FOTO Henk Hatting

FOTO Henk Hatting

Dekorstories

Brei ’n maklike blokke-kombers

Die kombers word in drie panele gebrei wat aanmekaar gewerk word. Dit maak dit maklik en hanteerbaar. 

Grootte

Sowat 110 x 150 cm

Benodigdhede

7 x 100 g-bolle Elle Pure Gold Chunky

100 mm-breipenne

Brei so

Heg aan 45 ste (steke).

1e ry: Brei 15 ste r (regs), 15 ste aw (aweregs) en 15 ste r. Brei 16 rye met ste in dié volgorde (3 blokke is voltooi).

17e ry: Brei nou teenoorgestelde van 1e ry, begin met 15 ste aw, 15 ste r en 15 ste aw.

Brei so verder met blokke wat mekaar afwissel tot 9 blokke voltooi is.

Heg af.

Brei nog 2 panele.

Afwerking

Werk panele lossies aanmekaar.

Werk los drade weg.

Lees nou

5 mooiste kantore vir jou huis

Steek die kerse aan

Versier uit die natuur