FOTO Dulux

FOTO Dulux

Dekorstories

Bly kalm met ligblou

Voel jy heeltyd gejaagd? As jy smiddae by die huis kom, soek jy ’n oase van kalmte ná ’n bedrywige dag. Sagte skakerings van ligblou en pastelle sal jou help om te ontspan.

1. Hier is Dulux se kleur van die jaar: Steel Symphony 2, ’n rustige grys met ’n blou ondertoon wat tuis is in elke vertrek. Dit is ook ’n mooi kleur om jou huis te verf.

CF17Steelsymphony2_livingroom277

FOTO Dulux

2. Jy hoef nie noodwendig elke muur ligblou te verf nie! ’n Paar kleiner tafeltjies in ligblou of ’n blou strook rondom elke venster verander die vertrek se voorkoms heeltemal.

ligblou1

FOTO Plascon

3. In vertrekke waar jy rus, werk skakerings van blou veral goed. Let op dat net die venstermuur van die badkamer ligblou geverf is en die onderste paneelwerk in ’n dieper skakering van blou, saam met dele in wit.

ligblou2

FOTO Plascon

 

4. Vir ’n babakamer is ligblou baie gewild. Kies kleure soos Dulux se Velvet Touch 5 (ligblou) en Dusted Moss vir ’n mooi kleurkombinasie.

unisex-baby-nursery

FOTO Dulux

 

5. Fluweel is mooi, en in ligblou nóg mooier. Vervang ou strooikussings met ’n paar nuwes in sagte skakerings soos dié kussingsloop (vanaf R79,99) van H&M.

ligblou5

FOTO H&M

Lees nou

Nooi lente binnetoe

Hier’s die boom van die jaar!

Lente-skoonmaak