie pieperig nie