FOTO Plascon

FOTO Plascon

Dekorstories

Aankondiging: Kleur van die jaar vir 2017

Elke jaar kies ’n paneel kleurkenners van Plascon ’n kleur wat die gemoed in die ontwerplandskap wêreldwyd opsom. Vir 2017 is die kleur “In the Mood” gekies  (kode 06-F2-3). Dis ’n neutrale kleur met ondertone van aardse grys en baie subtiele pienk tinte. Dis ’n warm, gesofistikeerde kleur en ’n perfekte agtergrond vir enige dekorruimte.

Volgens Anne Roselt, kleuranalis van Plascon, weerspieël dit die wêreldwye gevoel van “terug na die basiese dinge” (back to basics) waardeur almal op die oomblik gaan, maar dis steeds ryk, warm en maklik om te gebruik.

Jy kan ’n vertrek met “In the Mood”-mure energie gee met klein hoeveelhede geel en oranje, of mineraalgroen en blou. Kies byvoorbeeld bykomstighede soos kussings, lampskerms en kleiner dekor-items in dié kleure.

Lees nou

’n Plan met ’n ottoman

Gratis Augustus-kalender in Afrikaans

Kiskenades