FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Maak dit self

Borduur ’n bloes

Koop ’n eenvoudige wit bloes en versier dit met ’n paar basiese borduursteke vir ’n oulike Kersgeskenk. Vervang die knopies met perlemoenkope om die bloes nog luukser te laat lyk.

Maak so: Neem DMC se stringkatoen-borduurgare en verdeel dit in die helfte. Ryg die 3 drade deur ’n borduurnaald en werk ’n ry kettingsteke of rygsteke om die kraagrand. Borduur ook los kettingstekies wat lyk soos blomblaartjies bo en onder elke knoopsgat.

Verpak dit in ’n mooi boks uitgevoer met sneespapier.

Lees nou

Vir die gasheer

Kies koper en sy pelle

Hekel dit spesiaal vir Kersfees