Janes_Delicious_Urban_by_Jane_Griffifths_-_Copy
Maak dit self

6 wenke om ’n groentetuin te maak

Tuinmaak is ’n verhouding. Vir jou tuin moet jy net soos in ’n verhouding liefde, toegewydheid, vrygewigheid, verdraagsaamheid, vertroue, kommunikasie en respek hê.

Bowenal, sê die tuinghoeroe Jane Griffiths, moet jy ’n kompromie kan aangaan! Want ’n tuin gaan net goed reageer as jy liefde en harde werk instort. Vir haar is die belangrikste ding van tuinmaak kennis – doen jou huiswerk, want hoe meer jy oor tuinbou weet, hoebeter sal jou tuin wees.

Haar boek, Jane’s Delicious Urban Gardening (Sunbird, R295), is ’n goeie bron wat jou sal help om ’n groentetuin te maak waarin jy nie die heeltyd die grond moet omspit nie. Dit begin alles by gesonde grond vol hummus.

Janes_Delicious_Urban_by_Jane_Griffifths_-_Copy

FOTO Verskaf

Haar wenke vir ’n geen spit tuin:

1. Moet nooit binne in jou tuin op die grond staan nie, want dit kompakteer die grond.

2. Dus, maak die beddings net wyd genoeg dat jy die middel maklik kan bereik, ongeveer die grootte van ’n deur.

3. As jou beddings groter is, plaas trapstene ’n gemaklike afstand van mekaar af. Sorg dat daar paadjies rondom jou bedding is.

4. Om jou grond te voed, strooi organiese materiaal oor die gronoppervlak – goed verrotte mis en organiese strooimis (mulch).

5. Maak seker jy het erdwurms in jou tuin, want dit hou die grond gesond.

6. Grawe net in jou tuin as jy plante wil plant, of wil uithaal, of wanneer jy ’n nuwe bedding voorberei.

Hierdie is die eerste stappe om beddings vir jou groentetuin voor te berei. Onthou, gebruik water met sorg sodat jou plante nie uitdroog nie. ’n Tuin soek aandag!

Ons vier Sondag 9 Oktober Tuindag in Suid-Afrika. Om jou te help om jou tuimaakvermoë te verbeter, kan jy die gratis app, Gardening with Babylonstoren, op jou selfoon aflaai. Daar gaan jy baie hulp kry met tuinmaakinligting en jy het ook toegang tot tuinmaakkenners.

Wat is #TuindagSA?

Dit vind plaas op Sondag, 9 Oktober, en is ’n geleentheid om jou tuin of selfs enige tuin saam met geliefdes en vriende te vier! Nooi hulle om saam met jou te kuier.

Besoek Garden Day vir meer inligting oor Tuindag. Maak seker om die hutsmerk #TuindagSA te gebruik wanneer jy foto’s van jou Tuindag-vieringe deel.

Besoek ook Garden Day SA se Facebook -blad en volg @gardendaysa op Twitter en Instagram vir lekker tuindag-wenke.

FOTO @garden

FOTO @gardenSA

Lees nou:

Kyk hoe gaan Suzelle Tuindag vier!

3 voordele van tuinmaak

Maak tuin uit die kombuis

Hou jy van mooi tuine? Dan sal jy mal wees oor die Kaapstadse Blommeskou van 27 – 30 Oktober – lees HIER meer.

Blommeskou Instagram