FOTO Ryno

FOTO Ryno

Dekorstories

Bad, salige bad

Niks is lekkerder om ná ’n lang dag in ’n diep warm bad weg te sak nie. Ons wys ’n paar inspirerende badkamers en gee ’n paar wenke.

1. Die moderne badkamer kan maklik koud en klinies lyk. Hier is dit gekombineer met sagte geel mure (Dulux, Sundust 5) met ’n blinding van ’n skakering donkerder materiaal. Laasgenoemde is ’n slim keuse, want dit bring dadelik sagtheid in. Die bad pas by die klassieke swart en wit vloer.

bad1

FOTO Ryno

 

2. As jy van ’n meer aardse voorkoms hou, is hierdie ideaal. Die mure is afgevlak (screed) of jy kan dit ’n okergeel verf (bv. Wholemeal Honey 4 van Dulux). Die rietplafon trek aandag en dra by tot die warm gevoel.

bad2

FOTO Ryno

 

3. Die smal rak wat agter die bad geïnstalleer is, verskaf lekker pakplek vir badgoed en mooigoed en dit versteek die loodgieterspype van die vrystaande bad.

bad3

FOTO Ryno

 

4. Sagte groen glas mosaïek teëls is gebruik om die badkamer van vloer tot plafon te teël. Die stort het ’n skuins vloer waaroor ’n latjies los vloer geplaas is sodat water vinnig kan weg dreineer. Groot vensters met hortjies (Plantation) voor reguleer lig en lug.

bad4

FOTO Ryno

 

5. Kies ’n handdoek van Mungo vir ’n luukse ervaring. Die mooi handdoeke, dekens, tafeldoeke, servette ens. word plaaslik vervaardig.

bad5

FOTO Verskaf

Lees nou

5 mooiste kantore vir jou huis

Steek die kerse aan

Versier uit die natuur