photo-1448321052373-c722eeb4c64e
Maak dit self

Brei ’n snoesige warmwatersak — in een aand

Maak jou bed vroegaand lekker warm met ’n warmwatersak. Brei dié slopie en maak joune nog snoesiger.

 

sr1107dekor (3)

FOTO Ryno

Jy kan ook die patroon gebruik vir n kleinerige kussingoortreksel.

Benodigdhede

2 x 50 g-bolle handgespinde suiwer Merino wol bestelbaar van Karoo Moon, όf enige chunky breidraad

7 mm-breipenne

Brei so

Heg aan 30 steke en brei weefpatroon as volg:

1e ry: Brei alternatiewelik  3 steke regs en 3 steke aweregs tot end van ry.

2e en 3e ry: Brei soos steke voorkom.

Vlg 3 rye: Brei omgekeerde van eerste 3 rye sodat blokkies vorm.

Hierdie 6 rye vorm die patroon. Brei n strook van sowat 75 cm lank. Vou dubbeld en werk synate toe. Hekel n lang ketting, neem n grootoognaald en ryg dit 10 cm vanaf bo-rand deur om die intrekkoord te maak.

Lees nou

Brei vir die manne

Koffiebeker-slopies

Kraagserp